Boetebessie swaar gestraf oor R100 omkoopgeld

Argieffoto

ʼn 41-jarige beampte van die Johannesburgse metropolisie is swaar gestraf nadat sy R100 omkoopgeld aanvaar het.

Die beampte, Nkgoape Lydia Matsapola, is Donderdag in die Roodepoort-landdroshof tot drie jaar tronkstraf gevonnis of beveel om ʼn boete van R5 000 te betaal nadat sy skuldig bevind is aan bedrog. Sy is ook ʼn vyf jaar opgeskorte vonnis opgelê op voorwaarde dat sy in dié tydperk nie skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding nie. Sy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Donderdag in ʼn verklaring gesê Matsapola is op 27 Maart verlede jaar tydens ʼn lokval deur die nasionale verkeersdepartement se teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

“Sy het ʼn agent wat hom as  motoris voorgedoen het voorgekeer nadat dié ʼn voertuig sonder ʼn geldige voertuiglisensie bestuur het. Sy het ʼn R100 boete van die agent aanvaar en hom toegelaat om verder te ry sonder om hom te beboet,” lui die verklaring.

Matsapola is aangekla en vervolg ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite.

Die RTMC gaan nou aansoek doen om die vrou as ʼn ongemagtigde beampte te verklaar “om te verhoed dat sy nooit weer in wetstoepassingsowerhede werk nie”.

“Die vonnis moet ʼn boodskap aan ander verkeersbeamptes stuur dat omkopery en korrupsie baie negatiewe gevolge het.”

Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het Vrydag die skuldigbevinding en vonnis verwelkom.

“Die JMPD sal nie enige vorm van omkopery of korrupsie duld nie. Inwoners word aangemoedig om sulke voorvalle by ons teenkorrupsie-eenheid aan te meld,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê.

Luyanda Longwe, woordvoerder van Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het namens die departement óók die straf verwelkom en gesê omkopery en korrupsie sal nie geduld word nie.

Die publiek word aangemoedig om bedrog en korrupsie van verkeersbeamptes by die nasionale verkeersdepartement se teenkorrupsie-eenheid by 0861 400 800 of [email protected] aan te meld. Die JMPD se teenkorrupsie-eenheid kan by 0800 203 712 geskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

MM ·

Mooi man – so raak ons ontslae van korrupte amptenare – Dankie vir die swaar straf.

Feirrera ·

Daar is so baie van hulle wat korrupt is. En ons begin dink en maak soos hulle!

Mielie ·

As sy as ongemagtigde beampte verklaar word sal sy nie meer in die wettoepassings gebiede kan werk nie. Sy behoort glad nie in die staats departemente te werk nie. Sy gaan sekerklik n kriminele rekord hê? Sy kan vir die Guptas gaan werk saam met KPMG se topbestuur…..

Ghia ·

En net miskien is dit R100.00 wat sy so nodig het om kinders kos te gee. Ek praat omkoop geld nie goed nie. Laat ons net ‘n wag voor ons mond sit.

Schalk ·

Ghia, se eers gou vir my. Verdien die mense n salaris? Indien glad nie, maak haar optrede sin. Ek trek ook swaar, maar skelm wees is nie n opsie nie.

Lientjie ·

Dit was die 1 x R100.00 wat sy uitgevang is. Hoeveel 100.00 rande het sy al by mekaar gemaak die dag voor sy gevang was……….. die vorige , die dag voor dit het jy al daaraan gedink. Sy verdien ‘n salaris, maar ‘n magneet kry skaam, want hulle vingers se aantrekkings krag vir geld is sterker!

Carel ·

Sy het die boete al 100 keer opgemaak met vorige “bribes”

Antionette Boshoff ·

Ghia al het sy R1000 nodig gehad dit regverdig nie haar optrede. Sy is daar om wet en orde toe te pas. As sy die geld nodig gehad het vir haar kinders dan gaan sy bank toe en gaan keen geld. So nie moet sy leer om met haar geld uit te kom. Ek het ook geld nodig maar ek koop nie mense om nie.

