Boewe besteel City Power vinniger as wat hy kan vervang

City Power sê sy mini-substasies word weggedra of beskadig vinniger as wat hy dit kan vervang. (Foto: City Power)

Johannesburg se transformators blaas op of word gesteel en City Power sukkel al hoe meer om voor te bly met die vraag na krag terwyl die hoër fases van beurtkrag voortduur.

“Ons verloor elke dag gemiddeld twee mini-substasies weens diefstal en vandalisme oor ons diensleweringsentrums heen. Roodepoort word die swaarste getref,” sê Isaac Mahamba, woordvoerder van City Power.

“Die uitwerking van beurtkrag op ons infrastruktuur is hoog.”

Nadat hoër fases van beurtkrag ingestel is – tans geld fase 4- en fase 5-beurtkrag op verskillende tye – het City Power meer mini-substasies verloor as wat hy kan vervang. Teen Woensdag het City Power minstens 14 van dié substasies benodig om onderbrekings in verskeie gebiede te herstel.

Van die mini-substasies wat die afgelope ruk beskadig is, was agt in Roodepoort, vier in die Reuven-diensleweringsentrum, een in Randburg en een in Midrand.

Oor die afgelope jaar het 205 dae van beurtkrag gegeld en City Power moes in dié tyd meer as 390 van die mini-substasies teen ʼn koste van R200 miljoen vervang.

“Dit is die rede waarom ons nie meer daarvan in voorraad het nie,” sê Mangena.

ʼn Bestelling vir nuwe toerusting is reeds geplaas en City Power verwag die nuwe besending binne die volgende week. Daar is egter ʼn wagtydperk vir die lewering van die stasies en tydens die Kerstyd het die meeste fabrieke boonop hul deure gesluit.

“Die uitwerking van die hoë vraag na mini-substasies het ook ʼn duik in ons begroting gemaak. Ons het reeds 80% van ons begroting vir die ganse boekjaar bestee.”

Die mini-substasies word gesteel wanneer beurtkrag in bepaalde gebiede ingestel moet word.

Die gebiede in Roodepoort wat veral geteister word, sluit in Lufhereng, die Roodepoort-sakekern, JG Strydom, Witpoortjie, Wilgeheuwel en Weltevreden.

Mangena sê herstelwerk in hierdie gebiede staan stil tot die voorraad mini-substasies aangevul kan word.

“Ons doen ʼn beroep op kalmte en geduld van ons klante terwyl ons hard werk om die tekort te pak.

“Ons pleit ook by inwoners om waaksaam te wees en te help om hul kraginfrastruktuur te beskerm deur enige verdagte bedrywighede naby elektriese installasies aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

AndrewL ·

Die vraag is eerder “waar is die gemeenskap?”.

Daar is seker meer as ‘n honderd keer soveel mini-substasies as polisiemanne en wagte. Die feit is dat meeste van die toerusting staan oop en bloot waar karre verby ry. Dit staan voor mense se huise.

Niemand sien niks en nog minder dink hul daaraan om dit te rapporteer.

Maar kla, dit kan onse mense briljant doen.

Nie Verbaas ·

Ek glo nie die gemors kom wanneer mense dit kan opmerk nie. Enige persoon, veral die wat geaffekteer word sal definitief iets daaraan doen. Die sleg gemors kom in die middel van die nag wanneer dit beurtkrag is.

Wildemien ·

Haal die weermagsoldate uit hulle bakkerye uit en laat hulle in skofte wag staan by elke substasie. Sommer ook ‘n goeie oefening in weerbaarheid.

Carl ·

Hulle kan nie – die weermag moet mos saam met die Russe en Tjaainas oefen.

Susanna ·

Ek stem, wat doen hulle heel dag, hulle is genoeg om te patroleer. Maar of dit gaan help, weet gn mens nie, want vir ‘n bribe kyk almal mos ander pad.

gpsa ·

Ons nommer 1 probleem: Geen wet en orde nie. 2 de probleem geen nagevolge.

annie ·

Mantashe bou dalk ‘n Eskom 2 iewers in die geheim en benodig items. Dalk hou hy dit geheim om ons mee te verras volgende Kersfees. Die ou vabont!

Renier ·

City power werk ook net na ure sodat hulle kan oortyd verdien.

Gerrie ·

Sluit al die skrootwerwe en 90% van die probleem sal opgelos wees.

Magrietha ·

Om elke hoek en draai in SA vind een of ander korrupsie plaas, so hier is dalk n gr slang in die gras, City Power kan n bietjie speurwerk doen deur te kyk na die maatskappye wat die onderdele, en minisubstasie vervaardig en lewer, wàt is die kans dat hulle betrokke is by hierdie sabotering om sodoende volhoubare inkomste te genereer….kry n goeie slangvanger !!!!!

Atta ·

Kabeldiefstal – Die enigste “besigheid” wat floreer tydens beurtkrag.

Shakespeare ·

Die king pins sit in die Parlement. Voordat hulle nie toegesluit word nie gaan dit net slegter gaan.

Aggie ·

Maklike oplossings:
*Plaas ‘n soldate by elke substasie.
*Elke tipe skrootwerf moet registreer. Plaas daar ook 2 soldate
*Ontvoer Mantashe en hou hom iewers aan tot na die verkiesing
*Maak die prez wakker.

whatever ·

Open for the taking. Dalk goeie idee om dit te omhein met lemmetjiesdraad of so iets. Daar is mos seker ‘n paar slim manne. Op hierdie stadium word hierdie substasies op ‘n skinkbord aangebied sonder enige heining .
Om net te vervang is totaal en al ‘n futiele oefening.

piket ·

Soos lesers alreeds kommentaar gelewer het, moniteer skrootwerwe daagliks op n spesiale sending.
Geen maar absoluut geen skroot wat maar net lyk of dit van die elektriese netwerk af kom moet deur die skroothandelaar verhandel word nie. Maar net enkele weke daarna sal die gestropery tot einde kom.

Nie Verbaas ·

Goeie oplossing, wanneer beurtkrag in werking is vir n gebied moet hulle net krag onaangekondig aansit. Jy hoef dan nie na misdadigers te gaan soek nie. Hulle sal nog daar wees.

LANA is ELANè ·

Hierdie is georganiseerde misdaad onder die oë vd ANC regering wat niks aan die soort misdaad doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.