De Ruyter-gifvoorval: ‘Misdadige elemente in Eskom te blameer’

Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom (Foto: Du Preez de Villiers)

Dit is duidelik dat misdadige sindikate binne Eskom vasbeslote is om hul wurggreep op Eskom te versterk wat die ekonomie vernietig en in die proses niks sal ontsien nie.

Só het die DA reageer nadat dit aan die lig gekom het dat André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, ʼn klag van poging tot moord by die polisie ingedien het in verband met ʼn beweerde vergiftigingsvoorval einde verlede jaar.

Ghaleb Cachalia, DA-LP en woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê die DA veroordeel die voorval ten sterkste.

“Wanneer gaan dit eindig? Ferm en beslissende optrede is nou noodsaaklik. Die probleem is dat enigiemand wat probeer om dit te doen, nie net opsy geskuif word nie, maar hul lewe is ook in gevaar.”

Die DA het gesê hy sal aan pres. Cyril Ramaphosa skryf om onmiddellike optrede in die verband te eis.

Chris Yelland, onafhanklike energiekenner en besturende direkteur van EE Business Intelligence, het gesê De Ruyter het op 13 Desember ʼn koppie koffie, waarin daar vermoedelik sianied was, by sy Megawatt Park-kantoor in Sunninghill in Johannesburg gedrink.

Volgens Yelland het De Ruyter swak, duiselig en verward geraak, onbeheerbaar gebewe en naar geword nadat hy die koppie koffie gedrink het. Hy het glo daarna ineengestort waarna hy vir mediese behandeling geneem is.

“Dit word al duideliker dat sekere ontevrede politieke en misdadige elemente besig is met doelbewuste dade van sabotasie, diefstal en vandalisme wat voorsieningsekerheid in Suid-Afrika vererger, dermate dat staatsveiligheid in die gedrang kom,” het Yelland gesê.

Die beweerde vergiftingsvoorval het gevolg ʼn dag nadat De Ruyter sy bedanking as uitvoerende hoof by Mpho Makwana, Eskom se voorsitter, ingedien het. Dié nuus is op 14 Desember bekendgemaak. De Ruyter sal die leisels as uitvoerende hoof na verwagting in Maart vanjaar aan sy opvolger oorgee.

Eskom het Sondag bevestig dat De Ruyter die klag aanhangig gemaak het. “Eskom kan nie verder hieroor kommentaar lewer nie, aangesien die saak deel van ʼn polisieondersoek vorm,” het Karen Pillay, Eskom se hoof van sekerheid, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nicholaas ·

Die president en minister van polisie het van die begin wat hy aangestel was hul pligte versium toe hy hul nader oor al die korrupsie wat aangaan, dit dieselfde met intercape busse waar die minister versium om met n daad werklik plan voorendag te kom,, wanneer gaan dit stop.

Johann ·

Dis die werk van die Zuma element wat glo in totale anargie gebasseer op die Zimbabwe model.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die huidige prez en sy trawante is dieselfde.

Deon ·

En daar hoor ons niks oor hierdie poging tot moord uit die monde van CR en sy volgelinge nie. As enigeen nog geglo het dat ESKOM en hierdie land se ekonomie sal regkom onder ANC bewind, moet hulle elders gaan droom. Elkeen in hierdie land wat nog nugter kan dink en hulle nie meer steur aan die gemors wat die land moet verduur nie, moet NOU ander plan sien.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Adjunk president ontvang gereeld behandeling in Rusland vir vergifting. Niks vreemd vir die ANC.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Suid-Afrikaners wat strewe na groter geregtigheid en naasteliefde is in die wurggreep van gierigheid en kriminaliteit, vasgevang in die netwerk van mafia sindikate van ongekende omvang. Die wyse waarop die ANC-leierskap verkies word maak van demokrasie ‘n absolute klugspel. Alles gaan om geld, geld, geld en mag. Die god Mammon.

Snowball ·

Mafia staat – by the criminal, for the criminal. Lag-lag word gemoor, geroof en geplunder in die naam van transformasie en regstellende aksie.

Kattebol ·

Sianied in sy koffie by die werk is nie n “gif-voorval” nie, dis poging tot MOORD!!!

Nie Verbaas ·

Ek hou nie my asem op nie. Ramaphosa, Mantashe, Gordhan en Cele slapgat en onbevoeg.

annie ·

Liberale kommunistiese elemente met Mantashe as beskermheer is in volle beheer. Mantashe skielik die prez se groot redder/helper, is openlik vyandig teenoor De Ruyter en sy korps; sê De Ruyter speel poliesman ipv om sy werk te doen. Cyril, deesdae duidelik vreemd ongemaklik in sy eie vel dog vol uitgelate bravade, met Mantashe aan sy sy (eerder op sy kop) wil die land nou in ‘n totale eenpartystaat verander met die parlement bloot ‘n show om die buiteland te flous. Ons wag om te sien wie Mantashe gaan aanstel in De Ruyter se plek.

Danie ·

Wie gaan die polisie arresteer die tea lady.Daar dossier het net een pad die argief stoor.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verdere tekens van ‘n mislukte en mislike staat.

Christo ·

De Ruyter weet wie dit gedoen het en hy weet ook wie besig is met sabotasie. Hulle het hom probeer stil maak. Tyd vir hom om te “name & shame”. Kry die name uit dat Bolhuis hulle kan vas trek!

domheks ·

Die land en sy mense het geen skaamte, pligsbesef en gewete nie! CR Inkluis.

Waarnemer ·

En wat gaan die DA met daardie skrywe aan cyril bereik?

Althes ·

Misdadige elemente in kader ontplooiing. Ons as publiek eis dat geregtigheid geskied met die ondersoek van poging tot moord teen mnr de Ruyter. Geen steen mag onaangeroer word om die politieke vrot elemente uit te roei nie.
Die ANC regering moet ophou om behep te wees beweerde rasvoorvalle soos by Maselspoort waar die sogenaamde beskuldigdes nog nie eens ñ behoorlike dag in die hof gehad en nie, en sommer byvoorbaat skuldig bevind is deur ANC leiers.
Dit is ñ klap in die gesig en ñ erge verleentheid vir SA dat rampokkery so hoogty vier teen ñ hoë profiel persoon.
Sies SA!

Mariana ·

Vraag is onder wie se leiding werk hierdie saboteurs, wie trek hulle toutjies. Uitroei sal mens hulle nie, nie voor jy hulle base kry nie. Daar is paar mense wat daarvan verdink kan word. Gaan ondersoek gerus sommige politici.

JohanR ·

Miskien sal Cyril en Gwede iets doen waaneer daar net opwekkers, lampe en kerse lug gee, en Eskom is dood dood dood! Mense julle weet waar on julle X in 2024 te trek….nie by die ANC nie!

Papsak ·

Haal anc regering uit hulle is korrupt regtig maak oop julle oe asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.