Bloulig-polisie rand glo aan op N1

Skermgreep uit die video op Twitter.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is bewus van die ontstellende video op sosiale media waarin lede van sy BBP-beskermingsdienste-eenheid na bewering drie motoriste op die N1 in Johannesburg aanrand.

Brig. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeamptes in die video is reeds geïdentifiseer nadat ’n voorlopige ondersoek daarop gedui het dat die mans in die video wel polisielede is.

Die swart BMW X5’s wat in die video gesien kan word, behoort ook aan die SAPD.

Die polisie het intussen ook die slagoffers in die video opgespoor sodat hulle verklarings kan aflê. ’n Interne departementele ondersoek word ook gedoen.

Daar kan in die ontstellende video gesien word hoe verskeie lede van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid drie insittendes uit ’n Volkswagen Polo langs die snelweg sleep voordat dié mans herhaaldelik geskop word.

Die polisiebeamptes spring dan terug in hul BMW X5’s en jaag weg.

Twee van die persone staan kort daarna op, maar een bly bewusteloos lê.

Skermgreep uit die video op Twitter.

Dit is nie duidelik watter regeringsamptenaar tydens die voorval begelei is nie.

Mathe het Maandagaand gesê die polisie distansieer hom van die polisiebeamptes in die video se gedrag aangesien dit nie strook met die SAPD se waardes en gedragskode nie. Dié gedragskode sit die waardes en beginsels uiteen wat van alle polisielede verwag word, waaronder “integriteit, professionaliteit, aanspreeklikheid en respek vir menseregte”.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het ook die voorval skerp veroordeel.

“Lede van die SAPD is veronderstel om die fundamentele regte van elke persoon te handhaaf en te beskerm en die bevoegdhede wat aan hulle verleen is op ’n verantwoordelike en beheerste wyse uit te oefen. Sodanige optrede kan nie toegelaat word nie, ongeag die omstandighede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Owlie ·

Dit is totale disrespek teenoor jou as men’s, die beroep wat jy volg en jou land. Influence daar n regerings beampte begelei is en hierdie daad voort gegaan het soos per video sê dit nie veel van daardie beampte nie. Hierdie verskoning van BBP-beskermingsdienste beamptes hoort sumiere ontdlag sonder vergoeding te kry, n saak van aanranding en tronkstraf – daardie regeringsbeampte hoort saam met hulle skukdig te wees en so ook die wat hierdie tipe opleiding verskaf en goedkeur

Walter ·

Stem 100% saam, onmiddelike ontslag, saak van aanranding en tronkstraf

Hannes ·

“Lede van die SAPD is veronderstel om die fundamentele regte van elke persoon te handhaaf en te beskerm …” met klem op “veronderstel”, daar gaan ‘n kommisie van ondersoek aangestel word en daar gaan net mooi niks hiervan kom nie. Dit is net ‘n bewys van die magsbehepte staat.

Oros Soros ·

Wanneer gaan die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD/ IPID) die saak ondersoek? Die persone was aan diens gewees

Janice ·

Blah blah blah. Alles net woorde en niks gaan aan hierdie soveelste insident gedoen word nie.

Christo ·

Maak nie saak uit watter rigting jy kyk nie, die antwoord bly dieselfde. Hierdie land het sy alie gesien. Niks sal ooit weer reg kom in ons leeftyd nie

melaney ·

Christo ek is verbaas dat jou kommentaar gepubliseer is. Maar ek stem daarmee saam.

Kokerboom ·

Diel probleem met SAP is in baie gevalle die skuim in samelewing -wat hul aanstel. In meeste gevalle werkloses sonder matriek en sonder enige integriteit
My siening al die jare tov SAP is: Hoe kan jy iemand aanstel wat niks in lewe besit, swak opleiding het en in baie gevalle geen menseverhoudings het, hom/haar voorsien van ‘n gevaarlike wapen(swak oplei in hantering) en dan die karakter toelaat om reg en geregtigheid in meeste gevalle sonder diskresie in samelewing te handhaaf! Onbegryplik!!!

etienne ·

Dit is skrikwekkend. Toe ek n kind was, is ons geleer om die polisie te respekteer, op hulle te vertrou vir beskerming. Vandag leer ons die kinders om so ver moontlik weg te bly van die polisie af. n Mag wat wet en orde moet herstel en beheer, het waggeval in n kolk van korrupsie en magsvergryp.

