Campbell veg weer om burgemeesterspos

Tania Campbell. (Foto: City of Ekurhuleni/Facebook)

Nog ʼn mosie van wantroue in Tania Campbell, DA-burgemeester van die Ekurhuleni-metro, is ingestel. Dit is die tweede mosie van wantroue in Campbell in minder as ses maande.

Daar word tans tydens ʼn raadsvergadering oor die mosie gestem.

Campbell is in November verlede jaar tot burgemeester herkies nadat die eerste mosie van wantroue in haar in Oktober geslaag het.

Dit lyk nou of die jongste mosie teen Campbell na alle waarskynlik óók gaan slaag aangesien die ANC en EFF tans ʼn meerderheid van stemme in die raad het.

Die DA se Raymond Dhlamini is verlede maand uit sy amp as speaker van die metro verwyder en deur die EFF se Ntshabiseng Tshivhenga vervang.

Die DA-raadslid Khetha Shandu het boonop as hoofsweep bedank. Sandu is sedertdien deur Jongizizwe Dlabathi van die ANC vervang.

ActionSA het egter Donderdagoggend aangedui dat hy vandag teen die mosie gaan stem.

Dit is die einste party wat die veelparty-koalisie in die Stad Ekurhuleni in November verlede jaar verlaat het, weens kommer dat dienslewering onder Campbell se leierskap gebuk gaan.

Funzi Ngobeni, Gautengse woordvoerder vir ActionSA, sê hoewel die party steeds bekommerd is oor Campbell se skynbare onvermoë om dienslewering te verbeter, “glo ons dat dinge aansienlik erger sal wees onder ʼn ANC-EFF-koalisie”.

Hou Maroela Media dop vir meer besonderhede oor die jongste mosie later.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Seef ·

Wanneer gaan almal ophou baklei en hulle werk doen om die mense te dien. Of verwag ek nou om wors te vind in ‘n hondehok?

Republikein in die Wes Kaap ·

Kundige amptenare is veronderstel om die werk te doen. Politici hang maar rond in die raadsale en lyk belangrik.

Pierre ·

Tap jy is in, tap jy is uit, tap jy is in, tap jy is uit en so gaan dit aan, almal net vir hulle self

Samuel ·

Dit lyk asof die ANC-EFF nie hou van dienslewering nie. Ek glo nie die dienslewering is só sleg nie. Is dit nie maar net ‘n magspel en te hel met die burgers nie?

Vrystaat2109 ·

AI tog so sal die ANC en EFF saam veg om te keer dat dienslewering nie verbeter word nie.
ANC en EFF gaan kyk tog hoe lyk dit waar die DA in beheer is, alles werk maar julle hou mos daarvan om alles op te neuk!!

Kokerboom ·

Die politieke woer woer moet stopgesit word vanaf Sentrale Regering

WILLEM ·

Dis net ‘n mededinging oor mag! Wanneer begin die Raad sy werklike doel vervul??? Hou op om speletjies tespeel.

John ·

Elke keer as hulle die geveg verloor in Tshwane, haal hulle dit uit op haar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.