Covid-19: ‘Ongewoon’ van SA om afsondering te lig – Mkhize

Onderwysers word getoets vir Covid-19 by The Settlers High School in Bellville (Foto: Courtney Africa, ANA)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê dit is “ongewoon” dat afsonderingsregulasies in Suid-Afrika verslap word terwyl die aantal Covid-19-gevalle hier met rasse skrede toeneem.

“Suid-Afrika is in ʼn unieke posisie, maar het geen ander keuse as om die afsondering te lig nie weens hoë vlakke van hongersnood, armoede en ekonomiese nood waarin die land hom bevind,” het Mkhize Dinsdag aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê. Hy het gesê die volgende uitdaging sal wees om die toename in gevalle te hanteer wat noodwendig sal voorkom wanneer al meer mense terugkeer werk toe.

Suid-Afrika het Maandag 23 615 Covid-19-gevalle in totaal aangemeld, met 481 mense wat reeds hieraan gesterf het. Gevalle neem daagliks met tussen 900 en 1 200 nuwe infeksies toe. Mkhize het gesê dit is nodig om die infeksies na te spoor sodat dit nie onmiddellik onbeheersd toeneem nie.

Met verwysing na die hoë getal Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap het Mkhize gesê dit is ʼn “mite” dat dié provinsie die meeste gevalle het omdat hulle meer mense toets. Dié provinsie het teen Maandag 15 396 Covid-19-gvalle (65% van gevalle landswyd) aangemeld.

Maroela Media het die naweek berig dat die Wes-Kaap meer toetse per kapita doen en dat dié toetse ook baie meer gefokus is as in ander provinsies. Dié faktore kan ʼn invloed op die Wes-Kaap se hoë infeksiekoers hê, meen kenners. Maar Mkhize stem nie saam nie. “Dit het niks te doen met toetsing nie. Die Wes-Kaap se swakpunt lê eerder daarin dat hulle nie die kontakte van besmette pasiënte behoorlik nagespoor het nie. As ons nie die situasie in die Wes-Kaap inperk nie, kan ander provinsies binnekort net soveel gevalle as die Wes-Kaap hê,” sê Mkhize. Hy sê kundiges is reeds ontplooi om dié mense op te spoor wat moontlik die virus onder lede kan hê. “Dié mense sal geïsoleer word, indien nodig in staatsfasiliteite, in ʼn poging om te keer dat hospitale oorval word met nuwe gevalle,” sê hy.

Hy het egter toegegee dat ʼn tekort aan diagnostiese toestelle kan meebring dat mense in isolasie geplaas word sonder om eers getoets te word indien vermoed word dat hulle Covid-19 onder lede het. “Indien nodig, sal ons bepaalde wyke of kleiner gebiede binne munisipaliteite onder hoër vlakke van afsondering plaas om die verspreiding van die virus te bekamp,” sê Mkhize. Die hele land sal na verwagting op 1 Junie na vlak 3-afsondering skuif.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jan ·

Weer kan ek se . Het hulle meer rdp gebou was hulle mense veilig.. Hoop ons kan hulle vervolg vir die dode getal

Sharnelle ·

Jou gat Mkhize. Niks is te lig nie. Dalk moet julle die COVID-19 statistieke nagaan en natuurlike oorsake van dood en pad ongelukke gaan aftrek. Ek kan jou waarborg die getalle gaan by verre minder wees op die Covid-19 statistiek. Ons is gatvol vir julle magsbeheer en reels. Ons is nie kinders nie.

Boortor ·

Lieg. Dis al wat hulle nou kan doen. Die waarheid sal hulle vernietig as dit nou moet uitkom. Hoekom sit julle nie die hele land terug op vlak 5 nie? Dit is tog wat julle eintlik wil he! Jy werk hier met volwasse mense en ons het breins! BHA!!!

