Dís die rede vir vrot reuk in Centurion

Olie word in die omgewing van Sunderland Ridge-afvalwaterbehandelingsaanleg gestort. (Foto: Google)

Inwoners van Centurion moes die afgelope tyd maar neus toeknyp wanneer hulle buite kom. ʼn Vrot reuk hang al dae lank in dele van die suide van die Tshwane-metro en die oorsaak hiervan is eindelik nou bekend.

Die metroraad sê hy het ondersoek ingestel na die vrot reuk en vasgestel dat die oorsaak ʼn onwettige stortingsterrein is.

Volgens Ziyanda Zwane, burgemeesterskomiteelid vir omgewing en landbou, word olie in die omgewing van Sunderland Ridge-afvalwaterbehandelingsaanleg gestort. ʼn Diensverskaffer wat afvalverwydering doen is glo vir die storting verantwoordelik.

“Die situasie word gemonitor aangesien daar nie net onaangename reuke vrygestel word nie, maar die kwaliteit van die uiteindelike uitvloeiing van die afvalwaterbehandelingsaanleg ook benadeel word,” sê Zwane.

“Hierdie uitvloeiing het ook ʼn nadelige impak op die natuur stroomaf van die afvalwaterbehandelingsaanleg.”

Die inspektoraat vir omgewingsbestuur, ook bekend as die Groen Skerpioene, werk tans saam met die nasionale departement van bosbou, visserye en die omgewing om die genoemde afvalverwyderingsdienste en die vermeende oortreder strafregtelik aan te kla.

Zwane het inwoners aangeraai om liefs binnenshuis te bly, asook vensters en deure toe te maak terwyl die reuk in die lug hang.

“Inwoners word ook aangeraai om die rivier stroomaf van die Sunderland Ridge-afvalwaterbehandelingsaanleg tot verdere kennisgewing te vermy.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Olie? WATSE olie????????????? Kookolie of motorenjin olie??????

Olive ·

Dit moet nou al vir ‘n geruime tyd aan die gang wees en niemand weet niks. Die spul sien nie sulke dinge raak nie, want hulle weet nie van beter nie. Dit moet aan “hulle” uitgewys word en dan word gese dat “hulle” die saak hanteer.

Karina ·

Ek stem saam met julle almal. Voor die reuk daar was, is daar niks gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.