Covid-19: Meer word gesond as wat positief toets

Dr. Onnica Khobo Mpe, ’n narkotiseur by Steve Biko, word teen Covid-19 ingeënt. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Hoewel nog sowat 1 500 mense in Suid-Afrika sedert Donderdag positief getoets het vir Covid-19, het die aantal aktiewe gevalle in Suid-Afrika van 21 042 tot 20 912 afgeneem. Dit beteken mense word vinniger gesond as wat nuwe gevalle aangeteken word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het laat Vrydag gesê 1 516 nuwe Covid-19-gevalle is aangeteken. Sowat 95% van Covid-19-pasiënte herstel ook steeds. Altesaam 67 nuwe sterftes is wel aangemeld, wat die totale sterftes op 52 602 te staan bring. Die meeste sterftes is in Gauteng aangeteken (23), gevolg deur Limpopo (17).

In die Noord-Kaap is een nuwe sterfte aangeteken en 159 mense het positief getoets. Kommer heers tans oor die ongewone styging in getalle in die Noord-Kaap, maar kenners het Vrydag aan Maroela Media gesê dit is niks vreemds nie, aangesien dié provinsie nou eers die gevolge van die tweede golf van die pandemie beleef.

Intussen is 10 873 gesondheidswerkers in die afgelope 24 uur ingeënt. Dit is minder as die helfte van die 25 872 wat die vorige dag ingeënt is. Maroela Media het Donderdag berig dat Suid-Afrikaners heeltemal te stadig ingeënt word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dirk Mostert ·

Nou wanneer word die ramptoestand opgehef? Ek dink die kudde is reeds immuun.

Francois Le Cochon ·

Hennie, terwyl jy weg was, het ‘n virus genaamd Covid-19 die wereld getref aan die einde van 2019. Hierdie virus het die wereld tot stilstand geruk, en die wereld ekonomie verwoes. Tot op hede het hierdie virus ongeveer 3 miljoen sterftes veroorsaak. Die wereld se media het die mensdom konstant ingelig gehou oor hierdie virus, en doen dit nogsteeds, so ook MM.

Thom ·

En om jou verder perspektief te gee ; daar is die afgelope 15 maande elke 13 sekondes ‘n persoon dood aan die ou virussie wat die volstruistaktiek-aanhangers so wegpraat .

Vlooitjie ·

Dit beteken mense word vinniger gesond as wat nuwe gevalle aangeteken word….. Lees dit weer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.