Willem ·

Sien op news 24 die nar se die Wes Kaap het die verkeerde mense getoets daarom is hul syfers so hoog. Ander prov blykbaar regte roete gevolg

Willem ·

Hulle kan Des v Rooyen minister van gesondheid maak want dan verstaan ons waar al die gegewens vandaan kom. en lag dit af

donsie ·

wanner kom die 20000 toetse wat in gauteng gedoen is se uitslae dan? of hoekom het hulle dan die mense onnodig getoets en die staat se geld gemors
Ekk wonder regtig of die ander provinsies werklik ook toets en hulle regte syfers deurgee?

Karlahari ·

Ek kan glo die Wes Kaap doen dalk meer toetse.
Maar verduidelik dan vir my hoekom hulle sterfte syfer so hoog is? Oor hulle meer toetse doen?

Aanvaar dat die WesKaap die huidige brandpunt is. Gaan kyk watter gebiede in die Wes Kaap ge identifiseer is. Dan begin jy worry. Hoe gaan NoordWes en Lesufi se Gauteng vaar as die pandemie eers vas trap plek daar kry….ons praat weer oor 2 weke….

Lorette ·

Miskien moet hulle die ouderdom van die sterftes bekend maak. Onthou, ons weet wanneer die liegbek Chinese Covid bevestig het, maar hulle het al in November 2019 hul eerste gevalle gehad. As hulle dit dadelik bekend gemaak het, was vliegtuie se passasiers dalk dadelik getoets, maar nee, toe moet hulle mos eers inligting vir hulself hou.

Kokerboom ·

Die ANC SAL ontken dat dit beter gaan in Weskaap..dit word nie deur hul beheer. Ek se weer: Neem die LP’s en kabinet se salarisse tydens inperk periode weg en plaas hul op gelyke voet met man in straat wat bitter swaarkry agv die kaders se sinnelose besluite en uitsprake met GEEN (behalwe politieke retoriek vir politieke gewin) emosie vir welsyn van landsburgers.EN: nogsteeds sal massas vir hul stem!Ek prober die onlogika nie meer verstaan

Alleen Wolf ·

Stem Danie, dit gaan meeste van ons se verstand al lankal te bowe hoe hulle aan bewind bly.

Alleen Wolf ·

As hulle om mee te begin nie ge-oorreageer het nie sou hulle dalk kon uitvind dat ander lande se “Lockdowns” nie so suksesvol was nie en dat Swede inderdaad die enigste land was wat hierdie pandemie reg hanteer het.
Nou het hulle KLAAR die ekonomie verwoes, niks bereik in die voorkoming van sterftes nie en hulle maatreels gaan ook nie ‘n verskil maak in tyd om te kom nie.
Die vloedgolf in SA is nou eers aan die kom, klomp dwase.

Dirk Mostert ·

Ek het die wereldwye covid-statistiek op TV gevolg. Dit lyk nie vir my of die lockdowns in enige land enige uitwerking op infeksies en sterftes het nie. Dit was ‘n futiele en duur oefening en moes m.I. nooit plaasgevind het nie. Daar is baie literatuur op Internet wat die betroubaarheid van die opgediste statistiek sowel as die toetse verdag maak. Die VSA se 100 000 covid-sterftes moet gesien word teen die agtergrond van 2,8 miljoen totale sterftes per jaar. Die wereldbevolking van 7,800 miljoen impliseer minstens 100 miljoen sterftes per jaar indien die gemiddelde lewensverwagting 100 jaar is (in werklikheid 70-75 jaar). Daarteen is totale covid-sterftes (vir wat die statistieke werd is) nog nie naby 1 miljoen nie, ‘n druppel in die emmer.

Sonneblomkind ·

Ja daar word elke jaar beloftes van RDP huise gemaak en niks kom davan nie en die mense stem vir hulle nogsteeds….hoe dom kan jy wees

Jack ·

Die wes kaap is oorstroom met plakkers wat soontoe aangery word deur die anc. Maar dit kry die kaapse regering nie onder nie. Dis die beste bestuurde provinsie in afrika en daarom sal die anc volhard met hul aanvalle wat ongegrond is. Hulle vergeet dat die stembus bepaal wie regeer en ons sal sien wanneer dit weer tyd is. Hoe meer effektief die kaap is met bestuur ook met covid 19 hoe meer irrasioneel die optrede van die staat. Mens sou sweer dit is vyande of is dit dalk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.