Dís hoekom daar minder beurtkrag is

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Die verlammende kragonderbrekings waaraan Suid-Afrikaners noodgedwonge gewoond moes raak, is die afgelope paar weke van ongeveer 12 uur per dag na sowat twee uur tot vier uur per dag verminder.

Die verbetering het talle burgers verras en laat kopkrap oor waarom daar nou skielik meer gereeld krag op Eskom se sukkelende en oorlaaide netwerk is.

Volgens Tshepo Kgadima, ʼn energiekenner, blyk een van die redes “ʼn matiger winter as verwag” te wees.

Hy het aan die nuusagentskap AFP verduidelik dat die vraag na elektrisiteit in Suid-Afrika laer as verwag is as gevolg van bogemiddelde temperature wat aan die El Niño-weerverskynsel toegeskryf kan word.

Verhoogde elektrisiteitspryse het ondernemings ook gedwing om minder krag te verbruik.

“Selfs met die winter op sy piek is die vraag tydens spitsverbruiktye ongeveer 30 000 MW in plaas van die 37 000 MW wat die regering voorspel het.”

Balanseertoertjies 

Maroela Media het vroeër berig dat Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, die vermindering van beurtkrag ook aan die verbetering in opwekkingsvermoë toeskryf – wat dit moontlik maak om beplande instandhoudingswerk by Eskom se kragstasies te doen.

Die minister meen dít maak dit moontlik om die situasie te “balanseer”. 

Van die bykomende elektrisiteit kom egter van onafhanklike vervaardigers, en word nie net deur regeringsingrypings moontlik gemaak nie.

“Onafhanklike elektrisiteitsvervaardigers voer son- en windgegenereerde energie in die netwerk in, wat Eskom teen vyf keer meer koop as die koste van produksie in sy eie kragstasies,” sê Kgadima.

“Om die tekort aan aanbod verder aan te vul het Eskom hom ook tot noodturbines gewend wat 14 liter brandstof per sekonde verbrand – dit is 50 400 liter per uur. Byna $1,6 miljard (byna R30 miljard) is slegs vanjaar vir dieselaankope begroot.”

Instandhouding vertraag 

Volgens Lungile Mashele, ʼn energie-ontleder, is die land se onlangse kraghupstoot ook te danke aan die uitstel van beplande instandhouding by Eskom se 14 kragstasies. 

Eskom vertraag gewoonlik die roetine-onderhoud van dié kragstasies gedurende die wintermaande om ʼn toename in aanvraag te stuit. Eskom het vanjaar soveel moontlik opwekkingseenhede in gebruik geneem, wat instandhouding tot 7% van die algehele kapasiteit van die vloot verminder het, vergeleke met ʼn gemiddeld van 13% in die somer.

Mashele waarsku egter dat daar ʼn beduidende risiko ontstaan as Eskom nie tred hou met sy verouderde infrastruktuur se instandhoudingsbehoeftes nie.

Verder meen kenners dat die vermindering in kragonderbrekings deur ʼn politieke agenda in aanloop tot die 2024-verkiesing gedryf word. Groot beloftes word nou deur onder andere Ramokgopa en Gwede Mantashe, minister van energie en minerale hulpbronne, gemaak om beurtkrag vir eens en vir altyd te beëindig.

Ramokgopa het die afgelope ruk ook verskeie kere genoem dat die regering dit oorweeg om slimkragmeters te installeer wat hom in staat sal stel om huishoudings se geisers oor ʼn afstand te beheer ten einde die vraag na elektrisiteit te verminder en beurtkrag te beëindig. Volgens Ramokgopa kan die afskakeling van geisers sowat 3 500 MW se elektrisiteit bespaar.

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor energie en minerale hulpbronne, het onlangs gesê ondanks versekerings bly Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor, die persentasie elektrisiteit wat opgewek word in vergelyking met algehele kapasiteit, minder as 60%.

“Hul onderpresterende steenkoolvloot en gebrek aan deursigtigheid boesem wantroue in.

“ʼn Afname in die aanvraag en verbetering in private kragopwekking het die gaping vernou tussen aanbod en aanvraag, maar dit is onvolhoubaar en enige skielike veranderings kan lei tot ʼn vinnige terugkeer na fase 6 of hoër beurtkrag.

