Davison oor nog ʼn dood aangekla

Sean Davison. Foto: Facebook via DignitySA.

Prof. Sean Davison staan nou ook op ʼn tweede aanklag van moord tereg nadat hy Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn het.

Davison (57) is in September in hegtenis geneem in verband met die genadedood van sy vriend, dr. Anrich Burger, in November 2013.

Davison, stigter van Dignity SA, ʼn organisasie wat hom beywer vir die verandering van wetgewing om verstandelik bekwame volwassenes die opsie van ʼn “waardige dood” te gee, indien hulle dit so verkies, is kort daarna op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Die staat het egter tydens Davison se verskyning Vrydag bekend gemaak dat hy nou op nog ʼn aanklag van moord teregstaan. Hy word ook aangekla in verband met die dood van Justin Varian op 25 Julie 2015 in Fresnaye in Kaapstad.

Volgens die staat het Davison ʼn plastieksak oor Varian se kop getrek en helium daarin ingespuit om hom te versmoor. Varian wou glo sterf.

Die saak is tot 29 Januarie uitgestel. Die hof het tydens Davison se vorige verskyning in September gehoor Davison het glo al soortgelyke “moorde” gepleeg.

Davison is in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem nadat hy sy ma, wat terminaal siek was met kanker, ook gehelp het om haar lewe te beëindig. Hy was vyf maande in huisarres in Nieu-Seeland, en het in Mei 2012 na Suid-Afrika teruggekeer.

Davison, ʼn pa van drie, het reeds aangedui dat hy van plan is om onskuldig te pleit. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër in ʼn verklaring gesê dit het onder die polisie se aandag gekom dat Davison glo van plan was om Suid-Afrika gedurende September te verlaat.

Davison se borgtogvoorwaardes sluit in dat hy hom weekliks by die Pinelands-polisiestasie moet aanmeld, sy paspoort en reisdokumente moet inhandig en nie die Wes-Kaap mag verlaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Sandy ·

Om iemand om die lewe te bring op ‘n mediese manier is miskien in ‘n ander wereld, eendag ok, maar om ‘n plastieksak en helium te gebruik klink vir my na ‘n weird storie. Miskien het hierdie oom ‘n ander agenda op sy brein wat hy met “help om hulle lewe te beeindig” verdoesel. Watter mens sal bogenoemde aan ‘n ander persoon doen in elk geval. Ek wonder nou oor dit.

karlien ·

Sandy ek ken hierdie “oom” persoonlik.
Daar is geen ander agenda nie.

Hannetjie ·

Ja dit klink regtig erg wreed.Laat die gereg maar hom sorteer

Johan ·

Jy kan moor en verkrag dan is dit niks. Maar sodra jy n goeie daad wil verig is die hel los.

Jozi ·

Ek stem glad nie saam met die sak vol helium oor ‘n persoon se kop nie.
Maar, hoeveel ander dokters pas nie op ‘n daaglikse basis die genadedood toe nie?
My ma was 14 jaar gelede in en uit die hospitaal en vir ongeveer ‘n maand in die ICU van ‘n privaathospitaal.
Nadat sy verkeerdelik met asma gediagnoseer was en duidelik nie die korrekte behandeling en medikasie ontvang het nie, kom die spesialis toe uiteindelik agter dis kanker wat versprei het na haar lugpyp en longe.
Dr het ons in kennis gestel daar is niks wat hulle vir my ma kan doen nie en hulle het haar dood bespoedig met behulp van medikasie asook suurstof wat hulle die oggend stelselmatig verminder het.
So ja, kla die hele lot dan aan wat hulself ook skuldig maak hieraan.
Ek het tot vandag toe nog nie vrede gemaak met my ma se afsterwe nie, want daai was nie haar tyd om te gaan nie.

Jan ·

Ongelukkig is daar miljoene ander mense wat haar hulpbronne kan en sal benut.sy was ongelukkig nie uniek nie

Anoniem ·

Amazing hoe die wereld hierdie man onderstebo wil kruisig oor hy mense help wat self wil ophou leef, maar aborsie waar gesonde babas geaborteer word wat produktiewe, gesonde lewens kon lei, word niks aan gedoen nie.

SNEL ·

Anomniem, waarder woorde as dit gaan ons ver soek om te kry. Jy slaan die spyker op sy kop.

Mareen ·

Goed en regverdig gestel. Hoop hierdie dokter is nog enig beskikbaar as die lewe geen meer kwaliteit het nie want ‘n bittere leiding is mos afgryslik.

Johanna ·

Dis tragies. Hy wou help. Die lyding verlig. die metode is dalk net verkeerd. Ek weet nie wat om eintlik te se nie. Maar ek dink beslis die borgtog bedrag in vergelyking met baie ander sake van moord, kindermishandelik, verkragting maak net nie sin nie. Wrede wereld. !!

MammaM ·

Ek sal graag hom in my lewe wil hê om te help om met waardigheid totsiens te sê, as om te lê in `n hospitaal waar dit my naastes miljoene gaan kos na my uitgerekte lyding en uiteindelike dood.

