Bloedneus vir beleërde OB in Grondwethof

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, voor die konstitusionele hofuitspraak. (Foto: Public Protector SA/Twitter)

Suid-Afrika se hoogste hof het in ʼn meerderheidsuitspraak ʼn vroeëre hooggeregshofbeslissing gehandhaaf dat die Openbare Beskermer (OB) persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir ʼn gedeelte van die regskoste in die hofstryd tussen haar en die Reserwebank.

Die hof het bevind adv. Busisiwe Mkhwebane het haar mandaat oortree, dat haar ondersoek foutief was en dat sy nie eerlik in die ondersoek was nie.

Die Konstitusionele Hof moes oor die saak beslis nadat Mkhwebane in April 2018 direkte toegang tot dié hof gevra het.

Die aansoek het gevolg op ʼn 2017-verslag deur die OB getiteld Alleged Failure to Recover Misappropriated Funds, waarin sy onder meer bevind het die regering het versuim om die sogenaamde CIEX-verslag, wat verband gehou het met beweerde gesteelde staatsgeld en die herwinning van R3,2 miljard by Bankorp Limited/Absa, in werking te stel.

Die Reserwebank, die minister van finansies, die nasionale tesourie en Absa het almal onderskeidelik gevra vir ʼn hersiening van die verslag. Hulle het Mkhwebane se bevinding betwis en die hof gevra om dit te hersien en sekere gedeeltes, wat met remediërende optrede handel, ter syde te stel.

Die hof het in hulle guns beslis en die remediërende optrede wat Mkhwebane aanbeveel het, ter syde gestel. Die hof het ook bevind Mkhwebane was bevooroordeeld en het nie haar grondwetlike plig heeltemal begryp om onpartydig te wees en sonder vrees of vooroordeel op te tree nie.

Die hof het voorts gelas dat 85% van die koste van die aansoek deur die OB se kantoor betaal moet word en dat Mkhwebane 15% daarvan uit haar éie sak moet opdok.

Mkhwebane het in die Konstitusionele Hof teen dié beslissing geappelleer.

Die Konstitusionele Hof het Maandag ter verduideliking van sy uitspraak gesê die regering moet hou by korrekte hofprosesse en dat persoonlike kostebevele nié gemaak word teen staatsamptenare wat hulself behoorlik handhaaf nie.

Mkhwebane het in reaksie gesê hoewel die meerderheidsuitspraak die een is wat saak maak, daar wél verskillende sienings onder die regters was. “Dit sê vir ons dat sommige van die geagte regters wél dinge vanuit ons perspektief gesien het. Ons sal die uitspraak bestudeer,” het die OB getwiet.

“Ons het die grootste respek vir die regbank as een van die pilare waarop ons konstitusionele demokrasie rus. Hierdie stap gaan ʼn presedent skep vir alle ander Openbare Beskermers. Dit is onduidelik hoe ons voortaan ons werk sonder vrees of vooroordeel gaan doen.”

Wat is die CIEX-verslag?

CIEX is ʼn Britse bateherwinningsagentskap wat die Suid-Afrikaanse regering in 1997 genader het met die voorstel dat hy sal help om staatsgeld en -bates, wat glo wanaangewend is, te ondersoek en terug te kry. Die bates het glo verdwyn kort voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994.

Die beweerde skuld spruit uit wat bekend staan as die reddingsboottransaksies wat in die middel 1980’s tussen die Reserwebank en verskeie klein banke, waaronder Bankorp, aangegaan is. Die banke was almal in finansiële moeilikheid.

Tussen 1985 en 1991 het die Reserwebank finansiële hulp ter waarde van R1,25 miljard aan Bankorp verleen. ʼn Gedeelte van die ooreenkoms het onder meer bepaal dat Bankorp R400 miljoen in die Reserwebank sou belê. Dit sou gebruik word om staatseffekte te koop om as sekuriteit vir die lenings te dien.

In April 1992 het Absa die destydse Bankorp vir R1,23 miljard gekoop. Die transaksie is destyds aangegaan op voorwaarde dat die bestaande ooreenkoms van finansiële hulp tussen die Reserwebank en Bankorp ook na Absa verleng word.

In Junie 2017 het Mkhwebane bevind die regering het versuim om die sogenaamde CIEX-verslag, wat verband gehou het met beweerde gesteelde staatsgeld en die herwinning van R3,2 miljard by Bankorp Limited/Absa, in werking te stel.

Sy het ook gesê die publiek is benadeel deur die optrede van die regering en die Reserwebank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ora ·

Dit wil voorkom dat sy óf nie haar posbeskrywing reg interpreer nie, óf dat sy nie die vaardigheid besit om die pos te beklee nie.

Koos ·

Sy begryp nou nog nie haar mandaad en onpartydigheid nie.
Die EFF of die Zuma faksie in die ANC sal seker vir haar die geld gee, aangesien sy hulle mandaad dryf in haar kantoor?

Neels ·

Mooi man en soos ek vroeer genoem het die die sntie is onbekwaam en sy gaan n vroe kersgeskenk kry. Ons is geleer doen jou huiswerk behoorlik dan sal jy nie met eier op jou gesig sit nie , maar nou ja wie nie wil hoor nie moet maar voel

Openbare Beslommernis ·

Nog een wat nie weet dat hulle nie weet nie. Wat ‘n gruwelike verleentheid in vergelyking met Thuli Madonsela.

Lou ·

Mag dit die begin van die einde wees van haar skrikbewind as OB.

SjN ·

Klas, styl, geleerdheid, uitvoering, besluit en ondervinding kan nie gekoop word nie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Soos ek baie jare terug in ‘n boek gelees het: “Money might buy you a title, but it can never buy the breeding that goes with it.”

lee ·

Wanneer gaan sy leer?
Bring vir Thuli terug asb – sy het darem “sense” gehad

LR ·

Wel dit gaan haar nou R900000.00 kos. As die sake van CR en P Gordhan afgehendel is gaan sy bankrot wees. Ou JC en die Guptas sal seker maar moet hoes. O amper vergeet ek vir Ace.

Ore ·

Hoekom net 15%? Sy mors belastigbetalersgeld en tyd,sy moet alles betaal.EFF sal sekerlik help .

marous ·

Stem saam . Sy moet ook persoonlik verantwoordelik gehou word vir die biljoene se skade .

Andreas ·

Hulle wil darem ook nie te hard teen hul eie mense optree nie, soos met Zuma en so.

Jacques ·

Kan ek net 15% van my belasting betaal ? Slim vang sy baas . NEEP – NEEP .

JohanL ·

Die foto was sekerlik VOOR die uitspraak. Het MM nie ‘n foto geneem van haar NA die uitspraak nie :)

Sekerlik is daar nou gronde dat sy ontslaan kan word?

ap ·

Mooi so die madam moet ook die trekpas kry nog een van zuma se arrogante aanhangsels

John ·

… en sy het glo in die geheim met oa Zuma vergader. En toe Zuma voor die Kommissie verskyn, toe verskyn sy ook voor die kameras met haar ‘ek-kan-onthou-storie’. Die toeval is darem toevallig. Miskien kan sy Hollywood volgende probeer…

elize ·

Sy moet alles betaal nie net 15% nie. As ek droogmaak by my werk word ek afbetaal, nie net 15% van my salaris teruggehou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.