“Ons het deursigtigheid nodig van Eskom, die departement van energie en die departement van openbare ondernemings. Dit is noodsaaklik dat Eskom, die twee departemente en die nasionale kragkrisiskomitee (Necom) ʼn deursigtige benadering volg in Suid-Afrika.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Chris ·

Ja hoor. Die tandmuis, krismis vader en Sneeuwitjie met haar sewe dwergies sal hulle glo. Soos een van my Ingelse vrinne beaam, “I was born at night, not last night”. Dink die mense ons is almal onnosel. Vra eerder wie en wat is die oorsaak dat Eskom in die gemors is, net soos SAL. TRANSNET. SPOORNET en andere.

Yolandie ·

And I am the Easter bunny……..nee wat vertrou glad nie die vrede nie. En ek sal beslis nie die winter as matig beskryf nie. Die krag pryse is ook weer 1 Julie op en almal sien dien invloed wat dit het op hulle vermoe om krag te bekostig……..vandaar dalk die matige gebruik……..hulle maak seker kos op die vuur want dis dalk nou goedkoper om hout te koop.

Miskruier ·

Hul stroop ons plaas, die ergste is dat die jong manne sommer die draadheining knip omdeur te loop.

Loun ·

Absolute nonsens wat hulle praat, hoekom nou in die winter gebruik ons minder krag……agv El Nino…..?
Persoonlik dink ek hierdie word gebruik tot die aanloop van die verkiesing….. net om vir die kruisietrekkers te probeer wys dat die ANC eskom reg geruk het…..toe nou nie.
Ek glo niks wat uit n BBBEEE bek kom nie….

Trotse Boervrou ·

En ons eet seker nou al hierdie gegorrel en verskonings vir soetkoek op!

Koen ·

Dis so belaglik. Dis eintlik lagwekkend. ‘n Matige winter is all baie maande gelede voorspel. Tragies is dat miljoene mense hang aan elke woord wat die ouene gorrel

Rooi rissie ·

Verhoogde tariewe wat veroorsaak dat mense minder krag gebruik? Ons wat betaal vir krag weet vir wie ons ook moet betaal dis hoekom dit so maklik is om die tariewe te verhoog ne. Ek dink ons is die enigste verbruikers wat ten duurste betaal vir alles in die land. Wanneer gaan die wiel nou eendag draai?

SjN ·

Sny die onwettige verbindings af dan is daar nog meer betaalde krag beskikbaar.

Rooi rissie ·

Ek stem saam jou maar dink jy dat een van hulle die tariewe vir krag sal betaal wat ek en jy betaal? Daar sal oorlog wees in die land as hulle vir alles moet betaal teen die prys wat ek en jy betaal. Ek kan jou dit waarborg.

Gert ·

Tshepo Kgadima lieg namens die regering. Die Britte het die Nordstream gaspyplyn vanaf Rusland opgeblaas(En hulle het Rusland blameer). Sonder energie sou europa gevrek het van die koue tydens hulle winter. Almal weet hoeveel steenkool ons uitgevoer het teen rekord hoë pryse na europa terwyl ons in die donker moes sit. Steenkool uit myne wat aan kaders behoort. Nou het hulle somer en die energieaanvraag is laer, daarom het ons nou weer genoeg steenkool om aan ons aanvraag te voldoen. Die regering is bereid om vir ons te lieg, die ekonomie te vernietig en om ons mense te verarm sodat hulle nog geld kan maak.

Hendrik ·

SA kragstasies is ontwerp om met ‘n laer standaard steenkool krag op te wek. Al die steenkool wat uitgevoer is na Europa pas nie by ZA kragstasies nie. Die rede hoekom Medupi en Kusille net behoorlik werk nie is omdat die Brandkamers (biolers) te klein ontwerp is. So daar is baie tegniese aspekte wat in ag geneem word. Ek se nog steeds dat ZA kragstasies moet gebou en bedryf word deur die privaatsektor en die krag moet verkoop word aan Eskom verspreiding netwerk.

TC ·

Nee daar is baie besighede wat gedwonge moes deure sluit dis hoekom ons minder gebruik. Mense het nie mee werk nie

Shakespeare ·

Die antwoord is voor die hand liggend. Die ANC het al hul bose invloed in EVKOM onttrek want 2024 stem kom nader en hulle wil die “heroes” wees wat Evkom “gered” het.

