‘BSV’ se Tyson, Alri deel babanuus

Tyson Zunckel in ‘n skermgreep uit die video.

Tyson en Alri Zunckel, wat as deelnemers aan die maatsoekreeks, Boer soek ʼn vrou, ontmoet het, het pas die nuus gedeel dat hulle gesin binnekort gaan uitbrei.

Die Zunckels het ʼn video op sosiale media gedeel waarin Tyson ʼn string sonarfoto’s vashou, terwyl hy masjinerie in ʼn landery op die plaas bestuur.

“Seisoene kom en seisoene gaan, definitief opgewonde vir die nuwe seisoen,” het Alri by die video geskryf. Sy het ook nog ʼn foto gedeel waarin sy verklap dat baba Zunckel in Oktober vanjaar sy of haar opwagting sal maak.

Tyson (34) van Bergville in KwaZulu-Natal was tydens die 14de seisoen van Boer soek ʼn vrou die gewildste boer wat die meeste briewe ontvang het. Alri het sy oog gevang en die twee het byna dadelik die skoot hoog deur gehad.

Hy het in Mei verlede jaar tydens Alri se verjaardagnaweek ʼn verloofring aan haar vinger gesteek en hulle is in September getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skappie ·

Baie geluk aan die nuwe mamma en pappa. Geniet die swangerskap. Dit is ‘n groot geskenk van bo om swanger te wees, en daardie klein bondeltjie in jou te voel groei.

Trotse Boervrou ·

Daardie lyfie gaan net so oulik soos die pappa en mamma wees! Baie geluk julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.