Covid-19-statistieke: Meer as 17 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 2 408 500 bevestigde Covid-19-gevalle met 17 351 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdagaand bevestig dat 2 408 525 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 24,4%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (5 204) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (4 667) en KwaZulu-Natal (1 975). Die totale aktiewe gevalle is 150 629.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 70 908 nadat nog 520 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 186 988 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 14 694 978 toetse vir Covid-19 gedoen, 71 061 sedert die vorige verslag.

‘n Totaal van 7 065 432 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap946225 654
Vrystaat655127 582
Gauteng5 204852 202
KwaZulu-Natal1 975389 440
Limpopo955109 707
Mpumalanga1 248122 242
Noordwes1 278125 972
Noord-Kaap42366 052
Wes-Kaap4 667389 674
Totaal17 3512 408 525

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap12 711206 239
Vrystaat5 679109 675
Gauteng16 679802 812
KwaZulu-Natal11 478354 605
Limpopo3 27498 498
Mpumalanga1 681113 263
Noordwes2 88198 837
Noord-Kaap1 72459 797
Wes-Kaap14 801343 262
Totaal70 9082 186 988

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Barbara ·

Wat verwag hul natuurlik gaan die syfers styg na die onluste.

Aai ·

Niks met onluste te doen dit vat 3-5 dae om aan te steek onluste al 12 dae terug die staat het nou eers begin toets en hulle syfers is agter.Het C19 gehad staat het eers op dag 6 gebel om te hoor wie het C19 en my vrou nooit eers gebel wat gehad het.

jou gewete ·

na 3 dae? Jy is seker maar net teen drank, ek is seker jy het n goeie rede daarvoor maar bly net realisties asseblief.

Belinda ·

Wat ek nie kan verstaan, die getalle tel op maar ons geliewe president verslap die reels vir vlak 4 lockdown? natuurlik gaan dit weer optel. Hy moes nogsteeds dit streng gehou het. Mens kan die verskil in getalle sien wanneer strenger reels toegepas word.
Wat nie sin maak nie is, jy moet bv by n resturant in gaan met jou masker maar sodra jy aan tafel sit is die maskers af? Dit maak geen sin hoekom mens dan in die eerste plek n masker moet dra om by n eetplek of so in te gaan nie.
Het julle al gesien hoe kinders na skool buite drom en dit sonder maskers? Skole moet beter na-skool reelings he vir diegene wat altyd so buite skool gronde rondhang, want eks seker dis hoe die skole ook so besmet word met die virus want kinders dink (veral hoerskool kinders) omdat dit hul vriende is, hulle is veilig en sal nie aangesteek word nie. Dis seker hoekom die syfers gedaal het in die eerste plek, want dit was skool vakansie en die kinders kan nie saam met mekaar “rondhang”nie.

Hendrik Marthinus ·

Agree Belinda
En skole nou oopgemaak so die getalle gaan styg.
Hy moes gewag het vir nog n Paar weke, maar ons maroela Kaders en die SAB het soveel druk op hom gesit.
Wat help al die harde werk nou, hy moes wag tot ten minste 20 miljoen inentings
Wat se die SAB karakters nou, nou is Hulle happy maar onskuldiges sterf en dit vir drank

Aai ·

Dit gaan nie net oor drank onthou mense verloor hulle werk en pleeg selfmoord moet nie dit vergeet ons gaan net moet leer lewe met die virus maak nie saak wat jy maak mense gaan doodgaan.

Aai ·

Ekonomie hy het nie ‘n keuse ons almal gaan dit kry of jy nou wil of nie ons gaan saam met dit moet lewe kan nie anderste.

SwartBees ·

Ek stem saam met jou Belinda 100%.

Wat die drank bedryf betref voel ek hulle kerm onnodig. Wat ookal hulle verloor het in die tydperk wat hulle gesluit was is binne maandag en dinsdag weer opgemaak.

jou gewete ·

SwartBees jou stelling werk ongelukkig nie in besigheid nie, ek is 26 jaar in besigheid my vriend, wat jy verloor het is vir ewig weg, jy maak nooit op nie. miskien moet alle drankhaters bietjie self ondersoek doen. Drank is nie die vark in die vehaal nie, dis die mens wat dit misbruik wat die vark in die verhaal is. hoekom wil julle alles en almal wat met drank te doen het straf oor mense hulle nie self kan beheer nie.

Jakez ·

Verduidelik asb. hoe maak ‘n mens 4 weke se verliese op in 2 dae?

Karen ·

In my mening, die syfers gaan op en af soos hulle dit wil hê, nog nooit was dit akuraat nie en as julle glo mense het ophou drink, wel dan lewe julle in ñ droom werêld.

Cryptogruppe ·

O wee , weer die maskers. Sit een op, blaas rook daardeur en sien self die masker stuit niks. Die masker sal druppels keer en dis al. die liggaam raak van kieme ontslae deur die openinge- ook die mond en neus. die masker vang die kieme vas en so word jou masker ‘n bakteriele broeines- wat jy maar net weer inasem. Dink krities. En skakel jou TV af.

Nicolaas ·

Persoonlik dink ek nie die persone wat hulleself besuip op ‘n Maandag of Dinsdag sal die moeite doen om te gaan toets nie. So nie drank nie.

Hendrik Marthinus ·

Hoor wat jy se
Onthou drank se invloed, dronkie loop rond, soos jy se hy Bly drink so toets nie.
Hy gaan winkels etc toe en versprei die virus.
Hy kuier by chommies en drink verder, deel glase etc
Jammer om te se, drank nr 1 verspreider van covid in SA
Dit word bewys as Ramaphosa dit sluit Kom getalle af, en ja as onwettige verkoop ook gestop het het ons al pandemie gewen

johan ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat hulle die Taverns en shebeens oop maak elke dag van die week,maar die drankwinkels moet donderdag toe maak. Ek dink dit is beter om jou bottel te gaan koop en dan by die huis te gaan drink. Is dit nie die saam kuier wat die probleem is nie? Sal graag van ander wil hoor waat hul mening is.

Anoniem ·

Die getalle tel op maar eersgister is daar gesê die 3de vlaag se piek is bereik en daar is beduidend minder gevalle aangemeld. Enige regdenkende mens weet mos dit is snert. Volgende gaan die drank seker weer die skuld kry vir die styging. Miskien moet hul begin om ‘n gesigmasker met ‘n gaatjie in die middel vir jou mond saam met elke bottel drank te verkoop dan kan die mense ‘n strooitjie gebruik, en nie die masker afhaal nie.

Cryptogruppe ·

Onthou om jou ervaring hier neer te pen vir ons as jy eendag aan die ontvangskant van die virus was.

Esme ·

Die vraag wat in my kop draai – ‘Was die gevolg van al die skade aan Durban en Gauteng nie positiewe Covid Gevalle nie?’
Die drankbedryf moes open want die land kan nie verdere werksverliese bekostig nie, maar daar was baie min maskers en sosiale afstand tussen die winkel besetters, individue wat brande gestig het en ek was die styging in gevalle te wagte.
As jy onheil saai, kan jy Covid oes!

Cryptogruppe ·

Gaan jy ‘n masker dra wanneer jy betoog en oproer maak- ek dink nie so nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.