Strandloper ·

Die politieke agenda maak sin om gevreet te koop. Tydens fase 6 loadshedding het geen noodturbines ooit geloop nie, nou is dit net swart rook by al wat noodturbines is. Weereens betaal ons om die uiterste anc goed te laat lyk.

KaRoOkWaGgA ·

Ek dink die 2024 verkiesing gee grootliks aanleiding tot hierdie “skielike” ommeswaai.

Wondermaarnet ·

Dit is volgende jaar verkiesing en hulle begin nou al kruip om meer stemme te werf. Die ANC sal die krediet vat en sê dit is deur hulle wat daar minder beurtkrag is.

Witwax ·

Nee die anc skelms hou hulle hande nou vir eers uit die trog, na die vorige uitvoerende hoof se bekend maaking van korupsie. Dit is hoekom ons nou weer bietjie meer MW het.

Gert ·

Tshepo Kgadima lieg namens die regering. Na die Nordstream gaspyplyn opgeblaas is sou Europa gevrek het van die koue tydens hulle winter. Die meeste van ons steenkool is ten duurste na Europa uitgevoer terwyl ons soos grotmense in die donker moes sit. Nou het hulle somer en aanvraag na energie is baie laer. Ons voer nou minder steenkool uit en daarom is daar nou genoeg om aan ons aanvraag te voldoen. Hierdie geliefde regering van ons is bereid om vir ons te lieg, ons ekonomie te vernietig en om ons mense te verarm solank hulle net nog ‘n maar sente in die sak kan steek. Maar die ergste van als is dat daar nog mense in ons land is wat dink die regering gee om.

Waarnemer ·

In Kriel Mpumalanga word ons bevoordeel-ons kry voorkeur behandeling dn kry MEER beurtkrag omdat Emalahlenj eskom MEER geld skuld.

MC ·

As daar een ding is waaraan ek ‘n kleintjie dood het is dit as ‘n mens se IK onderskat word. Gaan gorrel die klomp twak vir diesulkes wat julle nog glo.

SwartBees ·

Dis juis wat hulle doen….Ek en jy weet hulle gorrel nonsens. Die massa stemme sluk die gegorrel en vreet die twak op vir soet koek.

Harley Davidson ·

Die onwettige aansluitings word verwyder en die solar instaleerders kan nie voorbly om sonkrag stelsels te instaleer nie .

Papsak ·

Ag asb glo hulle niks meer nie ja ek het een breinsel glo my self nie waar is al daai gelde wat vir anc gegee is om krag reg te kry waar is dit in hulle sakke in en ons wat duur betaal vir krag moet in donkerte siit dit is behandeling in SA teenoor burgers is n skande

Samuel ·

Jy kan nie een van die kaders glo nie. Ek vertrou nie die vrede nie en ‘n matige winter? Nee wat, word wakker.

Sê Ook Maar Net ·

Ek stem saam met Loun. Absolute Bog, Twak en Onsin wat ‘n sogenaamde kenner kwyt raak. ‘n Warmer “WINTER” beteken ons gebruik nou minder krag as in die somer?????? Dis nogsteeds winter. Ek kan nie glo dat ‘n kenner sulke twak kwyraak nie.

ES ·

Ek bly by my stelling – dis amper verskiesingtyd – hulle brand miljoene liters diesel om ons te flous sodat hulle stemme kan werf vir volgende jaar se verkiesing.

piet ·

So what, ons het krag. Dit was een van De Ruyter se probleme. In ‘n poging om koste te bespaar het hy die verbruiker te na gekom met ‘n verskriklike swak kragvoorsieningsbeleid met rekordbrekende onderbrekings. Ek is baie bly hy is weg.

Johan Tredoux ·

Onder de Ruyter was die stemme minder kwaad. En dit was stage 6. En nou dat dit beter gaan met iemand anders aan die stuur, is die gort gaar. Volkie kan dit nie help nie.

Leon ·

Pure snert. Die waarheid is dat die anc hulle vennote (saboteurs) gevra het om terug te hou met die plunder en sabotasie van die kragstasies tot die verkiesing oor is. Daarná kan hulle weer voortgaan en kan al die gespuis weer deel in die stropery van Eskom se bates.

