Brackenfell-matriekfunksie: Geen bewyse van rassisme gevind

Die Hoërskool Brackenfell. (Foto: Facebook)

Daar is geen bewyse dat die leerders aan die Hoërskool Brackenfell wat nie ʼn private funksie van matriekleerders bygewoon het, doelbewus uitgesluit is op grond van hul ras nie.

Só het die Wes-Kaapse onderwysdepartement bevind in sy verslag oor dié funksie nadat dit verlede maand ’n rasseherrie ontketen het.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, sê die verslag dui daarop dat alle matriekleerders aan die skool asook verskeie leerders van ander skole uitnodigings na die funksie ontvang het.

Luidens die verslag het die Hoërskool Brackenfell op 11 September ’n brief aan ouers gestuur om hulle in kennis te stel dat die matriekafskeid gekanselleer is op versoek van die departement. Een van die ouers het egter besluit om ’n private funksie vir haar dogter te reël. Die funksie is op 17 Oktober op ’n wynplaas teen R500 per persoon gehou.

“Ek het die uitnodiging gesien en daar word glad nie na die skool verwys nie,” sê die LUR.

Die uitnodiging het wel gemeld dat die funksie tot 100 mense beperk word. Die aantal mense kon van 50 tot 100 verhoog word as gevolg van die verslapping van die Covid-regulasies.

“Die uitnodiging is wyd via WhatsApp-groepe versprei. Die betrokke ouer het klasverteenwoordigers gevra om dit op hul klasse se WhatsApp-groepe te versprei en die skoolhoof het bevestig dat dit wel gedoen is. Die uitnodiging is ook op die ouerorganiseerders se Facebookblad geplaas. Die funksie was dus ook oop vir mense buite Brackenfell Hoërskool.”

Die funksie het verlede maand ‘n rasseherrie ontketen waarna mense slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad geraak het. (Foto: ANA)

Altesaam 42 leerders van die Hoërskool Brackenfell en 30 van ander skole het aangedui dat hulle die funksie sou bywoon en ’n aparte WhatsApp-groep is vir diegene geskep. “Dit verklaar die bewerings deur sommige dat hulle uitgesluit was van ’n WhatsApp-groep,” sê Schäfer nou.

Daar is ook vroeër beweer dat die hoofmeisie geweier het om die funksie by te woon aangesien geen leerders van kleur die funksie sou bywoon nie. Luidens die verslag is die hoofmeisie sowel as die hoofseun na die funksie genooi. Hulle het dit egter nie bygewoon nie aangesien hulle op daardie dag ander planne gehad het en hul eie matriekafskeidsfunksies gereël het.

Vier onderwysers is in hul persoonlike hoedanigheid genooi omdat hulle noue persoonlike bande met die ouer het wat die funksie gereël het. Die skool was bewus van die funksie, maar het dit as ’n private geleentheid beskou. Dit was dus nie nodig om die skoolhoof of die beheerliggaam se goedkeuring te kry nie.

“Dit is dus duidelik dat dit ’n private geleentheid was wat deur ouers van leerders gereël is wat teleurgesteld was dat die formele matriekafskeid van die skool gekanselleer is. Die feit dat mense van ander skole dit bygewoon het, toon dat dit nie ’n skoolfunksie was nie.

EFF-lede het ook na die Hoërskool Brackenfell opgeruk. (Foto: EFF/Twitter)

“Die bewyse is dus dat uitnodigings na alle matriekklasse versprei is. Daar is geen bewyse dat mense uitgesluit is op grond van hul ras nie. Daar is ook geen gronde om op te tree teen onderwysers wat die private geleentheid bygewoon het nie.”

Schäfer sê die funksie het wel die soeklig op rassespanning by die Hoërskool Brackenfell geplaas. Die skool het stappe begin doen om aandag aan die probleem te gee. Daar is reeds in Julie vanjaar ’n diversiteitskomitee op die been gebring ná bewerings van rassistiese gedrag. Die komitee se aktiwiteite het effens tot stilstand gekom wees die Covid-19-pandemie, maar sal weer so gou as moontlik voortgesit word.

