Deokaran-moord: ‘Hulle hét inligting verskaf’ 

Babita Deokaran

Die ses mans wat Dinsdag skuldig bevind en gevonnis is vir die moord op Babita Deokaran, het ingevolge ʼn pleitooreenkoms inligting verskaf oor ander mense wat glo by die moord betrokke was.

Phakamani Vincent Hadebe, Mhlangano Phinda Ndlovu, Sanele Mbhele, Siphakanyiswa Dladla, Zitha Radebe en Siphiwe Thabane Mazibuko het skuldig gepleit op aanklag van moord en is tot tussen ses en 22 jaar tronkstraf gevonnis.

Deokaran is in Augustus 2021 buite haar huis in Winchester Hills, in die suide van Johannesburg, doodgeskiet.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het ene Khanyisani Mpungose se naam in die pleitooreenkoms ter sprake gekom. Mpungose het glo vir Hadebe genader en gesê Deokaran moet vermoor word aangesien sy “problematies” was. Daar word aangevoer dat Mpungose en ʼn onbekende man die sneller getrek het die dag van Deokaran se moord.

Deokaran is wyd geloof vir die rol wat sy gespeel het om korrupsie bloot te lê. Sy was een van die meer as 320 getuies in die ondersoek na bedrog met onder meer persoonlike beskermende toerusting (PPE) in die private en openbare sektor.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die ses mans verwelkom.

Volgens Phaahla was dit ʼn gruwelike misdaad wat gepleeg is in ʼn poging om dade van korrupsie te probeer verdoesel.

“Die pleitooreenkoms kan nie die einde van die saak wees nie, en ons verwag van die owerhede om geen steen onaangeroer te laat tot die baasbreine agter die moord voor die hof gedaag word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Delia ·

6+ mans. Sy het nooit n kans gestaan
Absolute skande op soveel vlakke

Chris dupreez ·

En die eintlikes agter die moord gaan beskerm word soos die res van die anc

Cherokee ·

Weet nie of ek reg onthou nie, maar neig om te dink sy was ‘onder polisiebeskerming’.

Ryan ·

Ene Khaniasani Mpungose? Hoe glo ek nou vir geen oomblik hierdie liegstorie nie. Die ware opdraggewers vir die moord se naam/e is NIE genoem nie. Heel waarskynlik bekende anc hoë profiel lede.

TO ·

Als sal net so toegesmeer word soos die res vd kommissie se aanbevelings

Peter ·

6 tot22 jaar virmoord??!! Vir ‘n onskuldige mens se lewe!! Pateties. Julle sal julle dag kry.

Nonnie ·

DUE ANC LAAT ALMAL VERMOOR IN SA WAT DIT WAAG OM HULLE WANDADE AAN DIE KAAK TE STEL!!!!! DIEWE, VERKRAGTERS EN MOORDENAARS….ALMAL VAN HULLE SAAM MET DIE EFF!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.