‘Dapper’ De Ruyter geloof

Andé de Ruyter, voormalige hoof van Eskom. (Grafika: Maroela Media)

André de Ruyter, voormalige hoof van Eskom, is Donderdag uit verskeie oorde geloof vir sy stryd om die situasie by die sukkelende kragvoorsiener om te keer – maar daar was ook kritiek.

De Ruyter het in Desember bedank en sou nog tot einde Maart by Eskom aanbly. Die staatsbeheerde instelling het Woensdagaand in ʼn verrassende wending egter aangekondig dat De Ruyter se kennistydperk tot einde Februarie verkort is en dat hy dit ook nie enduit hoef uit te dien nie.

Hy het die onderneming met onmiddellike inwerkingtreding verlaat.

Die stap kom kort ná ʼn opspraakwekkende onderhoud waarin De Ruyter verskeie skokonthullings gemaak het. Hy sê in die onderhoud onder meer die beskikbare getuienis daarop dui dat die ANC Eskom as ʼn “trog” sien om uit te vreet. Hy onthul ook dat hy sy kommer teenoor ʼn senior minister te kenne gegee het rakende die bestuur van die $8,5 miljard wat deur Eskom-ingryping by COP26 gekry is.

“Die reaksie was in wese, ‘jy weet, jy moet pragmaties wees – tot beswil van almal moet jy sommige mense in staat stel om ʼn bietjie te eet’.”

De Ruyter het ook bekend gemaak dat ʼn minister ingelig is oor ʼn spesifieke hoëvlak-politikus wat by korrupsie in Eskom betrokke is, en dat die betrokke minister toe na ʼn senior amptenaar gekyk en glo gesê het: ‘Ek dink dit was onvermydelik dat dit in elk geval sou uitkom’.

John Steenhuisen, DA-leier, sê De Ruyter het die fluitjie geblaas op ʼn Eskom-krisis waarvoor die ANC verantwoordelik is. “Hy is dadelik afgedank omdat hy bevestig het wat Suid-Afrikaners reeds weet: Luthuli-huis is die toneel van die Eskom-misdaad en [pres. Cyril] Ramaphosa en sy kabinet is die oortreders.”

Die DA het De Ruyter bedank vir sy drie jaar lange diens by Eskom en sê hy het in dié tyd instandhoudingsvlakke verhoog, skuld verminder en hom beywer vir ʼn oorskakeling na hernubare energiebronne, terwyl hy die instelling met ʼn ferm hand bestuur het.

“Hy het steenkooldiefstal-sindikate dapper gepak en dit het gelei tot ʼn aanslag op sy lewe,” sê Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings.

“Ons loof sy dapperheid, veral in die TV-onderhoud waarin hy die afgelope week die sluier oor die grootskaalse korrupsie by Eskom gelig het.

“Mnr. De Ruyter is ʼn ware patriot en ons wens hom sukses in die toekoms toe.”

Cachalia sê ook dit is veelseggend dat nog niemand in die regering De Ruyter vir sy bydrae bedank het nie.

Wayne Duvenage, hoof van die drukgroep Outa, sê hoewel hy nie verras is deur De Ruyter se bewerings nie, is hy “gewalg deur die presidensie wat basies niks gedoen het om die sabotasie, korrupsie en verval van Eskom te keer nie”.

“Die ANC is ʼn uiters korrupte organisasie,” sê Duvenage.

Hy sê die ANC-regering kan nie die bewerings ignoreer nie en moet beslissend optree.

Die politieke kommentator Justice Malala skryf op Twitter dit is verkeerd om te dink dat die regering onkapabel is om iemand af te dank.

“Net 24 uur nadat hy ʼn minister en die ANC by korrupsie betrek het, is André de Ruyter die deur gewys. Wanneer ʼn onbevoegde persoon dus ʼn pos beklee, moet jy weet dat dit presies is waar ons leiers daardie mens wil hê.”

Herman Mashaba, president van ActionSA, sê die onthulling van die “ANC se korrupsie en wanbestuur by Eskom is duidelik ʼn stap wat jou loopbaan beeindig”.

“Gʼn wonder ons is op die rand van fase 8-beurtkrag nie.

“Minstens het De Ruyter probeer. Politici het hom en Suid-Afrika in die steek gelaat. Laat die plundering voortduur…”

Nie almal is egter hartseer om die einde van De Ruyter se termyn by Eskom te sien nie.

Daar is boonop vrae oor of De Ruyter die regte proses gevolg het om die beweerde korrupsie behoorlik aan te meld.

