Covid-19: 24 toets positief by Dis-Chem in Boksburg

Argieffoto

Altesaam 24 personeellede van ’n Dis-Chem-apteek in die noorde van Boksburg aan die Oos-Rand het positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak.

Lizeth Kruger, nasionale kliniekbestuurder van Dis-Chem, het Saterdag in ’n verklaring gesê een personeellid het aanvanklik positief getoets vir Covid-19 waarna die betrokke apteek tydelik gesluit is sodat die gebou ontsmet kon word.

Volgens Kruger het die bestuur van Dis-Chem egter Dinsdag besluit om al die personeellede  van dié apteek vir Covid-19 te laat toets. Personeellede wat in dié stadium reeds simptome van die virus getoon het, is dadelik in selfisolasie geplaas.

Twee personeellede het toe positief getoets hoewel hulle geen simptome getoon het nie. Albei is in kwarantyn geplaas.

Volgens Kruger is al die personeellede Donderdag wéér vir Covid-19 getoets waarna 20 personeellede se toetsuitslae positief teruggekom het. Nie een van dié pasiënte toon simptome van die virus nie. Hulle is ook intussen in kwarantyn geplaas, verduidelik Kruger.

Die betrokke apteek het intussen Vrydag weer ná ʼn deeglike ontsmetting oopgemaak met nuwe personeel wat nou klante sal bystaan terwyl die ander personeellede aansterk.

Die nodige maatreëls is reeds by die apteek ingestel.

“Hierdie diagnoses beklemtoon hoe aggressief dié koronavirus toeslaan en ons doen ʼn ernstige beroep op alle klante om sosiale afstand en die nodige higiëniese maatreëls toe te pas,” het Kruger gesê.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DieKriek ·

Hoe ontsmet mens n apteek met allerhande produkte? Die 20 wat getoets is, toon nie simptome nie. Ek neem aan die personeel het hulle afstand gehou, hande ontsmet en maskers gedra. Wie weet hoeveel klante is blootgestel? Ek is bevrees daar is nie juis keer aan hierdie ding nie.

Anon ·

Personeel by Dis-Chem hier naby my moet in opdrag van hulle hoofkantoor en CEO vir hulle maskers betaal. Teen ‘n absoluut skandelike bedrag van R50 per masker kan meeste dit nie bekostig nie. Mens sal dink dat juis ‘n apteek groep sorg sal neem en besin oor die nagevolge van so iets. Sterkte aan al die personeel!

Dirk ·

Dit is teenstrydig met die OHSA. Die werkgewer is wetlik verplig om, sover redelik uitvoerbaar, ʼn veilige en gesonde werkomgewing te handhaaf. Dit sluit PPE in as laaste uitweg. Verder maak dié wetgewing dit duidelik dat personeel nie verantwoordelik gehou mag word vir sulke kostes nie.

Gerhard ·

Ek weet nie of julle die hele artikel wat in News24 verskyn het mooi gelees het mie. Me Kruger het genoem dat die feit dat 20 gevalle positief getoets is (noem dit maar die hele Dischem “dorpie”), ‘n aanduiding is van die virus se ontsettende virulensie. Met my netelige mesdiese kennis is dit juis die teenoorgestelde. As byna die “hele dorpie” positief getoets het, MET GEEN SIMPTOME, dan is dit juis ‘n aanduiding van die swak virulensie van die virus. Die definisie van virulensie is : die mate van skade wat die patogeen aan sy “host” veroorsaak. As die berig waar is en die getalle is waar, en die afwesigheid van simptome is waar….mense dan is dit besig om al hoe duideliker te word dat die virus nie naastenby so gevaarlik is soos voorspel is nie. Dan is dit dalk regtig nodig om deur ‘n nuwe bril na die pandemonium te kyk? Studies bewys vir elke 1% val in GBP, sal 100 000 mense as gevolg daarvan sterf. Feit, nie fiksie. Ons val word statisties tussen 7-10% beraam….

Annelie ·

Sjoe Gerhard… kom ons kyk maar weer na jou bevinding, indien een van jou naasbestaandes die virus onder lede het en moet veg vir suurstof agv longe wat platval in ICU

Elsa ·

Uiteindelik iemand wat my standpunt insien.
Meer as 100 000 mense getoets, 3000 positief
3000 uit n populasie van 56miljoen?
Het enige iemand al gehoor dat mense aan enige iets ander oorlede is as hierdie virus? TB, HIV, hartaanval, kanker,?
Dis nie te sê as iemand die virus onder lede gehad het met afsterwe, die persoon is daar aan oorlede nie. Dis presies wat met feitlik al die “virus sterftes” gebeur het.

Sharnelle ·

Presies my punt ook. Lyk my as iemand aan n hartaanval sterwe of 20 mense op die pad sterwe word dit lyk my as COVID-19 aangeteken. Dit word nie aangeteken vir die werklike oorsaak waaraan die mense oorlede is nie, dit word sommer by die getal geplaas net om dit meer te maak. Maar ja, baie sien dalk nie ons siening in nie.

Ruan ·

Dit is geldige redenasie, maar jy het die gevolge van so ‘n virus vergeet, met betrekking tot die gevolge wat so ‘n virale siekte op die reeds immunogekompromitteerde mense mag hê. Mense met asma, diabetes, hartsiektes ens. Sommige individue kan asimptomaties wees, maar hulle dra steeds die siekte en verhoog die infeksiekoers, en plaas die kleiner minderheid risiko-individue se lewens in gevaar. Dít is juis wat almal probeer verhoed. Maak nie saak hoe viraal die virus mag wees nie, jy kan nie lemoene met appels vergelyk as dit kom by die oorlewing van die kleiner porsie mense wie se lewens in gevaar kan geplaas word nie.

Sharnelle ·

Daar was n vrou, nie seker van watter land nie, wat net vir n doktersondersoek moes gaan. Die dr het haar nie eers ondersoek nie niks en het op die omdersoek papier COVID-19 geskryf, maar sy het dit nie eers onder lede nie. Syt dit verder gevat en oorals op social media geplaas en dit wat selfs op nuus kanale ook gewees. Tot sy het genoem hoeveel ander word dan ook verkeerd getoets, want as jy n hartaanval gehad het dan word dit as COVID-19 aangeteken of n iemand in n motorongeluk sterf word daai persoon/persone as COVID-19 aangeteken. Ek self het lankal begin wonder oor hierdie getalle.

Ek sal seker weer duime af kry, maar ja, dalk sien baie nie regtig raak wat ander al 1 en 1 bymekaar begin sit nie.

Erich ·

Hier by Dischem in Witrivier loop al die personeel sonder maskers en handskoene terwyl ons as klante dit wel dra – wel sekeres – ongeveer 30 persent van die kliente

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.