Centurion-krag eindelik weer aan

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Diegene wat in Kloofsig en Lyttelton woon, kan ʼn sug van verligting gee nadat die Stad Tshwane eindelik die kragtoevoer na al die inwoners in dié gebied herstel het.

Duisende mense is al vir drie dae sonder krag nadat die Kloofsig-substasie in Centurion aan die brand geraak het. Sedertdien spook tegniese spanne om die krag voor Kersfees te herstel.

“Ons het die afgelope paar dae geswoeg en gesweet in ʼn poging om die kragtoevoer aan ons verbruikers voor Kersfees te herstel, en ons het dit reggekry,” sê Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metroraad.

“Spanne het Vrydagoggend begin met die geleidelike herstel na sommige van die inwoners, en voor 14:00 het ons daarin geslaag om die res van die verbruikers se kragtoevoer aan te skakel.”

Volgens Bokaba is Denel die enigste deel van Kloofsig wat nog sonder krag is.

“Die tegniese spanne is hard aan die werk om die fout te identifiseer, reg te stel en Denel se kragtoevoer te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.