Boer Tyson, Alri ʼn pienkvoet ryker

Tyson en Alri se babadogtertjie heet Nina Grace Zunckel. (Foto: Instagram/Tyson Zunckel)

Tyson en Alri Zunckel van Boer soek ʼn vrou-faam het Donderdag ouers van hulle eersteling geword.

Die babadogtertjie heet Nina Grace Zunckel, en haar trotse pa het reeds ʼn paar skattige foto’s van haar op sosiale media gedeel.

“Jy is oneindig geliefd,” het Tyson by die foto’s geskryf.

Die Zunckels het in April vanjaar hulle bondeltjie se opwagting in ʼn video op sosiale media aangekondig, waarin Tyson ʼn string sonarfoto’s vashou, terwyl hy masjinerie in ʼn landery op die plaas bestuur.

Tyson (35) van Bergville in KwaZulu-Natal was tydens die 14de seisoen van Boer soek ʼn vrou die gewildste boer wat die meeste briewe ontvang het. Alri het sy oog gevang en die twee het byna dadelik die skoot hoog deur gehad.

Hy het in Mei verlede jaar tydens Alri se verjaardagnaweek ʼn verloofring aan haar vinger gesteek en hulle is in September getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Baie, baie geluk julle twee pragtige mense. Mag die klein poppie lyfie vir jul net liefde en vreugde in die lewe besorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.