SwartBees ·

Ek was so +/- 3 weke terug deur n routine stop and search af getrek deur beamptes. My kids was so bang en getraumatiseerd vir die beamptes juis oor drêk soos in die berig.

Koos 100 ·

Die polisie kan nie distansieër van die gedrag nie. Die lede is aan diens, en gebruik SAPS hulpbronne.

Henk ·

Ek ry elke dag die N1 werk toe en terug. Ek vlieg vir ń groot lugredery uit OR Tambo uit.

Gister is hierdie mense erg aangerand deur hierdie booswigte, terselfde tyd het Cyril, die president van SA ń beroep op die ANCYL gedoen om terug te keer na die gebruik van geweld as politieke middel. Hierdie twee gebeure saam met SA polisie lede wat ons in die nag tuister en geld met die gebruik van geweld uit ons vorseer kom ek tot die volgende besluit:

Ek verklaar Force Majeure, ek kan nie my opleidings skuld aan my maatskapy terug betaal nie. Aangesien ek nie meer veilig tussen my huis en my werk kan reis nie, kan ek nie geld verdien nie en dus kan ek nie my skuld betaal nie.

henndrik ·

Ek sou verkies dat sulke amptenare nie met publieke geld (lees belasting geld) betaal word nie

Jr ·

As daar n govt official in die kar was, is hulle net so skuldig. Ek sou dit probeer verhoed het. Hulle is deel van die POWER TRIP

SwartBees ·

Op ‘n skaal van 1-10 lê SA 8 en 1/2 as n diktatoskap land. Die gedrag word bestempel as n diktatorskap en die diktator het seker in die X5 bly sit en bevel aan die beamptes gegee om aan te rand.

Danie ·

Is die optrede en gedrag vreemd van die SAPD asook die hooggeplaasde.Al die gedrags kodes net n bluff.

Nici ·

Regtig? Die gedrag strook nie met die SAPD gedragskode nie!? Weet die polisieslede dit?

Danie ·

Hulle word geensins aangespreek of stappe geneem teen sulke gedrag.Bevelvoerders draai net weg en gaan aan met niks doen.

Francois ·

Fire hulle sumier. Tronkstraf met miljoene rande daarby moet ook gedoen word. Dis al wat in hierdie hool van n land gaan werk

George ·

Gaan daar ooit iets van kom of gaan dit ook maar net onder die mat ingevee word !!!…skandelik SAPD ????????????

Suzette ·

Dit is alles die anc se skuld. Hulle is disrespekvol, magsbehep, eiegeregtig, korrup, onprofessioneel, onverantwoordelik, onbevoeg en die lys kan aangaan…….

Petrus ·

Sal ons minister Cele daarvoor pa staan; die geteikendes om verkoning vra met verslaggewers teenwoordig?

Roek ·

Wat se mens vir jou kinders , hoe moet jy die soort van mens vertrou indien jy hulp nodig het , wat ‘n absolute skande en vergryping !!

Kattebol ·

Die wetters behoort summier ontslaan te word sodat die SAPD- en TMPD-lede wéét hulle word behoorlik gestraf. Geeneen van hulle moet ook ooit weer in enige sekuriteitsposisie aangestel te word nie. Dis die enigste manier om die verrotting uit te roei. Tronk toe Sal hulle nie gaan nie en verskuiwing na ander afdelings versprei net die verrotting.

Marthinus Johannes ·

Sluit Sommer die amtenaar (maak nie saak wie hy is nie toe saam met die Polisie ouens wat do lusting skop en trap.

Moedeloos ·

Kom ons kyk of hulle ook n VOORBEELD van hierdie amptenare gaan maak

Kokerboom ·

Die bose praktyk MOET gestop word. Wie gee die ministers en LUR’e die reg om so verhewe te wees bo publiek wat hul betaal?Hul kan en moet beweeg soos gewone burgery.
KOM laat SA saamstaan en die praktyk NOU stop ASB!!!!Ons is kwaad verby(kan aan sterker woord dink)

Kobus ·

Nou goed. Die lede is reeds geidentifiseer. Die registrasie nommer is duidelik en behoort aan die SAPD MAAR! Hulle weet nie wie die regeringsaptenaar is wat in die voertuig was nie? Skielik voel ek asof die SAPD my laat dom voel. Hoe vervoer jy die kamtige “hooggeplaasde” sonder identiteit of is dit hoe dit werk? Ek mis vir Cele op die toneel. Daar was seker nie TV spanne beskikbaar nie.