Sarel ·

Die skuldigbevinding en straf is gaaf. As die beginsel deurgaans toegepas word, moet n paar politici ernstig begin spaar…

Boet Fasie ·

Die beampte dink nie juis veel van haar beroep as wetstoepassings beampte , as sy R 100.00 omkoop geld aanvaar nie. Mens kan nie eers jou brood en botter vir ‘n miljoen rand verkwansel nie, gaan nou paar maande UIF trek en daarna moet die belastingbetaler vir haar sorg.

Bielie ·

Wayne Minnaar sê hulle sal nie omkopery duld nie. Heidelberg weg buite die varsprodukte mark word groot somme geld daagliks verwissel deur JMPD en smouse.

Wessel ·

Dit is lyk my n kultuur om te bribe.Dit gaan nie gou uitgewis word nie.

anton ·

Hierdie is maar net die oortjies van die seekoei!!!
Daagliks word duisende rande aan omkoopgeld gemaak deur wetstoepassers.
Dit het n instelling geword en glo nie dit gaan ooit gestop word nie!!!

Veritas ·

Ek is seker dat die RTMC verkeerd aangehaal is. ‘om te verhoed dat sy nooit weer in wetstoepassingsowerhede werk nie’. Dit moet seker lui: ‘om te VERSEKER dat sy nooit weer in wetstoepassingsowerhede werk nie’.

Gesiggie ·

Ag sjaim tog… vir n R100.00 moet sy nou vir of 3 jaar tronk straf kry… of R5000.00 boette betaal? moet nie warry sy sal die R5000.00 kry net nog n bripe”” ons land is so deurmekaar, Ja stem saam jou Lientjie… hoeveel R100.00 het sy al gevat? Dit gaan maar beroerd in die Polisie diens… as hul nie slaap by die werk, dan doen hul mekaar se hare in werkstyd.. en jy moet maar net sorg dat jy baie vriendlik optree… anders word jy soos n slegmens behandel. Dit is tyd dat iemand ingruip” belaglik om van al die dinge te hoor”’

Marisca ·

Drie jaar tronkstraf of R5000 boete???? Dis belaglik en wie sal so stupid wees om dan tronk toe te gaan? Ek dink sy lag oor daai R5000 “boete” wat sy moes betaal en sy het dit al 10 keer dubbel en dwars gekry. Van die kamma wetstoepassers maak dit in `n dag. Lagwekkend!!

SjN ·

Hoekom n keuse gee, tronk toe met die skelm, boete word gemaklik betaal met omkoopgeld reeds ontvang, verseker nie die eerste keer nie.

At ·

Teenkorrupsie-eenheid moet uitgebrei word met meer agente wat lokvalle stel, en verkeers korrupsie behoort af te neem. Solank die teenkorrupsie-eenheid se agente nie dan korrup raak en omkoopgeld van verkeersbeamptes vat nie.

Marius Harding ·

Ek hoop nie die publiek beskou een skuldigbevinding as n deurbraak nie… daar word daagliks ruim meer as 1000 sulke korupte aksies uitgevoer.. as mens dit maal met die tydsvak wat die anti korupsie eenhede bestaan dan beteken dit dat hulle 0,00001% van die probleem opgelos het… Ek beskou die metro amptenare as gewapende rowers. Die saak waar n vrou met n vuurwapen gerig was by zandfontein te pretoria het stilletjies verdwyn… nie eens Maroela Media het die spoor gehou nie…. die betrokke beamptes het absoluut niks oorgekom nie.. dit sal dalk n goeie idee wees as daar n junior onder Gerrie Nel is wat spesialiseer in metro polisie korupsie en hulle aan die kaak stel…

As die beamptes afriforum plakker op n voertuig sien moet hy so bang wees dat hy dit onmidelik laat ry..
Dit sal vir die gewone man n waarde in lidmaatskap by Afriforum gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.