Derduisende rande se beeste teruggekry

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Slegs ʼn week ná ʼn beraad oor landelike veiligheid in die Vrystaat is 85 Brangus-beeste op ʼn plaas in dieselfde provinsie gesteel. Die meeste van dié diere is egter danksy flink polisiewerk net ʼn paar uur later opgespoor.

Die beeste is Donderdag teen 02:45 op ʼn plaas naby Virginia gebuit en die polisie se hulp is onmiddellik ingeroep. “Lede van die polisie het die beeste se spore gevolg en op 55 van die gesteelde beeste op ʼn nabygeleë kleinhoewe afgekom,” het kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, gesê. “Verdere voetspore is vir nog omtrent 25 km gevolg en nog ses beeste is omtrent 08:30 by die Emmerentia-plaas gevind.”

Nóg ʼn paar uur en vele kilometer se spoorsny later, is 21 beeste in die mielielande op ʼn plaas met die naam Niel gevind. “Teen 10:00 die oggend het hardwerkende polisielede 82 beeste ter waarde van R820 000 teruggevind. ”

ʼn Saak van veediefstal word ondersoek om die oorblywende drie beeste terug te vind. Enigiemand met inligting wat tot die opspoor van die diere en die vastrek van die diewe kan lei, kan kapt. Malete by 082 388 5113 skakel.

Luidens ʼn antwoord van Bheki Cele, minister van polisie, op ʼn parlementêre vraag van VF Plus-leier Pieter Groenewald, is altesame 26 923 veediefstalsake tussen 1 April verlede jaar tot 28 Februarie vanjaar by veediefstaleenhede aangemeld. In die Vrystaat is byna 3 000 voorvalle aangemeld, waarvan 1 000 opgelos is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

duiweboer ·

Die skelms het al drie die beeste geslag. Wel gedaan SAPS.

Hasie ·

Pasop Hoed gaan jul uit sy tuim jaag .Hy hou nie van die waarheid nie.

Harley Davidson ·

Goeie werk met ‘n regte polisie mag wat toegewyd en trots is op hulle werk soos hierdie groepie kan misdaad gestop en omgekeer word maar die wannebee tuinjong en sy regering sal moet gaan om plek te maak vir mense wat kan.

christo ·

Die goeie SAPD lede word dikwels deur die swak vinnig bevorderde, regstellende aksie en onbevoegde geviktimiseer. Verder word inligting gelek, soos byvoorbeeld die huisadresse van die ondersoekbeamptes. Sowaar ‘n opdraende stryd

Perdeby ·

beeste op ʼn plaas in diesel provinsie waar die “diesel” provinsie?

Swerwer ·

Word daar verwag dat moet ons hande klap op Bheki Cele, minister van polisie, se antwoord……….
1000 opgelos waar 3000 sake in die Vrystaat aangemeld is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.