Chery waarsku eienaars teen slenters

(Foto: Chery)

Die Chinese vervaardiger Chery het eienaars van sy voertuie gewaarsku oor bedrieglike slenters waardeur Chery-eienaars geteiken word.

Volgens die vervaardiger is hy bewus van mense wat hulle as Chery-personeel voordoen en Chery-eienaars kontak om bykomende “dienste” en/of “voordele” aan hulle te verskaf. Een van die slenters behels dat ʼn persoon wat hom as ʼn Chery-personeellid voordoen ʼn Chery-eienaar kontak en aanbied om na sy of haar huis te kom om sagteware vir die motor af te laai om sekere dienste te aktiveer.

“Chery-eienaars wat die slagoffers hiervan is, se voertuie word gesteel of hulle ly ʼn finansiële verlies, of hulle is die slagoffer van identiteitsdiefstal of ander ernstige gevolge.”

Chery het benadruk dat dié soort kommunikasie beslis nie van hom af kom nie en dat hy dit dringend onder sy klante se aandag wil bring.

Chery sê daar is geen sagteware wat klante in hul eie hoedanigheid kan aflaai nie en dat daar ook nie enige gemagtigde derde party is wat toegelaat word om enige opknappings aan ʼn Chery-voertuig te doen nie.

“Enige bywerkings wat beskikbaar is of benodig word, kan slegs deur ʼn Chery-goedgekeurde handelaar gedoen word. Indien klante enige oproep van sodanige aard ontvang, moet hulle asseblief nie van die aanbod gebruik maak of verder daaroor in gesprek tree nie.

“Kontak gerus jou naaste handelaar wat jou sal kan inlig of enige sagteware-bywerkings vir jou voertuig beskikbaar is, wat gewoonlik gedoen word wanneer jou voertuig versien word volgens gewone diensprosedures.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wielspore ·

Net gister ontvang ek hierdie verneukspul e-pos:
Congratulations!!! Your EMAIL has won you R1,000,000.00 in South Africa Volkswagen 2023 promo. for Payment contact Tamara Albert on 0693163212 or Email: [email protected]

Mario ·

Gaan regs kliek op die epos en blok die stuurder as gemors pos(Junk mail).

Koos 100 ·

Jou eerste leidraad is die epos adres. Tweede is dat jou naam nie genoem word nie. Derde is die feit dat dit ‘n selfoon nommer is. Vierde is dat jy moet bel.

Sandra ·

ek het eenkeer gebel en toe sê ek hy kan maar die geld h ou, ek het genoeg, nooit weer gehoor nie

Misky ·

Daai “agente” moet inligting van erens af kry en hoe weet hulle jy het ‘n Chery voertuig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.