Campbell weer as burgemeester onttroon

Tania Campbell. (Foto: City of Ekurhuleni/Facebook)

Tania Campbell is Donderdag tydens ʼn mosie van wantroue as burgemeester van Ekurhuleni verwyder.

ʼn Totaal van 126 lede het gunste van die mosie gestem en 91 daarteen.

Sivuyile Ngodwana van die African Independent Congress is hierna deur die ANC en EFF as kandidaat vir die burgemeesterspos benoem en is verkies nadat 129 lede vir hom gestem het.

Dit was die tweede mosie van wantroue in Campbell in minder as ses maande. Campbell is in November verlede jaar tot burgemeester herkies nadat die eerste mosie van wantroue in haar in Oktober geslaag het.

Die DA se Raymond Dhlamini is verlede maand uit sy amp as speaker van die metro verwyder en deur die EFF se Nthabiseng Tshivhenga vervang.

Die DA-raadslid Khetha Shandu het boonop as hoofsweep bedank. Sandu is sedertdien deur Jongizizwe Dlabathi van die ANC vervang.

Fred Nel, voorsitter van die DA in Gauteng, het Campbell gelukgewens met die prestasies van die veelpartykoalisieregering wat sy sedert die plaaslike verkiesing in 2021 gelei het.

Volgens Nel het Campbell verskeie suksesse behaal en het die veelpartykoalisie sy bes probeer om die mense van Ekurhuleni te dien ten spyte van die omvang van die uitdagings na dekades se mislukking.

Die ANC in Gauteng het Campbell se verwydering verwelkom en terselfdertyd gesê dit sal die metro red van “wanadministrasie en totale ineenstorting deur die DA-geleide veelparty-regering”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gerhard ·

“Die ANC in Gauteng het Campbell se verwydering verwelkom en terselfdertyd gesê dit sal die metro red van “wanadministrasie en totale ineenstorting deur die DA-geleide veelparty-regering”. – Regtig ANC…..julle het die res van die land (behalwe die Wes-Kaap waar die DA in bewind is) tot niet bestuur. Julle weet nie waarvan julle praat nie.

Andries ·

Wat kan die ANC ooits al gered het,plunder is hulle goed in.

Casper ·

Hoe gaan die ANC wanadministrasie hok slaan.Kyk hoeveel ANC lede word ondersoek vir korrupsie,bedrog en ander wanpraktyke.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wanneer gaan inwoners opstaan en sê “Genoeg is genoeg?”

Harley Davidson ·

Net as die weskaap afstig van hierdie piesang Republiek sal n gesonde regering kan lei en vooruitgaan,waar die ANC / eff die meerderheid het sal chaos en korrupsie koning kraai.

Kokerboom ·

Hierdie sirkus moet nou einde kry! Waar is Minister? Die inwoners ly onder die politieke twak!

Boatsie ·

Nou kan jul sien hoe vinnig gaan daardie munisipaliteit ten gronde.
Die nou aan bewind het al oor en oor bewys bewys hoe gou word munisipaliteite in bankrotskap in bestuur.

Diepoppie ·

wonder wat het sy reg gekry.. Die oos rand lyk elke dag erger.. Hier in benoni sit ons al 9 dae sonder krag..

Racheltjie Debeer ·

Ek stem saam. Springs lyk soos ‘n oerwoud en ‘n vullishoop. Verkeersligte by groot kruisings werk al vir maande nie. Jammer, maar die DA het lelik gefaal hierdie keer.

Witbaard ·

Glo nie dis haar skuld nie. As jy wetteloses probeer regeer, het jy geen kans om suksesvol te wees nie

Miss J ·

Die Oos Rand lyk erger omdat ALLE munisipalieite moet voldoen aan NASIONALE regering se wetgewing. En dus is daar beperkte magte op munisipale vlak. KRAG IS NIE OP MUNISIPALE VLAK NIE.
So ook kan geen persoon, of party, n afgebreekte, korrupte munisipaliteit net oornag regkry nie. Kyk mooi na hoekom. Die ANC en EFF rus nie tot hulle in beheer is en daarom al die mosies van wantroue. Dus maak jou maar reg vir verdere verval

Diepoppie ·

Ja ne die mense wat self nie hier bly nie sal maklik vir haar opstaan.. As sy so fantasties was sou sy op die werkers se nekke gelê het omdat van die gedeeltes wat af is is daar baie ouetehuise. Baie ou mense moes hulle kos weggooi, van hulle eet net koue ontbyt pap vir oggend en aand.. As ons nie sonder krag sit nie sit ons sonder water. Dinge raak net erger hier, niks vordering word gemaak nie.

ES ·

Ek is baie jammer, maar dit is maar die 2de keer wat ek haar gesig sien (op die media) en ons het glad nie enige vordering gesien vandat sy as burgemeester aangestel is nie.

Die hele Oos Rand is vervalle en ons het gereeld krag onderbrekings en SWAK dienslewering. Sy het die mag gehad om baie veranderinge en verbetering te maak en haarself in die publieke oog te plaas sodat ons kan sien waarmee sy haar besig hou.

Volgens my het sy net in haar kantoor gesit en ‘n salaris getrek…

JohnnyS ·

Niks het verander, beloftes is gemaak voor die verkiesing maar ons dorp (Brakpan) lyk en ruik by die dag slegter.

Amelia ·

en anc hoeveel party onder jul bestuur verloop als vlot wonder maar net

Kokerboom ·

Die ANC haat orde en dat alles funksioneer. Hul floreer op anargie, wanorde, gemeenskapssuksesse en gierigheid

Maritza ·

Ek het nie woorde nie. Going from bad to worse from now on

ouma1 ·

Onthou asb dat die Ekhurhuleni munisipaliteit uit n koalisie regering bestaan en die burgermeester kan nie besluite op haar eie neem met net die DA nie, al die partye moet instem daartoe en as almal teen jou stem dan is daar net soveel wat jy kan doen. Dus het die koalisie haar ondermyn omdat hulle korrup is en verder die munisipaliteit in die afgrond wil dryf. SO JA DIT GAAN RAMPSPOEDIG eindig. Een persoon wil verebetering bewerkstellig, maar die koruptes sien net verdere verderf en plundering. Hul gaan die munisipaliteit in die afgrond in bestuur.

JohanR ·

Die burgermeester dans gaan rond en rond en rond en die mense ly daar onder. Net in Kaapstad al vir jare en jare is daar ‘n burgermeester wat nie elke twee weke vervang word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.