Die vakbondfederasie Saftu beoog om ʼn klag teen De Ruyter in te dien en eis dat hy die naam van die betrokke minister bekend maak.

Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Saftu, sê hulle wil stappe teen hom doen omdat hy [glo] nie die bewerings in ooreenstemming met die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Bedrywighede (Precca) by die polisie aangemeld het nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Woensdag gesê die Eskom-raad moet De Ruyter se uitlatings ondersoek en dat hulle daarna aan hom moet terugrapporteer.

Geen plaasvervanger is nog vir De Ruyter aangewys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Suzette ·

Hierdie korrupte kaders gaan hulle bes doen om De Ruyter se mond te snoer.

Vonny ·

Ek moet nou biki
Heeltemal afdwaal op
Die topic

Hel meneer De Ruyter jy is dahmnnn sexy!

Adri ·

Hy het klaarblyklik nie besef waarvoor hy hom inlaat nie. Sy hande was afgekap omdat hy ‘n instrument in die hande van die kaders was. Sterkte vorentoe, vriend!

Atta ·

Ons kan meer oorstromings landswyd verwag soos wat die ANC kaders begin sweet. Maar dalk is dit nou net wensdenkery van my kant af…

Samuel ·

Natuurlik gaan die ANC die fluitjieblaser diskrediteer. Doen iets aan julle, die ANC, se verrotte karkas.

Maverick ·

Jy wat n hartseer gesiggie merk is seker deel van die anc se korruptes. Want wragtig n mens kan nie so blind of doof wees om dit nie te sien nie

Koos 100 ·

En hiervan gaan ook NIKS kom nie. My rede is voor die hand liggend, was daar as een persoon voor die hof gebring na die Zonto kommissie, behalwe die fluitjieblaser? En dis al hoe lank later?

Andries ·

Hy moes al die tyd in die hand van die ANC speel.
(Noodgedwonge)

Brombeer80 ·

Ek hoop ter harte dat De Ruyter die gemors sover as moontlik kan ontbloot sodat die skuldiges ter ligte kom en boet vir hulle sondes. Hy is n held en enig in sy soort. “De Ruiter, Staan asseblief sterk want ons land het mense soos jy nodig”.

Niklaas ·

Ek is verbaas dat hy so lank kon aanbly in daardie pos , want as jy onreelmatighede blootlê of probeer stuit, staan ‘n leerskare van skuldiges as kraakvars vyande op teen jou en jou dae is getel.

Jakkie ·

Moenie van sy sussie Genna Ruiter vergeet nie, ek loof haar elke keer as dit loadshedding is

Johann ·

En so wys Gordan sy ware anargis kleure! Als wat Andre is, is wat die huigelaar ANC NIE wil hê nie. Eerlik, opreg, morele waardes, ‘n gewete, integriteit, bekwaam, karakter…IN YOUR CORRUPT FACE ANC!

Papsak ·

Mnr Andre ons staan agter jou wys hulle ons land kort sulke mense dan gaan als weer reg kom jy is ons YSTER

skurweberg ·

Vroeg ook ‘n ondersoek na die beheer van die sluise van die Vaaldam by alles wat nou aan die orde is. Mense het Groot Skade gely. Was dit moontlik moedswillig?

domheks ·

Glo so. As cANCer die blankes kan skade berokken sal hulle alles probeer!

Althes ·

Deur al die moeilike dekades in Suid-Afrika en die uiters moeilike groeipyne, was dit nog altyd eens dat Suid-Afrikaners op voetsoolvlak kan saamstaan.
Suid-Afrikaners gaan nie lê nie, en almal loof hom behalwe die comrades.
Nietemin alle rasgroepe is keelvol vir loadshedding.

Sokrates ·

By baie skole is daar by die ingang die bordjie met die treffende woorde “Enter to learn”, en by die uitgang “Leave to serve”. By Eskom en ander staatsentiteite blyk dit na “Enter to corrupt” en “Leave to loot”…….Sies, dit spreek van n siek mentaliteit en lewensbeskouing. Mens kan eenvoudig net nie met sulke mense in een juk trek nie. Respek, mnr de Ruyter!

Roek ·

So einlik is Julius toe die heletyd reg gewees oor Pravin, en sy kalante!
Well done Mnr De Ruyter, sterkte en kyk maar oor jou skouer my vriend !!

