Corrie Pretorius pleit skuldig

Corrie Pretorius Vrydag in die hof. (Foto: Verskaf)

Die hof in Groblersdal het Corrie Pretorius Vrydag skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit volg nadat Pretorius dieselfde dag nog skuldig gepleit het op die aanklag teen hom.

Pretorius se regsverteenwoordiger het vroeër reeds aangedui dat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat wou aangaan, maar dat dié nie te vinde was daarvoor nie.

Hy is aanvanklik ook aangekla van die rig van ʼn vuurwapen, maar volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in Limpopo het die staat dié klag teruggetrek aangesien daar nie voldoende bewyse was om hom daaraan skuldig te bevind nie.

Pretorius is strafregtelik vervolg nadat hy en ʼn tienerseun (16) in Junie vanjaar in ʼn stryery by ʼn kitskosrestaurant op Groblersdal betrokke geraak het. ʼn Video van die voorval is destyds wyd op sosiale media gedeel.

Die saak is uitgestel tot 2 Desember vir die indien van voor-vonnisverslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trotse Boervrou ·

So wat is die gevolge vir die 16-jarige? Corrie Pretorius het nie sommer net uit die bloute na hom geloop en hom geskop of klap of wat hy ookal gedoen het nie. Hoop van harte Corrie kry net opgeskorte vonnis.

Delia ·

En wat die manne wat moord pleeg en n ooreenkoms met staat aangaan

Tanniepetoors ·

Eintlik hoort die onbeskofte tiener in die beskuldigdebank

Ruby ·

Dit is ‘n baie gevaarlike boodskap vir vandag se jongmense…doen wat jy wil en kry jy pakslae word die ander persoon aangekla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.