Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 4 100 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 594 499 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 10,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (29%) en die Wes-Kaap (15%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (13%). Die algehele aktiewe gevalle is 67 019.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 94 651 nadat nog 160 sterftes aangemeld is, waarvan 34 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 432 829 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 159 247 toetse vir Covid-19 gedoen, 38 912 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 152 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 5 886 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 29,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap1741 832
Vrystaat2004 757
Gauteng1 1708 272
KwaZulu-Natal55029 574
Limpopo4843 195
Mpumalanga5072 488
Noordwes3175 016
Noord-Kaap786 036
Wes-Kaap6205 849
Totaal4 10067 019

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 241322 400
Vrystaat7 393183 917
Gauteng20 4171 135 993
KwaZulu-Natal15 752596 109
Limpopo4 254142 069
Mpumalanga2 142179 176
Noordwes4 475175 829
Noord-Kaap2 51298 183
Wes-Kaap21 465599 153
Totaal94 6513 594 499

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacob ·

Omicron het klaar muteer van BA.1 na BA.2 en dit wil voorkom of BA.2 etlike kere meer aansteeklik maar baie minder ernstig as BA.1 is. Dit wil ook voorkom asof BA.2, entstowwe baie makliker gaan omseil, maar entstowwe is basies reeds nutteloos teen die Omicron BA.1 variant. Bv, sowat 76% van die Franse is ten volle inge-ent maar het amper 400 000 nuwe gevalle die afgelope 24 uur en ‘n 20% toename in sterftes oor die afgelope week, aangeteken.

In Uganda waar 4.2% van die bevolking twee dosisse entstof gehad het, is nuwe gevalle vir die afgelope 24 uur slegs 285, sterftes 8 en daar is ‘n afname van 26% sterftes oor die afgelope week. Wil ons ‘n Frankryk of Uganda Covid 19 geval wees?

Selfs die CDC in die VSA het nou erken dat natuurlike immuniteit die beste weerstand teen Covid 19 bied, so laat die wat elke paar maande wil gaan vir ‘n jab, dit gerus doen, maar niemand het die reg om lekkende Covid 19 entstowwe op enige persoon nie af te dwing nie.

VaalDonkie ·

Die aantal covid gevalle in die hospitale kom mooi af. Mens moet onthou daar is omtrent 700 hospitale wat mense vir covid behandel. So daar is ‘n gemiddeld van 10 covid pasiente in elk. En dis nie net ICU nie, dis enige ou wat met covid opgedaag het. Dis goeie nuus.

PieterJ ·

Ek kannie glo mense stel nog hierin belang terwyl die hele land al hoe vinniger agteruitgaan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.