TO ·

De Ruyter moet maar mooi kyk die verdict is uit. In hierdie korrupte land word jy onmiddellik gesnoer. En hierdie korrupte regering moet n les geleer word. Ek skaam my vir hulle, useless leuenaars en diewe.
En arme ou vavi, siestog jy verstaan seker nie engels, hy het dit gerapporteer, MAAR omdat dit JOU KORRUPTE VENNOTE Delers en stelers is, is NIKS GEDOEN

Roek ·

Hy was reeds baie goed af voor die Eskom kalf, hy het dit maar net gedoen omrede hulle hom beloof het hul sal agter hom staan en help , geen wonder hulle maak dit nou asof hy poletiek in dit bring , dit was die heletyd poletiek!

Judy ·

Wat weet ou Vavi nou van enige iets – hy is net so korrupt

Danie ·

Hierdie is kommunisme in sy beste kleur wat verwag jy van hierdie soort mense hulle sal de Ryter vervolg om alle aandag van hulle af te lei.Kom ons sit terug en volg die sirkus.Daar is al baie gese en gevra daar is baie maniere om n kat te dood.En dit is finansieel.

Tipper ·

Toe die vryheids vegters in 1994 aan die bewind gekom het, toe het ons klaar in n Blackout beland .

Francois ·

Wonder hoeveel HITS die ANC nou uit gesit het om hom stil te mask. Vlug vir jou lewe as jy lewendig wil bly

Tersia ·

Stem saam, as ek hy was het ek na ‘n ander land toe gevlug. Wel gedaan Mnr de Ruyter.

Kwikkie12 ·

Andre De Ruyter was nou dapper genoeg om die duistere dinge wat daar aangaan in die lig te bring!
Hy kan net soveel doen wanneer gaan die burgers van hierdie land saamstaan en se genoeg is nou genoeg!!

Martie Smartie ·

En elders sê die armsalige Albie Sachs dat die huidige Suid Afrika alles is waaroor hy en ander soos hy gedroom het. So hier en daar ‘n klein pyntjie maar dit word sommer gou opgelos, sê hy. Die arme ou, dat hy nog steeds op sy ouderdom nie die vesel en murg van die ANC monster wat hy help skep het, kan eien as korrup tot in die afgrond in and dit sal noooiiiit verander nie. Hy is soooo uit voeling met die werklikheid. Of hoekom sal hy die ANC so besing? Wonder mens nogal.

Elize ·

LOL…. ‘n paar kaders stres nou vreeslik………………

Tian ·

De Ruyter jy is n yster. Ek hoop net jou sekuriteit is baie goed want nou gaan hule vir jou kom om jou stil te maak.

JL ·

Bravo Mnr. De Ruiter. Name & Shame sommer ook nou. Benoude katte maak benoude spronge. Klomp narre.

Helgard ·

Ek lees op ń ander berig van ń oneerlike rektor van ń universiteit wat met ń goue handdruk van miljoene beloon word met nog voordele ook.
Mnr De Ruyter wat ń eerlike mens is word summier in die pad gesteek.
Nou sien ons die ware kleure van die ANC. Hulle is deurtrek van korrupsie en oneerlikheid en skerm vir mekaar. Ek het geen respek vir hulle nie. NIKS..

Barend ·

Die arme ou word nou erge goed besnou. Daai groot kommissie het meeste van dit al klaar uitgewys en toe was die klomp maar stil.

Chris ·

Ek haal my hoed vir die man af. Ek glo hy het probeer. Ek sal hulle nog boonop CCMA toe vat ook. Die implikasie van sy “uittrede” gaan wees dat die vinger nou na blankes gewys gaan word wat mislukkings is. Ek sal Escom binne drie maande regruk met net een vereiste. Gee my vrye teuels om te doen wat ek goeddink. Om die onderneming reg te ruk is nie onmoontlik nie. Dit is ook nie “rocket science” nie. Die organisasie is ‘n dienslewerings maatskappy. die eenvoudige konsep is, as jy ‘n diens wil kry betaal net daarvoor. Die struikrowerbene (anc) se veldtogte van die 80’s het hulle nou in die agterente kom byt. Hulle het met diensteboikotte ens begin. Dit is voor die hand liggend wie agter Escom se inploffing sit. Dit is ‘n prominente kitsmiljarder, baie naby verwant aan die regering

otter ·

hoekom word niks gesoen nie !!!! Waar is die DA, waar is geregtigheid. Hoekom kom hulle weg daarmee??? selfde met die bank wat deur malema en sy mense geloot is , hoekom kom hulle weg met dit ?????

Sterretjie ·

Hy weet baie meer as wat hy sê. Hy moet sy familie neem en oorsee trek – dit is veiliger vir hom daar. Well done on spilling the beans…..some of it!

Johan ·

Hy moet maar mooi kyk, ek dink sy lewe is waarskynlik in gevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.