Brandstof kan tot R25/liter styg – ekonoom

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrikaners kan volgende week nog ʼn brandstofprysskok te wagte wees en ʼn ekonoom waarsku verdere stygings is waarskynlik op hande.

Die verergerende krisis in Oekraïne het die prys van olie Donderdag verder opgestoot en in Suid-Afrika, wat olie invoer, kan hoër oliepryse inflasie beduidend verhoog, sê Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec.

Die olieprys het gister in ʼn stadium tot meer as $105 per vat gestyg.

“Die petrolprys, reeds op R20 per liter, kan in die nabye toekoms tot R25 per liter styg,” sê Bishop.

Volgens die Sentrale Energiefonds se jongste onderverhalingsyfers kan 95-oktaan-brandstof met tot R1,30 styg, die prys van 93-oktaan-brandstof kan tot R1,29 meer word, die prys van diesel kan met tussen R1,29 en R1,32 styg en die prys van paraffien kan tot R1,20 meer word.

Bishop sê dié stygings kon veel hoër gewees het as die rand nie vroeër vandeesmaand verstewig het nie.

Enoch Godongwana, minister van finansies, het vroeër vandeesweek in sy begrotingsrede aangekondig dat die brandstofheffing nie verhoog gaan word nie, ʼn stap wat uit verskeie oorde verwelkom is.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het die aankondiging as ʼn oorwinning vir alle verbruikers, nie net motoriste nie, bestempel. Hoewel die brandstofprys moontlik steeds kan styg, is die bykomende las van verhoogde belasting dus ten minste vir eers afgeweer.

Motoriste gaan egter steeds hul sakke moet skud om hul voertuigtenks op te vul.

Bishop sê Suid-Afrika se handelsurplus, geldeenheid en die regering se finansies het alles gebaat by die sterk uitvoerwaarde van kommoditeitspryse oor die afgelope 18 maande. Die land is ʼn sleuteluitvoerder van kommoditeite, hoofsaaklik metale, minerale en landbouprodukte, maar ʼn toename in vyandigheid in Oos-Europa kan beteken kommoditeitspryse daal omdat markte laer ekonomiese groei verwag.

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) hou egter oliepryse hoog deur kwotabeheer en besluit hoeveel olie beskikbaar gestel word. Dit het die olieprys selfs voor die konflik in Oekraïne tot $80 per vat gedruk.

Rusland is ʼn sleutel- olie- en gasuitvoerder en Bishop sê daar is moontlik min toeval in die tydsberekening van die konflik. Oekraïne is in die middel van die Noordelike Halfrond se winter en Europa steun swaar op olie, steenkool en gas.

Bishop sê die verhoogde moontlikheid van ʼn oorlog is ʼn voorteken van verdere tekorte in ʼn alreeds gespanne mark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Dit raak nou rerig belaglik, dankie julle ANC klomp

Nuustak ·

Moet maar solank daaraan dink om vir my ‘n fiets aan te skaf…

AmY ·

Dit kan werk, maar kan jy dink wat hulle ons gaan vra vir ‘n fietslisrnsie wanneer meeste mense dit regtig gaan begin doen… ;-)

Koen ·

Hy doen. Kan jy nie sien nie. Hy is almagtig en sal jou die randjies gee. Bid net.

Marius ·

Dankie anc regering , skop n hond as hy reeds le.
Skaf af julle sakgeld in die brandstof prys en gaan werk vir dit wat julle wil he.
Dink aan julle eie mense ook wat gaan swaar kry.

JohanR ·

Ek voel rerig jammer vir die wat transport besighede het. Januarie net voer die petrol verhooging 50L tenk volgemaak – R1000. Nou kan dink net hoeveel een groot trok se tenk in diesel in neem. Maar niks nuut nie – ANC het die spoorweg verwoes, en die lugreedery verwoes. Gaan ons terug na die Voortrekkers met perd en donkie waens? Oe het vergeet om dankie te se ANC!

andre ·

Kry ons dan olie uit Rusland uit ? Die ” C anc ER ” dink ons is dom .

Agtogwatnog ·

Hoe kom ons by R25 uit die petrol was al so hoog met die Rand Dollar wat swak was. ? Hoe kom hulle daarby uit, Oja Staat het geld nodig. Die petrol prys kan die helfte wes as wat dit nou is.

Swerwer ·

Voor die einde van die jaar is dit R30 per liter. Pleks van 10G data per maand, moet die Regering dit liewers oorweeg om fietse gratis uit te gee vir al die landsburgers, dit sal eenmalig wees en hul nie elke maand geld uit die Regering kas jaag nie.

VaalDonkie ·

Ek ry nou nog met Januarie se petrol in my tenk. Sal maar gou gaan op-top vir die winter maande.

VaalDonkie ·

Ek onthou in 1992 toe my ma gekla het oor ons elke week R40 se petrol moes ingooi. Ons het ‘n Skyline gehad wat effe swaar op petrol was. Ja ek weet hoe inflasie werk.

FrikkievV ·

Ek moes maar daai i3 gekoop het, was toe tog nie so duur nie…

Wielspore ·

Daar word meer publisiteit aan die moontlikheid van branstof prys verhoging gegee agv die situasie in Oekraïne as wat daar publisiteit gegee word aan die masiewe verhoging van inkomste in die mynbedryf, veral platinum. Wesizwe Platinum se aandeelprys het die afgelope ses maande met 239% gestyg. As jy voor die tyd R1000 se aandele gekoop het sou jy vandag R23900 in jou sak gedruk het. Dit is net een Platinum myn is SA. Het enige leser al ‘n berig hieroor gesien?
Party mense kan maar net slegte nuus oordra.

PieterJ ·

Teen die tempo gaan beslis by R30/L draai voor die einde van die jaar. As E-Tol finaal vou, gaan heffing op brandstof verhoog word om daarvoor op te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.