DA selfs in Londen op CR se spoor

(Foto: Verskaf)

“Terwyl Suid-Afrikaners fase 5-beurtkrag moet trotseer, sit ons president en drink tee saam met die koning. Ons kan nie eers ’n ketel aanskakel nie.”

Só het Gordon McKay, die DA se buitelandse leier, Maandag by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissie in Londen gesê, waar hy saam met ’n groep Suid-Afrikaners opgeruk het. Pres. Cyril Ramaphosa is tans hier op ʼn staatsbesoek.

Ramaphosa het die oggend met ʼn lugmagvliegtuig by die Stansted-lughawe in Londen geland vir ʼn ampsbesoek wat deur koning Charles III gereël is.

Die DA se protesaksie is om sy ongelukkigheid te kenne te gee oor die ekonomiese, brandstof- en voedselkrisis wat Suid-Afrika tans in ’n wurggreep het.

(Foto: Verskaf)

“Ramaphosa moet eerder in Suid-Afrika wees om die swak ekonomie, beurtkragkwessie, die gryslysbedreiging en die voortgesette korrupsie en verkwistende uitgawes wat die ekonomie skade berokken, te hanteer,” sê McKay.

“Hierdie probleme sal nie reggemaak word nie indien ons president die wêreld vol rits.”

(Foto: Verskaf)

Die DA wil met die protesaksie ook bewustheid en kommer kweek oor die Suid-Afrikaanse regering se implisiete ondersteuning van die oorlog in Oekraïne.

“Altesaam 74% van Suid-Afrikaners het gesê hulle stem nie saam met die regering se gebrek aan standpunt oor die oorlog nie.

“Hierdie oorlog maak die lewe vir Suid-Afrikaners en ons ekonomie moeiliker aangesien dit inflasie, sekuriteit en ons aansien in die wêreld beïnvloed. Brandstof- en voedselpryse skiet die hoogte in en raak nie net kwesbare, gewone Suid-Afrikaners nie, maar ook ons internasionale verhouding met magtige handelsvennote.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Maggies ·

Dis reg… gee hom gas. Ek hoop die nuwe koning sien hulle raak en knoop so sypaadjie gesprekkie met mnr mc Kay aan.

M ·

Dit is hoogtyd dat hy se presidentskap afgee…… hy gee nie ‘n duit om vir die Suid Afrikaners nie.

Sonneblomkind ·

Ja wat gaan ek de Ons is in n penarie en hy drink tee

Swerwer ·

Val in elk geval op dowe ore! Al wat vir die kommuniste tel is verwoesting.

domheks ·

Solank as wat Rama kan bedel is hy gelukkig, hoe ons die skuld gaan terug betaal weet seker net cANCer.

Elize ·

En as hy nie tee drink nie waar help hy uit of beteken hy iets? Hier is geen vinnige oplossing vir enige van die probleme in die land nie

My siening ·

Ou bak hand kom maak jou gemors reg of kan jou beskerm heer putin jou nie help!

annie ·

Oei! Dit help Cyril juis om ‘n pledge uit Charles te wurg… Hy was gelukkig eerste in die ry. Afrikaleiers staan tou soos altyd.

Wonder ·

dalk bietjie gaan bedel vir geld om “ons krag probleme op te los”…………………….

Pieterbusa ·

Of CR hier is of in Engeland, dit gaan geen verskil maak nie. Gun hom sy koppie tee met die King.

Lillian ·

En die enigste rede hoekom ramapokker Ingeland toe is, is om weer te gaan geld bedel by dié wittes wat hy so haat.

Corne ·

Dit wys jou net. CR gee nie eers om vir sy eie mense nie, maar hulle bly vir hom stem. Verstaan daai een glad nie.

Heinrich ·

Hulle het baie om oor tegesels aangesien die VK ook nou ‘energieprobleme’ kry. Charles moet ook nou van CR leer hoe om vere te voel vir die ekonomie, infrastruktuur, oues en siekes, terwyl die rykdom van die koningshuis (en Phala-Phala) veilig agter slot en grendel gehou word.

Christine ·

Ek dink dis andersom… CR leer vir Charles hoe om vere te voel.

Carina ·

cANCer word finansieël ondersteun deur die UK. Hoekom dink julle is CR nou kamstig so spesiaal dat hy die eerste staatshoof is wat deur Charles oorgenooi word? Hulle smokkel seker nou nog ponde deur en dit word iewers in ‘n ander sitkamerstel versteek. Hy voel vere vir ons land en sy mense.

Marthinus W ·

Dit staan op Cyril se jobspec dat hy met ander wereldleiers moet kommunikeer. Tydens “tee drinkery” word meer bereik as n week by Davos of Cop of die nuttelose G20. Die laagste lid van die DA, n raadslid, verdien meer as R40 000 per maand! Miskien moet hulle hul geld beter aanwend, en die gemors in hul eie land regmaak.

Wildemien ·

Ag DA, julle is sotlik. WAT presies moet ou Cyril kom “hanteer” by die huis??? Hier of nie hier nie – geen verskil/impak. ‘n Skare van 5 wat picket. Whoopee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.