NWT ·

N Jaar voor die algemene verkiesing ? Die ANC glo reg tig ons is stupid. Dankie vir die meer krag…..maar ook nee dankie vir die verhoogde krag tariewe. As julle so om gegee het so Jul Nersa se besluit om aan Eskom n 18% tarief verhoging te gee in hof betwis het. Maar julle het nie.
Ek weet al reeds vir wie Ek gaan stem. Wat doen julle aan korrupsie. Alle staats departement er moet klaar kom met n kleiner salaris verhoging terwyl korrupsie net voortduur oor Jul oe. En Zondo was reg…….staatkamping 2 is reeds besig om te gebeur.

Chris ·

Ek dink Andre de Ruyter se boek het dalk daartoe bygedrae!
Die korruptes is nou bietjie versigtig.

Aikie ·

Ek sal my nie uitlaat oor dje ANC nie, maar ek het reeds ‘n slim meter in my huis waarmee ek die geysers reguleer. Ek laat hulle twee ure in die oggend buite piektyd loop en weer twee ure in die middag voor piektyd. Wil hulle dan nou werklik vir my nog’ n “slimmer meter” kom insit?

Marthinus Johannes ·

Die een lieg storie na die ander, die Oompie van elektriesetyd lieg meer as al die ander binne Eskom saam. Hy word voorgesê en alles om stemme te werf vir volg Jaar se verkiesing. Alle pogings word verskerp na die ANC se laaste vergadering. Due NGV, die nuwe water lisensies, nuwe BEEE wette in die werksplek. Ons moet maar regmaak vir skep reël rakende grind en eiendom.

Johan Botha ·

Die ANC sien nou dat hulle stelery gaan hulle die verkiesing kos. Nou begin hulle gatkruip om stemme te werf

Jax ·

Snert! Hou op om ons vir die gek te hou! Die verkiesing is om die draai. Alles Sal nou gedoen word om die “publiek” te vrede te kry.

nicolaas ·

Om instandhouding uit te stel is pateties dit laat alles nou goed lyk maar dit veroorsaak dat eenhede onklaar raak dan word die probleem al groter. Die sogenaamde minder verbruik glo ek nie, en dit in die winter!

Wendy ·

Sal Maroela media ASB groot asb hierdie kommentare op di wye msm ook bekend maak en dalk v Eskom ook stuur sodat hul net kan sien ons is nie almal “ministers ” nie

HPJ ·

Nou ie nuus afbreek Die Afrikaanse pers moet dieDA (ANC LIGHT ) relevant hou So nou kla hulle nes die DA oor alles maar stel niks in die pelk daarvan nie Ek weet vryheid van spraak hier beteken jy fink soos ons of ons sensor jou Soos die persgemaak het met die vaccine En die pers was verkeerd So hierdie artikel is n geklaery oor goeie nuus maar daar is n verkiesing oppad en die DA (ANC LIGHT) kan nie baat ny positiwe nuus nie

Frank ·

Jy KAN nie instandhouding uitstel nie, Mashele!!!!!!!!!!! Dis presies die rede hoekom ons sit waar ons sit!!!!
Het julle waaragtig NIKS geleer nie???

Karinda ·

Dalk eerder omdat die “hoë kop” gearresteer is vir sabotasie so maand terug????? was so vinnig genoem en toe niks daarna nie? Lig ons bietjie in asb.

Jannie van Niekerk ·

Dis nie te danke aan die onbekwame minister van beurtkrag se bekwaamheid nie. Dis die hulp van voormalige EVKOM werknemers se insette. (Let wel: EVKOM nie ESKOM nie)

CBad ·

Yadda Yadda Yadda! Whatever!
As daar wel enige vermindering in loadshedding is, is dit net omdat al meer en meer mense onafhanklik van Esdom hul eie krag opwek – dis dit! Finish en klaar!

Ek is nou al ‘n geruime tyd op sonkrag en ek sien elke dag hoe blink meer en meer van my bure se dakke soos die solar panels op vlieg.

Daar is minder load want minder mense betaal vir loadshedding! Esdom gaan baie binnekort mense moet smeek om by hulle ‘n bietjie krag te koop!

piet ·

Hopelik kom ons weer by die punt toe Brian Molefe die CEO was. Toe was daar geen kragonderbrekings nie. Molefe was korrup maar hy het een ding reg gedoen en dit is om te sorg dat die ligte aanbly.

Sean ·

Matiger winter???????? Ons het in die somer beurtkrag gehad !!!!!!!!!!!!!!!!

Duck ·

Eskom se 7% verhoging het seker die manne laat ophou goed breek. En dan is tannie Pilai ook nog uit die weg geruim????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.