Covid-19-samevatting: Motsepe-familie skenk R1 miljard

Patrice Motsepe (Foto: forbes.com)

Die mynmagnaat Patrice Motsepe en sy familie het in samewerking met verskeie maatskappye en organisasies R1 miljard geskenk te midde van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. Die geld word deur die Motsepe-stigting bewillig.

Die maatskappye en organisasies sluit in die Motsepe-stigting, Sanlam, African Rainbow Capital en African Rainbow Minerals.

Luidens ’n verklaring sal die geld onder meer gebruik word om nié net handreinigingsmiddels, ontsmettingsmiddels en toerusting aan te koop nie, maar ook water aan landelike en stedelike gebiede te verskaf deur die oprig van watertenks en die boor van boorgate.

Leiers laat hulle toets vir Covid-19

Bantu Holomisa, die leier van die UDM, is Saterdag vir Covid-19 getoets. Holomisa het op sosiale media gesê hy het besluit om hom te laat toets in die lig van eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, se toetsuitslae. Meshoe is positief vir Covid-19 getoets nadat hy vroeër vandeesmaand ʼn kerkbyeenkoms in Bloemfontein bygewoon het.

Holomisa het sedertdien kontak met Meshoe gehad. Die UDM-leier het gesê hy sal nou in selfisolasie wees totdat hy sy toetsuitslae ontvang.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het hom ook vir Covid-19 laat toets nadat hy gedurende ʼn vergadering met Meshoe in aanraking was.

Pres. Donald Trump. Foto: (Doug Mills/The New York Times via AP, Pool)

Trump onderteken hulpfonds van triljoene

Die Amerikaanse president Donald Trump het Saterdag ’n hulpfonds van 2 triljoen Amerikaanse dollar onderteken om Amerikaners gedurende die Covid-19-pandemie by te staan.

Trump het gesê die hulpfonds sal onmiddellike verligting vir Amerikaners bring.

SkyNews berig die hulpfonds is onderteken nadat die goewerneur van New York ’n dringende beroep gedoen het dat duisende hospitaalbeddens vir pasiënte met koronavirus verskaf word. Andrew Cuomo waarsku dat die situasie “weke en weke en weke” lank gaan duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael 1 ·

Die miljardêr bly nou almal in Australië, of Israel hoekom sal hulle geld wil gee?

MakersMark ·

Vra sommer vir Malema en Floyd waar is die VBS miljoene waarvan hul albei hulself so mildelik gehelp het.

Jaco ·

Nou is die ideale tyd vir wit boere om alle produksie te staak of te beperk totdat die regering besluit om alle praatjies en beleide van onteiening sonder vergoeding HEELTEMAL te staak.

Chris ·

Baie dankie ons is dankbaar vir elke helpende hand in hierdie ekonomie van ons land.

Johan Venter ·

Paul, en dit sal nogal help as élke kader, SEB, BBBEE begunstigde van 1994 af, en diegene wat nou voor Zondo van korrupsie geïmpliseer is, sy klein deeltjie kan bydra en net ‘n 10% van daai geld skenk om Covid-19 te beveg.

Waar is die land se leiers wat sodanige beroep op dié mense kan doen dat hulle darem so bietjie kan terugploeg?

Maar Partice Motsepe is mos met ons president se suster getroud.

Johan Venter ·

Die ‘maar’ hier voor moet weggelaat word. En waar Patrice met die president se suster getroud is wonder ek toe of dit die rede is dat hy en stigting so lekker blootstelling hier kry, dit nou na twee ander in die land hom voorgespring het en dit net so terloops genoem is.

Michael 1 ·

Met twee triljoen dollar kan jy suid afrika koop en dit weer opbou tot n eerste wêreld land.

Kobus ·

Motsepe kry TV dekking,maar die Ruperts en Oppenheimers se skenking word net aangekondig….of het ek dalk die uitsending gemis?

Johan Venter ·

Ek mis die bydraes van die Mandela Stigting, die FW de Klerk Stigting, Mbeki, Zuma en Cyril Ramaphosa.

Johan Venter ·

Maar betreffende hierdie berig wil die een nuuswebwerf meer polisties gedienstig wees as die volgende een.

Oor die Ruperts en Oppenheimers was daar so tussen ander gebeure deur berig, hierdie een word skouerhoog alleen op die veld rond gedra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.