Die beheerliggaam sal ook nou oorweeg of ’n beleid aanvaar moet word om aandag te gee aan sommige van die kwessies wat uit die rasseherrie ontstaan ​​het. Strukture sal geskep word om meer terugvoer van ouers moontlik te maak. ’n Aantal aktiwiteite word ook beplan om leierskap onder leerders te verbeter en die betrekkinge tussen leerders van verskillende agtergronde te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Annelize ·

Ja, daar sal geen bewys van rassisme gevind word nie, want daar was geen rassisme by betrokke nie. Dis nou weer net die balhorige lot van die EFF wat rassisme tot in my hond se waterbak sal kom soek.

Nou sal die EFF sweer sekerlik weer alles wat voorkom verwoes en verbrand omrede geen rassisme gevind is nie.

Oomniklaassevriend ·

Daar was nie rassisme nie maar die EFF is so naarstiglik op soek na publisiteit dat hulle na enige strooihalm sal gryp.

Stefan ·

Die waarheid het die eff nog nooit geinterressseerd of beinvloed nie, foeter aan regardless.

Persheks Adri ·

Toe gaan die EFF’ers verniet tekere en gedra hulle só pffft! Die wat gegaan het het dus die R500 betaal dis nie ons skuld as die ander kinders dit nie kon bekostig nie punt

Pieter ·

Well Done!! Die hoofmeisie klink my is ook n probleem dat alles so stil gebly het. (Moet nie die hoofseun uitsluit nie). Trots op die werk wat gedoen is en die ouers van Brackenfell- Wit, Swart en ander rasse wat teen die rassiste van die eff gestaan het. (Julle almal by Branckenfell is n bewys van n werklike S.A as almal saamstaan en saam werk).

Androclus ·

Ek kan sien hoekom jy moet kwaad word as jy nie na ‘n partytjie toe genooi word nie.

Eltan ·

Kom Malema…wat het jy nou te sê..? Kom spoel asb. Weer jou bek uit oor Brackenfell..? Ek daag jou uit…

JohanR ·

En die supposed belaglike pot snot moes sy eie ondersoek kry!

Tsek! ·

Verf my blou en sit vir my n rooi beret op…waaroor het alles dan nou gegaan?

Sakkie ·

Kom rooi t shirt kaboutertjie wat nou oooo nee jy sal nou stil wees daars mos nie media en kameras nie …….. Groot bek

Misky ·

Nou sit ek in spanning en wag om te hoor wat die rooi petters hieroor gaan sê en ons moet sekerlik nie n omverskoning te wagte wees nie. Maar ons almal het die uitslag vooraf al geweet. Well done Brackenfell en julle het jul woord te stand gedoen en kan julle koppe hoog hou!!!!

Sokrates ·

So, verstaan ek dit reg dat die EFF of wie ook al, eenvoudig ander mense of instansies name kan noem en beskuldig van onwaarhede (rassisme, moord, ens)net soos hul lus kry? ‘n Soort “naming, blaming en shaming”….Bestaan daar dan nie n wet teen laster, naamskending, crimen injuria nie? Is daar kragtens die reg dus geen gevolge vir hierdie tipe van kwaadwillige oortreder nie? Kan iemand se reputasie en goeie naam dus maar na willekeur geskend word? Ongeag die potensieel vernietigende fisiese, sosiale, psigiese en loopbaangevolge wat sodanige blatante leuen tot gevolg het? Dis n skande……..

Sarel ·

Wat is daai ou van News24 en die Organiseerders van die moeilikheid nou.

Jan ·

Daai tjopper van News24 sal nooit verantwoordelikheid vat vir hulle eensydige beriggewing nie. Kyk maar na hulle sogenaamde verskoning vir hulle absolute twak beriggewing by Coligny…

Fedup ·

There will always be this little racial political adventures. It’s irritating.