TheSnake ·

Hierdie ouens moet tronk toe gaan vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Eise behoort teen die minister van polisie ingestel te word.
Ek het hulle al op die N1 Suid gekry, Jy moet uit die pad uit, of dit veilig is of nie. Hulle ry soos besetenis!

Tania ·

Ek hoop hulle gaan sommer almal tronk toe, ek hoop die video word so geshare dat dit die ANC se stemme sommer BAIE laat daal, dit is die mense vir wie hulle stem

Roek ·

Gaan sluit hulle toe daar by die bendes waar hulle geleer kan word hoe om ordetelik respek te kry vir ander !

Nommer 7 ·

Die ANC is ‘n misdaad kartel. Hulle is dus almal misdadigers en bendelede. Die wat hulle beskerm, is daarom dieselfde!

Delia ·

Dankie aan die persoon wat die video geneem het en beskikbaar gestel het. Unveil these deeds.

My siening ·

Maak die VIP bekend dis die reg van burgers SA OM HOM te shame en hy moet aangekla word want hoe kan ons ooit weer enige SAPS vertrou! Hoekom word die skurke beskerm?

Amelia ·

Kairos se net wat kan gedoen word stem saam jou ons betaal belasting om sulke net te wil toelaat vir wat moet ministers bbp beskerming he is mos our people wat meerderheid is en vir hul stem nou moet hul beskerm word teen hul our people

Jacques Dawie ·

Daai was nie net aanranding nie, as jy op iemand se kop trap is dit poging tot moord en dit met automatiese wapens in hande. Ek lees niks dat hul reeds geskors is of arresteer is nie, maar net ge-idetifiseer. SWAK and erg pateties. Wat vir ons geld, geld nie vir hulle nie……..

Willem ·

Dit is omdat hulle dink hulle is bo die reg. Ek nou die een gekry wat met sy bloulig aanry en vir my ligte gooi maar hy is alleen in die kar

melaney ·

En Ramaphosa het dit onomwonde gestel, die anc gaan beslis 2024 die verkiesing wen. Hou maar die pers dop. He has an “ace” up his sleeve.

Impact ·

Die probleem is die innames wat plaasgevind het in 2010. Daai mense het 6mnd opleiding gehad, het nie bestuurderslisensies nie, kon nie vuurwapen opleiding slaag nie en en en…………nou is hulle al sover op in die SAPD. Die outjies wat die swaar opleiding gekry het in die ou bedeling besit die mag en krag, maar hulle word geminag en swak behandel binne die SAPD, soveel so dat hulle net hulle pie vat en waai. Die meeste van die 2010 innames het ook meestal misdaad rekords, so wat verwag ons nou eintlik van die nuwe SAPD lede????

Jy moet die boewe aan die kaak stel maar dan loop jy die kans om uitgehaal te word…………..so meeste bly eerder stil en dit gee hulle nog meer mag omdat hulle daarmee wegkom.

SA is gedoem!!!!

Catherina ·

Dit is wat mens ” bullies” noem. These folk assume they are powerful because of their position. How absolutely pathetic….. would love to put my thoughts to paper but enough said!!!!!!!!

Amelia ·

En as iets verkeerd geloop het en iemand is geskiet wie sou skuld kry dink almal ken ant wou groot bohaai gewees het as anders om was maak my bloed kook

Delia ·

The untouchables. Hulle ry op snelweë soos wat ambulanse nie eers ry nie.

Delia ·

Laat hulle ry in ou Vollas. Daai swart vinnige BMW’s dra net by tot die arrogansie.

Miena ·

Niemand nie – daar was geensins n VIP bemapte in 1 van die karre nie. Hulle is almal deel van die Adj President Paul Mashatile se gevolg

Miena ·

Hierdie Kommentaar / vraag verdien die prys van die maand. Kudos aan jou Linda!!!

sarah ·

Hoe op aarde gaan n mens so aan?
Die kriminele het meer regte as die onskuldige mense,soos motoriste!
Waar is Ons rerig veilig in hierdie land?
Ek is so Jammer oor dit wat gebeur het!
Groot verskoning!

marius ·

Vinnig om te distansieer ! Hoop hulle dagvaar die rook uit hulle in persoon saam met die minister van polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.