Cele in hof wanneer tiener verskyn

Landdros Romay van Rooyen (Foto: Facebook)

Minister Bheki Cele sal na verwagting die eerste hofverskyning van die tienerverdagte in die moord op landdros Romay van Rooyen Donderdag bywoon.

Die polisieministerie het in ’n verklaring bevestig dat Cele vanoggend saam met Thembisile Patekile, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, in die hofbanke sal inskuif wanneer die 18-jarige verdagte vir die eerste keer in die landdroshof in Muizenberg verskyn.

Die verdagte is Dinsdag in Mitchells Plain, Kaapstad, in hegtenis geneem in verband met die moord op Van Rooyen.

’n Familielid het vroeër vandeesmaand op Van Rooyen se liggaam in haar huis in Marina da Gama naby Muizenberg afgekom. Haar gesteelde voertuig is kort daarna op 10 September in Mitchells Plain gevind.

Die tiener is die enigste verdagte om tot op hede in verband met die moord in hegtenis geneem te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

SjN ·

Wat gaan die Shaaaarupppppp Hoedeman daar soek, die saak gaan in elk geval uitgestel word?

SwartBees ·

Aag ou Cele, wat gaan dit help! Jy moet eerder jou werk doen dan sal daar nie sulke hof verrigtinge wees nie.

SwartBees ·

Ek kan jou ook wed dat dit nie die “tiener” se eerste oortreeding is nie.

Chris dupreez ·

Plaas doen Cele sy werk ordentlik en hou op om te probeer aandag trek voor die tv kameras.

Herman Cloete ·

Dit dien geen doel dat die minister die hof verrigtinge wil bywoon nie , hy moet liewer bedank sodat ons `n minister kan kry wat werklik ernstig is om die misdaad in die Wes Kaap en Suid Afrika onder die knie te kry !!

Delia ·

Ja, as Andre de R moet waai weens non performance…wat van Mnr Cele dan

vuurvliegie ·

De Ruyter se besluite kos die land Miljarde rande se skade en ongerief. Dis die verskil. Duidelik verstaan jy nie.

Vexed ·

En Cele kos mense lewens, ooo ok, ek sien wat jy bedoel. Prioriteite.

SwartBees ·

Hou ook in gedagte dat de Ruyter n dooie perd, met n baie fyn pols, gekry het om aan die lewe te hou met GEEN medisyne in sy tassie nie.

Delia ·

Vuurvliegie. Jy verstaan duidelik ook nie. Wat dink jy kos misdaad die land?? Hoekom dink jy is versekeringspremies so hoog, hofonkostes, trauma berading en die emosionele skade aan mense word nie in rand en sent gemeet nie.

Nie Verbaas ·

En wat presies wil Cele daar gaan doen? Belastingbetaler se geld mors om vir sy en sy trawante se reis en verblyf te betaal? Seker net daar om weer te blah blah blah op tv want sy werk kan hy beslis nie doen nie.

Hennie ·

En die cANCer het die geval probeer voorhou as n aanval op die regstelsel… Daar het ons dit nou – net gewone kriminaliteit!

Althes ·

Hy wil net ñ celebrity raak en gesig wys by hoë profielsake terwyl die res van die land verval in misdaad.

Kobus ·

Dis hoekom Rampposa hom so hoog ag. Hy woon alle verrigtinge by waar die TV kameras is / gaan wees. Blykbaar deel van sy Posomskrywing. 80/ 20 beginsel. Raas 80% en doen 20%

Piet ·

Ek dink nie daar moet meer na 18-jariges as tieners verwys word nie. Jy is mos dan al mondig. Jy kan stem, suip en optree as ‘n meerderjarige. Jy moet dus so behandel word.

Peter ·

En hy sal borg kry en die saak sal sloer en uiteindelik kry hy ‘n slap op die wrist, dis al

Swerwer ·

Wat probeer Hoed nou doen? Hy moes lankal uit sy pos onthef gewees het.

Delia ·

Whaattt…soek julle stemme. Ek is bly die landdros se moord is ook prioriteit. Ek hoor nou net die beskuldigde is n familielid. Besoek die Minister ooit die toneel van n blanke moord.

Delia ·

Jy is nie heeltemal reg. As de Ruyter nie perform nie, kan hy en sy span ook gaan. Pienk, pers, blou…kry net mense wat die werk kan doen

Marcello ·

Jammer vir jou, maar de Ruyter en sy span perform. Dit maklik om die kantlyn te sit en kommentaar te lewer.

Delia ·

Marcello. Ek weet juis nie al die inns and outs..dis hoekom ek sê as hy en sy span nie perform…..lees weer ek het nie gesê hy doen nie sy werk..Ek wens iemand wil eintlik net die waarheid praat oor wat aangaan. En ek gee ook nie om oor kleur, vir my gaan dit oor kundigheid

Stoffeltjie ·

Gaan hy nou die volwasse tiener persoonlik ‘n pak slae gee? Cele weet ook net waar om gesig te koop. Hy maak my naar.

JohanR ·

Soos SA hofe werk sal die saak sy einde eers in 2027 sien. Hoopelik by daai tyd het Hoed lankal @geVoertsak!

Niklaas ·

Dis besonder vreemd. Wat wil Hoedman baat by so ‘n verskyning ?Wil hy dalks die beskuldigde gaan ondersteun en indien wel , waarom dan? Ek vermoed dis net ‘n soeke na publisiteit , Dalks is hy moontlik erg verveeld en het geen werk om te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.