Cele oortuig nie almal met plan vir trokke

Bheki Cele (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Slegs 89 woorde van min. Bheki Cele se toespraak Woensdag was gewy aan ʼn “plan van aksie” om die toenemende aanvalle op vragmotors te stuit. Rise Mzanzi het gaan tel.

Die party is geensins in sy noppies daarmee dat nog géén inhegtenisnemings gedoen is oor die onlangse aanvalle op niks minder nie as 21 vragmotors in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.

Makashule Gana van Rise Mzanzi sê die party is veral bekommerd daaroor dat daar ook steeds nie ʼn gekoördineerde plan is om uiteindelik ʼn einde te maak aan “hierdie volgehoue aanval op die land se ekonomie en die lewe en lewensbestaan van Suid-Afrikaners” nie.

Agri SA het vroeër gevra dat die weermag ingeroep word om belangrike roetes te help beskerm, en Gana sê nou die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NatJoints) moet ingryp.

“Misdaad het bydraende sosio-ekonomiese faktore, wat die wetstoepassingsowerhede nie toegerus is om alleen te hanteer nie.”

Cele het Woensdag gesê 12 verdagtes is geïdentifiseer vir hul vermeende betrokkenheid by die vlaag aanvalle op vragmotors. Dié ondersoek duur voort.

“Ons is reeds besig met ons plan van aksie, ons doen nie niks nie,” het Cele verseker.

Volgens die minister is alle groot roetes tans beveilig en word gereelde patrollies langs geïdentifiseerde hoërisiko-roetes gedoen.

“Dit maak nie saak wat die motief is nie, die land se wetstoepassing bly op ʼn hoë gereedheidsgrondslag en werk hard om nog aanvalle op vragmotors te verhoed en hierdie bendes of boewe hel te gee vir die verwoesting wat hulle op ons paaie veroorsaak,” het Cele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan Tredoux ·

Ek dink hy weet meer as wat ons weet. En ek bedoel dit nie as n pluimpie vir hom nie.

etienne ·

Ten minste het hy homself oortuig ……………………………………….lol

HPJ ·

Cele het nie n idee wat hy doen nie maar ongelukkig ons amptelik opposies party die DA het ook nie n clue nie So ons is geskroef

Tokkel ·

Ten minste is dit al party wat probeer om ons land te help. So, van watter party kan jy dit nog sê?

JvR ·

Hy dink hy is slim. Jy dink hy is nie. Maar hy beheer jou lewe. Of jy wil of nie.

Hector ·

Die meeste ANC-ministers waaronder ou Cele is ‘n absolute klomp nikswerd patete! Dit wat gedoen moet word, kry hulle eenvoudig nie gedoen nie. Dit is regtig hoogtyd vir ‘n regerings-verandering in Suid-Afrika! Kry mense in Suid-Afrika aan bewind wat regtig daarin belangstel om iets vir die land te doen, en wat nie net sit en slaap in hulle eie gerief-sug nie!

Piet ·

Misdadigers regeer die land en die meerderheid lede van die anc is deel van georginiseerde misdaad.

Amelia ·

AAngesien daar verdagtes is hoekom nie al begin met ondervraging nie cele mense met n bietjie verstand glo jou nie droom voort

Catharina Maria ·

Miskien moet die vragmotor bestuurders iets doen. sluit julle deure en as daar gewapende mense in die pad is, moet nie rem trap nie, trap die brandstof dieper in en ry oor enige iets of iemand in die pad

My siening ·

Kom ons wees nou eerlik, het enige kader al iemand oortuig as hulle hul monde oop maak?
NEE!

Tokkel ·

EEN, TWEE, DRIE EN DAAR BLOK CELE HOMSELF!!!… hy kan net mense op die strand vang, nie mense wat 21 lorries aan die brand steek nie….Nar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.