Brandstofpryse styg toe wel skerp

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Motoriste gaan vanaf middernag vanaand (Dinsdag) tussen 47c en 65c per liter meer vir brandstof betaal as wat tans die geval is.

Luidens ʼn verklaring deur die departement van minerale hulpbronne en energie sal die verkoopprys van petrol Woensdag met 65c per liter vir 93- en 95-oktaan toeneem. Die groothandelprys vir diesel sal met 54c per liter vir 0,05%-sulfaat en 56c per liter vir 0,005%-sulfaat toeneem. Die groothandelprys vir paraffien sal met 47c per liter (groothandelprys) styg.

Dit beteken dat Suid-Afrikaners nou meer as R16 vir ʼn liter petrol en meer as R14 per liter diesel sal moet opdok.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het verlede week reeds voorspel dat pryse skerp sal toeneem weens ʼn vinniger stygende internasionale olieprys.

Luidens die verklaring vanaf die departement het die rand tussen 1 Februarie en 25 Februarie gemiddeld met 1,1c teen die dollar versterk, wat veronderstel is om tot motoriste se voordeel te strek.

Die AA het egter vroeër gewaarsku verhoogde ekonomiese bedrywighede wat wêreldwyd deur die verspreiding van die Covid-19-entstof moontlik gemaak word, lei tot die groot aanvraag en hoër pryse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jack ·

Inflasie gaan skerp toeneem. Ek sal nie verbaas wees as die groot gebruikers van brandstof soos bv die Taxi-bedryf gaan rebeleer nie.

Anel ·

En dan gaan alles weer op. Kos op winkelrakke gaan daagliks op. Dis net nie meer snaaks nie. Sien gister slaaikoppie vir R20. 00 Toe ek vra vir vars slaai word ek meegedeel dat die die oggend gekry is. Wel, dit het so sleg geklyk, sal dit nie eens vir vark vier nie. Word daar vir my gesê dat dit die gevolg van baie reën was en dat die boere dit so aan die mark verskaf. Ek het masr net my kop geskud, want ek weet geen boer lewer vrot kos aan die mark nie. Maar nou ja. So probeer hulle hulle pryse regverdig en die arme arm verbruiker moet die gelag betaal.

Stof ·

Sou ek nou ‘n eis teen Toyota hê? Hulle het my belowe dat na die diens, my voertuig meer kilometer per Rand sal kry, maar nou kry sy noemenswaardig minder.
Dat so ‘n bewese betroubare maatskappy hulle nou tot die leun wend.
Eish!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.