Brand breek uit by parlement

‘n Brandende parlement in Kaapstad. (Foto: Twitter)

Brandbestryders spook tans om ’n brand te blus wat Sondag vroegoggend by die parlement in Kaapstad uitgebreek het.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die metro se brand-en-reddingsdienste het net ná 05:00 ’n oproep ontvang oor ’n brandende gebou in Parlementlaan.

Die brand woed tans op die derde verdieping en aanvanklike terugvoer dui daarop dat die brand in kantore van die parlement begin het voordat dit na die gimnasium versprei het.

“Die dakgebied het aan die brand geslaan en die Nasionale Vergadering-gebou is ook aan die brand,” lui ’n verklaring deur Smith.

Altesame 36 brandbestryders, twee brandveiligheidsbeamptes en ses brandweerwaens is tans op die toneel terwyl nog hulp aangevra is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.