Coligny-twee: Onskuldigbevinding in die appèlhof verwelkom

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die VF Plus verwelkom die appèlhof-uitspraak in Bloemfontein vandag waarin Pieter Doorewaard en Phillip Schutte onskuldig bevind is aan die moordklagte teen hulle.

“Hierdie saak was van die begin af in omstredenheid gehul weens die gebrekkige getuienis wat die staat aanvanklik voor die hof gebring het,” sê Fanie du Toit, VF Plus-LP en onderleier van die party in Noordwes.

“Die staat se hoofgetuie het homself deurlopend weerspreek en kritieke inligting wat deur die verdediging in die hof geopper is, is skynbaar nie tydens hul aanvanklike verhoor na behore in ag geneem nie. Die feit dat hierdie twee jong mans en hul families vir drie jaar ongekende trauma en ontwrigting moes deurstaan, is skreiend.”

Du Toit sê hierdie uitspraak skep nou die geleentheid dat ware geregtigheid kan geskied, en dat diegene wat verantwoordelik was vir hierdie skending van Doorewaard en Schutte se menseregte sowel as die geloofwaardigheid van Suid Afrika se regstelsel, strafregtelik en siviel tot verantwoording geroep kan word.

Maroela Media het vroeër berig Schutte en Doorewaard is Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein onskuldig bevind op al die aanklagte teen hulle. Regter Ronnie Hendricks het die mans in Maart vanjaar skuldig bevind aan die moord op die tiener Matlhomola Mosweu. Hulle het daarna spesiale verlof gekry om direk by die appèlhof in Bloemfontein te appelleer teen hul skuldigbevinding.

Die mans se regspan, onder leiding van adv. Barry Roux, het die appèlhof suksesvol versoek om verlof tot appèl te kry nadat die hooggeregshof in Mmabatho in Maart vanjaar geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

Die burgerregtegroep AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te finansier nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte die tiener vermoor.

Die twee mans is in Oktober 2018 skuldig bevind aan die moord op Mosweu op 20 April 2017 in die Scotland‑ informele nedersetting net buite Coligny. Die hof het beslis die twee mans het Mosweu van ʼn bewegende bakkie af gegooi nadat hulle hom gevang het dat hy sonneblomkoppe ter waarde van R80 gesteel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

pestilensie ·

Skokkend , hierdie regsaak was n duidelike bewys van onbevoegde regter s wat met naakte rassisme hulle skuldbevindings gelewer het .Alle blankes behoort te weier om voor hierdie regter verhoor te word

Stefan ·

Ongeveer 1 jaar onskuldig in die tronk, kan nou seker ‘n lekker eis instel teen die staat, as daar nog geld is tenmindste.

Hannes ·

Patetiese Regter. Hoop werklik Adv Roux laat die Staat betaal vir die onreg wat die twee jong manne en hul families aan gedoen is. Voorspoed vorentoe manne!

Cornelius ·

Uitstekende nuus vir die twee mans. Ek hoop hulle gaan die staat finansieël verantwoordelik hou vir die hel waardeur hulle gestuur is.

Magda G ·

Dagvaar die “ooggetuie” asook die Stast. Watter hel moes die 2 mans nie deurgegaan het avgv leuens nie? Hulle arme families het ook deurgeloop.

Anton J ·

Hiermee vind ons die regter skuldig aan onbevoegdheid en deelname aan rassisme. Hy word gevonnis tot direkte gevangenis straf van 25 jaar. Oeps ek het nou wakker geskrik en besef is net n droom. Vir hierdie twee manne en hulle familie sal dit n nag riller bly vir altyd! Met of sonder vergoeding. Ek wil nie eers dink hoe dit moes voel vir hulle nie. Daardie vrese en angs.

Pietertjie ·

En ons samelewing gaan naderhand met duisende sulke sake opgesaal sit, waar leuens en vals beskuldigings aan die orde van die dag is.

Pieter J ·

Stadig maar seker verskyn daar al hoe meer krake in ons regspleging wat ń mens laat wonder waar gaan dit eindig.

Hennie ·

Bewys van die onbeholpenheid van die regstelsels in SA. Hoe hierdie 2 here skuldig bevind is aan enige oortreding is verbysterend. Hoop hulle kan vergoed word vir hulle trauma, en dat dié wat die wet oortree het in die tronk sal beland.

Casper ·

Die staat het hulle blind gestaar teen die teenstrydighede van die enigste getuie en die mans skuldig bevind aan moord.Regter Hendricks het hulle appèl van die hand gewys.Sy uitsoraak was duidelik nie op geregtigheid geskoei nie.Iemand moet betaal vir die pyn en lyding wat hierdie mans en hulle families moes deurmaak.Wat van die betogers wat eiendom van onskuldig mense beskadig het.

Casper ·

Weereens ‘n duidelik bewys van dubbele standaarde soos in die geval van die doodskis saak in Middelburg.

christo ·

Behoort hierdie regter nie aangekla te word oor sy onbevoegdheid nie, of is hy maar net nog ‘n staatsamptenaar wat onbevoeg is vir sy taak?

Swerkater ·

Alle eer aan ons Vader. Pieta nou kan jy en Phillip dit agter julle sit (so bes moontlik) en aangaan met jul lewens. Ons het mos gese die waarheid sal uitkom ❤️

Jakes ·

Wat n skande dat n regter so n blatante en opsetlike fout begaan het. Wat impliseer dit rondom SA se regstelsel? Daar moet sterk noorweeg word om n siviele eis teen die regter aanhangig te maak.

Casper ·

Baie bly hulle is in die hoogste hof van Appel onskuldig bevind.Dit beteken hulle kan nie weer op die klagtes teen hulle skuldig bevind word nie.Nou wil ek net weet as hulle onskuldig is aan onder ander moord het die tiener van die bakkie afgespring soos hulle getuig het.

Jessica ·

Niks sal die trauma kan verbeter nie. Weereens net n bewys dat onbevoegde mense hul magposisies misbruik en ook rassistiese gedrag openbaar. Sterkte aan die families wat hul lewens weer bymekaar moet skraap.

Jessica ·

Die regter moet geskrap word en die oorledene se pa het so baie soaiale platvorms gehad om gal te braak… ek hoop die twee manne kry ook genoegsame media om die wêreld te wys van hul onskuld. Deesdae kry misdadigers, moordenaars en kriminele baie aandag in die nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.