Centurion-sinkgat: ‘Dit is buitengewoon groot’

Die kruising waar die sinkgat ondergronds gevorm het. Foto: Google Earth

Ingenieurs gaan minstens ʼn week benodig om die presiese omvang van ʼn massiewe sinkgat onder ʼn besige aansluiting in Centurion te bepaal.

Peter Sutton, DA-raadslid van die wyk in Die Hoewes waar die sinkgat onder die aansluiting van Jeanlaan en Gerhardstraat gevorm het, het Donderdag aan Maroela Media gesê ʼn span kenners het die oggend begin om die gebied te evalueer.

Maroela Media het vroeër berig kontrakteurs wat opknappingswerk in die omgewing doen het op die sinkgat, wat nog nie ingeval het nie, afgekom terwyl hulle ʼn in die omgewing gegrawe het. Volgens Sutton is die sinkgat minstens 12 m diep en so groot soos ʼn skoolsaal. Die paddikte tussen die teer en die gat is slegs sowat 75 cm en die kruising is noodgedwonge vir die publiek en motoriste se veiligheid gesluit.

“Die presiese grootte van die sinkgat kon nog nie vasgestel word nie, aangesien die sigbaarheid van kant-tot-kant nie duidelik gemeet kon word nie,” het Sutton gesê.

“Die gat is buitegewoon diep en wyd. ʼn Ingenieursverslag sal in die volgende week voorberei word. Daar sal onder meer sirkelboring moet plaasvind om die presiese omvang van die sinkgat te bepaal.”

Sutton het gesê die gevaargebied word afgebaken en daar sal gepoog word om toegang te skep na die nabygeleë Zenex-vulstasie en omliggende twee sentrums om die kruising.

“Ons sal eers weet hoe lank dit gaan neem om die kruising vir verkeer oop te maak, hoe die gat gevorm het en hoe om die gebied te rehabiliteer as die ingenieursverslag voltooi is.”

Die aansluiting is een van die hoofroetes in Centurion wat nagenoeg 40 000 voertuie per dag hanteer en wat nou van alternatiewe roetes gebruik moet maak.

“Ons besef watter ongerief die sluiting veroorsaak en die stadsraad sal alles doen wat hy kan om die probleem sou gou moontlik op te los.”

Die ingang na die sinkgat. Foto: Via Edward Bromfield / Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tanya

Gaan die sinkgat nie dalk reguit na ‘n bank se kluis toe nie?

Johannes van Rooyen

In Japan het ñ sinkgat in die pad wat baie groter is het die mense 24 uur later weer gery tot die strepe was weer geverf
IN SA SÊ hulle dit gaan ñ week vat om die omvang te bepaal DIT IS DIE VERSKIL TUSSEN EERSTE EN DERDE WÊRELD

Ashley

Met die droogte wat ons die laaste tyd ervaar het is ek nie verbaas dat dit die resultaat is nie, en om als te kroon is daar in n 500 m radius soveel nuwe komplekse wat opspring so al daardie dinge het n impak. Baie dankbaar dat dit gevind is voordat dit n slegte geval was! Fantastiese werk aan elkeen betrokke!

Callie

Lang gelede was daar kommer oor suur mynwater wat sinkgate tot gevolg kon he?

Niel

applous aan die kontrakteurs wat op die sinkgat afgekom het. Bly dit was gevind voor daar ernstige beserings was ens. op ‘n ligte noot… wonder of daar interresante dinge onder in die sinkgat is. Ek het so ‘n maand of 3 gelede op ‘n interresante artikel gelees van ‘n Missouri magnate, Johnny Morris wat ‘n grot-stelsel in ‘n sinkgat opgespoor het op sy golfbane. “Johnny Morris, 68, found the network of caves underneath his golf course” So met al die onlangse artikels oor wieg van die mensdom se nuutste vondse… wie weet… dalk is hierdie sinkgat ‘n belangrike hoogtepunt in… Lees meer »