Byna 9 000 vuurwapens kry voete uit polisiestore

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Byna 9 000 vuurwapens het die afgelope 11 jaar uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se store landwyd verdwyn. Boonop is slegs vyf persone suksesvol hiervoor vervolg en skuldig bevind.

Bheki Cele, minister van polisie, het in ʼn geskrewe antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê dat 889 van die verlore of gesteelde wapens private vuurwapens was, terwyl die oorgrote meerderheid (8 043) die polisie se eie vuurwapens was.

Hoewel daarin geslaag is om 5 385 van die polisie se eie vuurwapens terug te vind, het die minister nie onthul hoeveel, of enige, van die private vuurwapens teruggevind is nie.

“Desnieteenstaande beteken dit dat 33% van die polisie se eie vuurwapens definitief steeds in misdadigers se hande is,” sê George Michalakis, die DA se woordvoerder vir veiligheid en justisie in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP).

Luidens die statistieke is meer van die polisie se vuurwapens (712) in die 2021/’22-boekjaar gesteel of het vermis geraak, as in die voorafgaande vier jaar. Boonop is slegs 215 hiervan teruggevind. Dit is die minste vuurwapens wat in ʼn enkele jaar teruggevind is sedert die vuurwapenregistrasiestelsel in 2011 in werking gestel is.

Michalakis meen die kommerwekkendste deel van die statistieke is egter dat verdagtes in slegs 35 diefstalsake sedert 2011 vervolg is, waarvan vyf skuldig bevind is. In amper die helfte van dié sake (46%), was ʼn lid van die polisie betrokke by die diefstal.

“Dit is duidelik dat die SAPD misluk in sy konstitusionele mandaat om Suid-Afrikaners te beskerm,” sê hy.

“In ʼn poging om aan hierdie beduidende krisis aandag te gee doen die DA ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om die land en sy burgers eerste te stel, deur van Cele ontslae te raak. Dan moet Ramaphosa ʼn strategiese oorsig van die SAPD doen, waarin praktiese stappe aangedui word om soortgelyke misdade in die toekoms te vermy.”

Die DA voer aan dat die regstelsel egter steeds die grootste afskrikmiddel vir misdadigers is en dat alle pogings aangewend moet word om die stelsel te versterk sodat kriminele elemente tot verantwoording geroep kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Pierre ·

droom voort Cele sal nerens gaan nie, als draai om politieke oorlewing.

domheks ·

Ou cele sal eerder strande besoek as polisie kantore met probleem werkers.

Republikein in die Wes Kaap ·

En bekommerde burgers soos honde wegjaag by openbare vergaderings.

Althes ·

Ja sy reisuitgawes is mos R8.2 miljoen. Ñ Regte Jetsetter.

annie ·

Wanneer verdwyn die vuurwapens uit die polisiestore? Vertel ons hoe? Wie het toegang en wie beheer die toegang? Hierdie gebeure is absoluut belaglik. Selfs om daaroor verslag te doen. Ons hoor nou al vir jare dit gebeur en sweet blow all gebeur as teenvoet. Wat beteken daar is groot besigheid en groot geld betrokke en niks verander nie. Ons woon in ‘n gevaarlike mislukte staat… Vuurwapens maak dood en dit is die pad wat die onbesorgde ANC uitstippel. Rewolusie!

Johanna ·

9ns weet mos wat aangaan. Waar kry die rowers vuurwapens?

Bertie ·

Mafia-staat wat kriminele voorsien van vuurwapens om die publiek gevange te hou.

Watsenaam ·

Dit is duidelik dat die SAPD misluk in sy konstitusionele mandaat om Suid-Afrikaners te beskerm,” Ek vra, spog julle of stel julle die diewe- moordenaars, net in kennis? Die anc regering wemel van wets oortreders, en dit het nou al af gedaal na die wets toepassers en werk nemers. Net soos Engeland, voor die tyd van Thatcher, is die vakbonde, kommuniste en die regering, besig om die land te sink. Wee ons.

WILLEM ·

Nou weet ons waar die moordenaars en verkragters hulle wapens kry!!

hpven ·

Mens kan net wonder hoeveel van die privaat wapens word verskaf, uitgehuur of geleen aan misdadigers vir ‘n dag of twee om misdade te pleeg waarna dit weer terugbesorg word…

Hennie ·

Dis nou dieselfde vuurwapen wat witmense gaan ingee het…wel done gatkruiper!

Witwax ·

Toe ek my diensplig gedoen het kan ons nie uitgeklaar het nie , hulle het die hele eenheid terug gehou want daar het twee R4 magesyne en n kompas gekort wat uitgeryk was aan ons. Die polisie verloor hulle hele arsenaal in n jaar. Skande.

M ·

Geregistreede en volwaardige lisensiehouers is gestroop van ons wapens … nét om hierdie uiters skokkende nuus te ontvang.

Rocco ·

90% van Polisielede is daar vir ‘n salaris – niks meer nie. Speurder Charl Kinnear wat die voorsiening van vuurwapens aan die bendes ondersoek het, is vir die wolwe gegooi deur topgeplaaste Polisie offisiere. Hy is vermoor omdat hy die polisielede wat betrokke is by vuurwapen diefstal sou ontbloot. Ramaphosa voel niks vir die inwoners van Suid Afrika nie – beskerm die korruptes in die anc

CRDP ·

Bheki Cele hou daarvan om nommers rond te gooi in die poging om belangrik te klink…maar eintlik kan hy nie eers tot 10 tel nie

Danie ·

Dit is nou deur en deur bewys dat geen eiendom veilig is in die hande van die polisie.Ek weet ook van n geval waar die polisie op wapens beslag gele het is nou al 5 jaar kan nie opgespoor word nie die balisties het ook wonderbaarlik verdwyn.Jy kan geensins die polisiediens met korruptes vertrou nie.

Casper ·

Hy kan dit nie verklaar nie want hy is onbevoeg om sy werk te doen anders was die situasie anders.Die privaat vuurwapens is deur SAPD lede verkoop glo ek.

Ditsim ·

Die wapens beland in die verkeerde hande. En daar word net mooi niks gedoen nie.

Sterling ·

Dit is inderdaad skokkend!

Hierdie artikel en dit wat Carte Blanche ook onthul het in die episode “Missing guns” van 11 Des 2022, wys die stand van sake aangaande vuurwapens in Suid-Afrika

Eugene ·

Inside job. Bheki cele moet liewers n’ span bymekaar maak, en potholes regmaak. Hy sal dit goed doen, want hyt die regte hoed vir die son. Sun block sal ook help.

Hasie ·

Die regstelsel is gegrond op uitstel ….uitstel …uitstel en weer uitstel .Geen saak word afgehandel nie …so wat is die doel van ‘n regstelsel ?

Stephanus Hendrik ·

Ons grootste vyand is die polisie. Mense word dood gemaak met polisie se wapens en Cele doen niks daar om trend nie. Dalk moet die polisie ook sekuriteit kry om ons en die polisie op te pas. Hoe kan ‘n land so vernietig word. Die regering en almal sien dit mos en hulle doen niks. Wil hulle dit so hê of is almal te onbevoeg om ‘n land te regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.