Manda ·

Arme Juju…. hy wil so bitterlik graag aandag hê dat hy nou regtig loop soos die spreekwoordlike eend en kwaak soos die spreekwoordelike eend… grootste apartheidaktivis is hy… well done Brackenfell HS, you did not back down like Clicks!

Mariana ·

En wat sê die balhorige eem wat die hele ding begin het nou. Vreeslik om jammer te voel vir jouself, nê. Rassis wat rassisme skree.

Loraine ·

Ja en soos gewoonlik het die EFF weer ‘n herrie opgeskop oor niks. Ek hoop van harte dat die Stad Kaapstad nou meer as ooit sal voortgaan om hulle te dagvaar vir skade. Hoop ander besighede sal dieselfde doen. Dis tyd dat hulle tot verantwoording geroep word vir hulle onnosele vernielsugtige optredes. Pay back the money Juju!

Pieter J ·

Ek wonder nog steeds hoe het die EFF van die storie te hore gekom. Iemand moes hulle daarvan ingelig het. As dit een van die leerlinge of ouers was behoort almal daarvan te weet sodat hulle nie weer in dieselfde strik trap nie. As ń mens met ń adder aan jou boesem sit moet jy seker daarvan weet om jouself veilig te kan hou.

Suzette ·

Goed – so nou verwag ons ‘n AMPTELIKE OPENBARE VERSKONING van die rassistiese opstokers wat die rasseherrie veroorsaak het, Die RPBs (Rooi Pettjiebrigade).
O ja ons is mos in Suid-Afrika – so dit sal seker gebeur as die perde eendag horings kry.

Eugene ·

26 jaar na die afskaffing van apartheid en die skool kom nou eers agter daar is n probleem, ek verstaan dit nie so lekker nie

Martie ·

Nou wag ons om te hoor watter haas gaan die EFF nou weer onder daardie rooi pet uitruk

sopbeen ·

The political systems worldwide are all based on the initiation of force, threats, fraud. Every country is fundamentally ruled by an elite who get their power from the consent of the people, even the worst totalitarian ones. All societies are prejudiced against outsiders, fearful of aliens, trusting of their rulers, ready to kill or be killed for their superstitious faith in force. Reason, rights, choice are sacrificed to fear, propaganda, authoritarianism. The mentality of “Us versus Them” is common. The exploited ignorantly allow it, seek it, want to be ruled by force. They are like political zombies, oblivious to reason, to living freely, to self-governance which frightens them. They ask for slavery by consensus, by majority vote, as if truth is found in popular opinion, reason be damned. This is the flaw in our civil life. This collectivism is destroying our species, individual by individual.
Don

Piet ·

Ek het gedink die privaatfunksie is by die skool gehou maar sien nou dit was ‘n neutrale venue. Magtig, dit was privaat jy kan mos nooi wie jy wil. Die skool het duidelik hier GEEN verbintenis gehad nie, belaglik.

Aai ·

Waar is daai EFF jeugliega wit mannetjie wat so aan almal gese het die mense is rassisties dat ons hom kan roskam.Hy moet aaangekla word vir lastering en naamskending.

Jakes ·

Hoeveel keer in die verlede het hierdie tipe ondersoeke geboemerang? Ek kry lekker want die MRK en hul trawante het nou eiergeel op hul gesigte. En Mal emma ook.

Die Wolf ·

My raad sou wees, dagvaar malemmer en sy trawante vir naamskending en laster.

Lee ·

Dit is duidelik dat die EFF loop en soek na redes vir protes teen blankes en rasisme, hierdie EFF lede en Malema sal gestop moet word, hulle is buite beheer en veroorsaak probleme in n land wat dit nie nodig het nie.

Ietsanders ·

Uiters, uiters gevaarlike mense. As ons nie pasop nie, gaan hulle die land oorneem. As die ANC faal, neem die rooies oor. Mag die Vader ons behoed!

