Boer sterf maand ná ongeluk

Izak en sy vrou, Sonja. (Foto: Verskaf)

Die boer en plaasbestuurder van Noordwes wat verlam was nadat hy in ʼn motorongeluk betrokke was, is na ‘n maand in die hospitaal oorlede.

Izak Potgieter (52) is Dinsdagmiddag dood nadat hy verlede maand in ʼn motorongeluk betrokke was wat vermoedelik verband hou met ’n hartaanval.

“Rus sag my liefste man. Ons sal jou nooit vergeet nie. Jy was ‘n man, pa, oupa duisend,” het Sonja Potgieter, Izak se vrou van die afgelope 30 jaar, gesê.

Potgieter, wat tussen Hartbeesfontein en Ottosdal woon, het op 6 Augustus ’n hartaanval in sy bakkie op pad huis toe gekry. Hy het boere in die omgewing gehelp om ’n veldbrand te bestry.

Sonja het vroeër aan Maroela Media gesê haar man het sy bakkie ongeveer twee kilometer van hul huis af gerol. Hy het op sy nek geval en van sy nekwerwels in die proses gebreek. “Ons is nog nie seker of hy voor of tydens die ongeluk ’n hartaanval gekry het nie.” Rookinaseming kon moontlik die hartaanval veroorsaak het omdat hy so naby aan die vlamme was.

Potgieter het vroeër ‘n operasie ondergaan nadat hy uit ʼn geïnduseerde koma wakker gemaak is sodat hy self kon begin asemhaal. Hy was steeds op ‘n ventilator.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Dit breek mens se hart. So jammer om dit te hoor Sonja. Baie seën word jul toegewens vir die tyd vorentoe. Sterkte.

Kokerboom ·

Baie simpatie!! Die aaklige pad tussen Hartbeesfontein en Ottosdal kon ook bygedra het. Daar is GEEN teerpad oor!!!!’n Nagmerrie!!!

Elmarie ·

Ek is jammer om die slegte nuus te hoor. Sterkte aan sy familie

Skappie ·

Jammer om te hoor van Izak. Sterkte aan Sonja en die res van die gesin, Mag onse liewe Heer julle styf in sy arms vashou in hierdie moeilike tyd.

Samuel ·

Baie hartseer nuus. Ek hoop hy rus in vrede en wens sy vrou sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.