Lerato ·

As ‘n hond terminaal is sit ons hom uit om lyding te spaar.
As ‘n mens terminaal is dan moet hy maar ly omdat “sy tyd” nog nie daar is nie.

Peet J ·

Genade dood of selfdood bly moord, dit maak nie saak watter metode gebruik word nie . Indien ‘n persoon ‘n kwaal ontwikkel en hy is ook ten gunste van genadedood dan moet hy mos nie hulp by die medies gaan soek om verligting te bekom nie bly dan weg van behandeling af, staan jou man en wag jou beurt af en dan sterf jy ‘n “waardige dood” moet nie lafhartig wees nie.

Dink mooi ·

Om te lê dat jou familie jou doeke ruil en sien hoe jy elke dag deur pyn gevreet word is nie waatdig nie. As jy skree vir die dood en dit kom nie en jou kinders en kleinkinders moet maande lank self na jou omsien omdat daar nie geld vir ñ hospis is nie, is daar geen waardigheid nie.

Anoniem ·

as jy langs die bed staan van ‘n geliefde en sien hoe sy elke dag meer agteruit gaan, haar menslikheid en waardigheid verloor…………………nie meer kan eet, self badkamer toe kan gaan, of eers die entjie tot by die hek meer kan loop nie, sien jy die seer in haar oe, die lyfie wat nie meer kan nie, die seer met elke beweging, en sy was maar 64. as ons as mens nie die doel van die lyding nie kan verstaan nie, of die les wat geleer moet word nie, dan vra mens met alles in mens dat die liewe Vader haar eerder moet kom haal, om haar al die seer te spaar ;(

Andrea ·

Ek hoor jou, ken dit. En dan teen die einde doen die drs die suurstof-verminder proses, en dit vat 12 ure voor sy uiteindelik verlos is. My vraag is weer: is dit nie ook n vorm van genadedood nie? Net baie meer uitgerek.

Andre ·

Dit is reg om diere uit te sit was 100% gesond is maar dit is verkeer om iemand wat in kroniese pyn nie te help nie.

Dit is 2018, word wakker.
As iemand sukkel en nie meer wil lewe nie, gun hul die wens.

Sterkte Sean, ek hoop iemand kom jou te gemoed

Johan H. ·

Ek is pro genadedood,,, Die staat hou nie daarvan nie want dan kan hulle nie meer geld uit jou maak nie,,,, Dit moet n keuse wees,Wie is die staat om oor my te besluit. Laat hulle eers van hul dik G…. af klim en besluit om iets produktiefs te doen ,voor hulle oor my wil besluit ,, Maar die wiel draaie ,eendag is jy self onder dan se die staat jou lewe moet nog uitgerek word want ons wil jou nog n ruk belas!

Jan ·

Ongelukkig is daar hopeloos te veel mense op die aarde met sy beperkte hulpbronne en die hoeveelheid besoedeling wat siek mense veroorsaak is ook ongelooflik. Almal sal altyd se dit was nie hulle oupa of ouma se tyd om te gaan nie maar eintlik was dit…

Frank ·

Laat ons as God se kinders nie God se Raadsplan in Sy Alwysheid bevraagteken en reg in eie hande neem nie, maak nie saak WAT nie.
Laat ons ook nie in die proses van ons seerkry, God van Sy troon probeer afstoot nie. Hy is en sal altyd God bly van Sy skepping.
Hy waarsku ons dan dat ons in hierdie lewe deur vuur gaan gaan, maar Hy verseker ons ook dat Hy elke treë met ons sal wees.
Ons moet ons lewe in hierdie lewe voluit lewe, maar met die oog op die Hiernamaals! Hy is en bly in beheer!

Griet ·

Onderlangs gaan di argument oor “dis sy tyd om te gaan/of nie te gaan nie” is die vraag: wat is di verskil tussen genade dood en full life support?

leser ·

“how much pain do you have to go through, until giving up is ok”?
christelik gesproke mag jy nie iemand anders se lewe neen nie, maar as jy nie meen kan nie, wat dan

@andre, stem met jou saam

Frank ·

Wanneer mens die woordjie “maar” gebruik, negeer jy die eerste gedeelte van jou stelling. Lyk my min mense besef dit.

Karien ·

Frank, dit voel of ek n episode van Dr Phill kyk, hy sê altyd dieselfde. If you say “but” you wipe out everything you just said.

Johan ·

Hy word vervolg omdat hy mense help wat terminaal siek is en nie verder wil lewe nie maar aborsie word toegelaat en aangemoedig op babas wat n lewe voor hulle het?????

Pieter Schoombee ·

En dit terwyl daar nie polisielui is om ware moordenaars te arresteer en vervolg nie.

Elvira ·

Ek stem vir genadedood. As ek die dag op n punt kom waar ek besef dis net afdraende met my gesondheid gaan le ek op die bed en sluk soveel pille as wat ek kan. Ek wil nie he my kinders moet swaarkry of my in n duur versorgingsoord sit waar ek net heeldag gaan le en wag op die dood nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.