Andrew ·

As dit by gemengde kulture kom gaan jy altyd die een of ander soort ongelukkigheid hê oor een of ander ding wat “misinterpreted” was

Elize ·

Hou ons asb op hoogte van wat gebeur nou met die leerlinge wat die “fake news” versprei het dat hulle nie genooi was nie. Hulle is verantwoordelik vir die hele gemors

Piet ·

Kyk nou net hoe los die MRK hierdie aangeleentheid soos ‘n warm patat. Mens sal niks van hulle weer hoor hieroor nie.

Jr ·

Daar was NOOIT rassisme betrokke by CLICKS OF BRACKENFELL. Die eff gebruik alles wat hulle kan om rassisme aan te hits. Dis nou die hoeveelste keer wat hierdie eff eier op hulle gesigte het en stupid lyk. Maar daar is nog lede wat hierdie party blindelens volg soos skape

DieKriek ·

Nooit sal die EFF “stupid lyk” nie. Dis iemand anders se skuld, mos.

Jr ·

Nee mense – die MRK gaan dit nog investigate en sal anders vind met die selfde getuienis as wat die onderwys dept gehad het. Daai Guam gaan uitkom met sy liberale redes wat daai klomp liberale ” geleerdes ” ( wat nie werk in normale society kan kry nie ) sal opback. Dit moet so wees as i ” baas ” die cANCer party ( EFF lite ) is.

Frits ·

Ongelukkig gaan net sekere groepe die verslag aanvaar. Die skool gemeenskap sal moet saamstaan en die verslag ondersteun of verwerp. Ek hoop hier kom iets goeds uit sodat die meerderheid gematiges die linkes en regses kan stilmaak

Miskruier ·

Die EFF besoek nou plase kwansuis as arbeid konsultante en inspekteurs, hul veroorsaak ontwrigting en gaan tekere soos by die hoërskool.TLU het boere gewaarsku om hekke te sluit.

Debbie ·

Wat se jy nou ou juju. Publieke verskoning sal doen dankie

Jaco ·

Mark my words: dis nog lank nie die einde van dié drama nie. Die ANC en die EFF sal dié ondersoek afskiet bloot omdat “die rassistiese DA” die ondersoek gedoen het én hulle sal seker ook nog sê die wit LUR kies net kant vir die wit leerders.
Maar net so terloops, hoekom is die Wes-Kaapse LUR vir onderwys wit? Haar ras pla my nie, maar sover ek weet het die DA ‘n paar jaar gelede VIR die regstellende aksie en BEE wette gestem.

Gert ·

En daar kry die Eff pak slae wel gedaan Brackenfell daar is nog mense wat op hulle reg staan teen die narre. Dis tyd dat hulle leer hulle kan nie als afbreek en daarmee wegkom nie

Louise ·

Dit maak nie saak wat die departement se bevindinge was nie. Gaan lees maar die reaksie hierop op FB. Jy kan nie iemand iets maak verstaan wat dit nie WIL verstaan nie.

Jax ·

n Amptelike verskoning van die persoon/e wat verantwoordelik is vir die aanvanklike berigte ivm hierdie hele storie, moet, saam met die eff, verantwoordelik gehou word vir als wat gebeur het. Die ouer/s wat onwaarhede aan die koerante gaan gee het, die mannetjie wat die eerste berig geplaas het, die student van UCT wat n eier kom lê het oor iets wat hy te nat agter die ore is om oor te praat, die eff en die hele media-wêreld wat bet hul beriggewing meer kole op die vuur gegooi het – die hele lot. Hierdie mense moet verantwoordelik gehou word vir naamskending, skade vergoeding en pyn en lyding? Bly weg uit Brackenfell as jy nie deel wil wees van n nuwe Suid-Afrika waar elkeen sy deel doen vir n beter en mooier toekoms – ongeag ras of die kleur van jou vel, geloofsoortuiging of ekonomiese stand.
My ekonomie onderwyser het altyd gesê: leë pyp, maak toe jou kraan!

Karina ·

‘n hou op die bek van EFF – goed so. Hoop EFF het geleer om eers ordentlik ondersoek in te stel voor hulle die rassisme klippe begin gooi!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.