Borgtog vir pa, seun ná klag van mensehandel

Nico en CJ Uys. (Foto: Verskaf)

’n Pa en seun van Dullstroom in Mpumalanga wat van mensehandel aangekla word, is ná meer as twee maande in aanhouding eindelik borgtog toegestaan.

Die landdroshof op Belfast het in Augustus aanvanklik borgtog aan Cornelis Johannes (Nico) Uys en sy seun Cornelis Johannes Albertus (CJ) geweier, waarna die pa en seun hulle na die hooggeregshof op Middelburg gewend het.

Dié hof het nou bevind dat die landdroshof sekere bevindings en opmerkings gemaak het “wat nadere ondersoek regverdig” en eindelik in sy uitspraak gedwaal en fouteer het. Die hooggeregshof het ook die staat se saak in twyfel getrek.

Landdroshof fouteer

Die landdroshof het verlede maand sterk gesteun op die ondersoekbeampte se getuienis dat die pa en seun moontlik die staat se getuies sal probeer beïnvloed of intimideer, bewysstukke sal vernietig en ’n vlugrikio sal inhou sou borgtog toegestaan word.

Daar is ook gesê dat die toestaan van borgtog moontlik die openbare orde sou versteur.

Regter Mpopelele Langa het egter bevind daar is geen feitelike grondslag hiervoor nie, “behalwe vir die blote bewerings wat die ondersoekbeampte gemaak het”.

“Daar is geen bewyse op rekord wat hierdie bewerings staaf of motiveer nie,” het Langa bevind.

Die landdroshof het verlede maand ook tot die gevolgtrekking gekom dat die pa en seun se versuim om tydens hul borgtogaansoek te getuig, daarop dui “dat hulle iets het om weg te steek”.

Wéér het Langa daarop gewys dat daar geen gronde vir hierdie gevolgtrekking is nie. “Dit is gemene saak dat die appellante in hierdie aangeleentheid gekies het om getuienis by wyse van beëdigde verklaring te lewer en dat hierdie prosedure deur die wet toegelaat word.”

Langa het voorts bevind dat die landdroshof nie genoeg op die feite gefokus het nie, maar eerder op die erns van die beweerde misdrywe en moontlike vonnisse wat die beskuldigdes in die gesig staar.

“Met inagneming van al hierdie faktore waarop hy [die landdroshof] gesteun het om die appellante se borgtogaansoek van die hand te wys, is ek van mening dat die staat se saak aan twyfel onderhewig is.”

Nico en CJ is gevolglik elkeen borgtog van R20 000 toegestaan.

Maroela Media het vroeër berig die pa en seun staan saam met twee Mosambiekse broers, Carlos Bernardo Guambe (34) en Gabriel Bernardo Guambe (32), tereg op aanklag van mensehandel nadat 39 mense, onder wie sewe vroue en nege kinders, tydens ʼn gesamentlike operasie op die Uyse se plaas in die omgewing van Dullstroom gevind is.

Die Uys-mans ontken skuld en sê hulle het bloot toegelaat dat die Guambe-broers – wat as kontrakteurs gewerk het – se werkers op die plaas bly terwyl hulle bome op die plaas sou kap. Diegene na aan die Uyse sê dit blyk dat die werkers ontevrede was met die betaling wat hulle van die Mosambiekse broers ontvang het en dat die skuld nou op die pa en seun gepak word.

Lees meer oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

domheks ·

Eis die rook uit hulle! Twee maande in die tronk? En wat se siektes is daar binne opgedoen?

Kruidjie-roer-my-nie ·

Hul is onskuldig. Hierdie gaan alweer oor rassisme. Al waaraan hul skuldig is, is dat hul wit is.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Ek stem, Hul behoort te eis. Dit gaan meer oor die verliese gelei op hul plaasxen hul boerdery omdat hul nie met boerdery bedrywighede kon voortgaan nie. Ñ Boerdery kan nie stilstaan nie.

Frank ·

Die huidge klomp landroste weet dikwels minder van die wet as jan alleman of ignoreer talle wetlike aspekte ten gunste van ras gebasseerde vooroordele

Danie ·

Die teenstaan van borg was net n verdere straf teen die twee.Staan sterk en veg die staat met als wat julle het en eis die dinges uit hulle asook die wat persoonlik borg teengestaan het.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Ek stem, Hul behoort te eis. Dit gaan meer oor die verliese gelei op hul plaasxen hul boerdery omdat hul nie met boerdery bedrywighede kon voortgaan nie. Ñ Boerdery kan nie stilstaan nie.

George ·

Hier kom nog meer aan die storie, en as julle skuldig is, hoop ek julle sien nooit weer son nie.

George ·

Snaaks as die rolle omgeruil was, dat julle nie dan opstaan vir die defendants nie.

Gaitsigubib ·

Jy se “As hulle skuldig is” So jy meen eintlik dat jy besef hulle is moontlik onskuldig, maar net vir ingeval hoop jy hulle sien nie weer die son nie. Dit het jy van dag een af duidelik gemaak. Plaas hoop jy dat hulle n regverdige verhoor kry maar jy sukkel om jou bevooroordeling weg te steek. Jy is amper net so erg soos die landros…… dalk tyd vir selfondersoek my maat.

Johan ·

Feit bly net……..moet nooit “buitelanders” in diens neem nie!!! Ons sorg vir ons eie probleme deur buitelanders in diens te neem, gee nie om wat is jou verskoning of rede nie, bly weg van buitelanders!! Ons moes teen die terroriste in Zimbabwe en Mosambiek veg en nou hulle kinders in diens neem omdat hulle meer onderrig is, onderrig in misdaad, moord en roof!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.