Dis hof toe met Dis-Chem

(Argieffoto)

Solidariteit gaan Dis-Chem hof toe sleep nadat dié farmaseutiese reus nie aan die sperdatum voldoen het om aan te dui of hy sy omstrede verbod op die aanstelling en bevordering van wit personeellede teruggetrek het nie.

Solidariteit gaan hierdie week reeds die eerste regsbriewe op Dis-Chem beteken.

Solidariteit het verlede Dinsdag aan Dis-Chem geskryf en die apteek op terme geplaas om aan te dui of die omstrede rassebeleid teruggetrek is. Indien die beleid nie teruggetrek word nie, het Solidariteit die reg voorbehou om te litigeer.

Dis-Chem het egter versuim om teen Vrydag se sperdatum hierop te reageer.

“Die hele Suid-Afrika wil weet of Dis-Chem net die omstrede memorandum of ook die beleid terugtrek. In plaas daarvan om sekerheid te gee, weier Dis-Chem om inligting bekend te maak,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Dis-Chem se verklarings is vaag en doen niks om sekerheid te skep nie. Die vraag is eenvoudig: Is daar ʼn verbod op die aanstelling en bevordering van wit werknemers? Die feit dat Dis-Chem weier om die inligting te bevestig, laat ons met geen keuse nie as om te aanvaar dat die beleid gehandhaaf word.”

Solidariteit is van mening dat Dis-Chem met die memorandum verder gaan as wat die Wet op Billike Indiensneming toelaat.

“Daarom sal ons regstrategie ʼn kombinasie wees van ʼn aansoek om openbaarmaking van inligting en ʼn aansoek in die arbeidshof om Dis-Chem se rassebeleid onwettig te verklaar,” sê Hermann.

Volgens Hermann verbied die Wet op Billike Indiensneming absolute plafonne en kwotas, en vereis buigsaamheid. “Die wet self en regspraak in die verband is duidelik daaroor.

“Daar is regsbeperkings verbonde aan rassewetgewing. Dis-Chem stel nou ʼn nuwe norm vir die private sektor daar. Die wet kan nie verbreek word in ʼn poging om aan ʼn wet te voldoen nie. Regspraak het ook al duidelik gewys dat daar regte van wit werknemers is wat ook beskerm moet word. Rassewetgewing en -beleid mag nie ʼn straf wees nie, maar moet op regstelling fokus. Dis-Chem wil ʼn harde rassebeleid daarstel. Die doel is bloot rasseverteenwoordiging en dit het niks met regstelling te make nie.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op sosiale media losgebars nadat ʼn memorandum van Dis-Chem se uitvoerende hoof, Ivan Saltzman, waarin ʼn verbod op die aanstelling en bevordering van wit personeellede gelas is, uitgelek het.

In die memorandum spreek Saltzman die vrees uit dat Dis-Chem beboet kan word as hy nie sy rasseteikens haal nie.

Dis-Chem het later gesê die memorandum was swak bewoord en dat dit nie die waardes van die maatskappy weerspieël nie. Die maatskappy het ook gesê hy het groot waardering vir al sy werknemers en het verskoning gevra vir die aanstoot wat die memorandum aan sommiges gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Moenie jul tyd mors nie. Ons weet reeds wat hul planne is. Jammer vir die personeel wat hierdeur geraak word maar vir my is Dis-Chem ‘n NO GO ZONE. Nooit weer sit ek my voete daar nie. En ja, daar is ‘n paar ander besighede onder hul naam wat ek nou OOK vermy. Die lysie raak langer. Ek sal dit van nou-af fyn dophou en ALMAL boikot waar my velkleur ‘n probleem is. Mens kan net soveel vat. My geld, my keuse.

Perdeby ·

Dis reg as jy nie weer daar koop nie, maar die boikot kan dalk dat hulle van hulle takke moet sluit, en het jy geweet dat daar wel blankes werk, van my en jou familie en vriende of se kinders, wat dalk sonder werk gaan wees.

Trotse Boervrou ·

Perdeby, tydens oorloë, grensoorlog, die boere-oorlog ens. is daar mense dood. Hulle was dalk ook jou en my vriende, familie, kinders ens. Daar is altyd ‘n prys om te betaal. Hul het soos een man geveg, ongeag die uitkoms. Hul het geweet daar gaan mense sneuwel. Alhoewel bitter hartseer, is dit maar hoe dit werklik werk en kan mens nie net gelate aanvaar wat aan ons gedoen word nie.

Schalk ·

Presies Perdeby, die wat reeds daar werk gaan ook nie bevorder word nie, so die aksie teen hulle is in elk geval om vir hulle ook te veg.

Antie Sarie ·

Hulle het genoegsame kennis gekry. Ek weet van meer as een apteker was n privaat apteek verlaat het om by dischem of clicks te werk, want hul het geglo dit gaan beter lyk op hul cv. Oestyd

WitBlits ·

Jy se dit die beste – My geld, MY keuse! Stem 100% saam.

Johan ·

Ek stem saam, ek boikot hulle vir ‘n paar jaar al. Die meeste groot kettingwinkels het dieselfde beleid, hulle stuur net nie sulke briewe uit nie. :)

Gerhard ·

Nee wat Dis-Chem, ek dink dit is te laat vir julle. Julle moet maar tevrede wees met die geld van die wat julle wil aanstel en bevorder, instede van die wat nie oorweeg mag word nie. Ons sal daardie werknemers wat nie bevorder mag word nie en die wat nie oorweeg mag word vir aanstelling nie ondersteun deur julle (Dis-Chem) nie meer te ondersteun nie. Cheers

Antie Sarie ·

Hulle sing heerlik Ring a Ring a Rosies. Hus hush, they all fall down

Kiepie ·

Dis-Chem is nie ‘n “farmaseutiese reus” nie. Dit is bloot ‘n groothandel apteekgroep (wat bygesê, ook maar net handel dryf in ‘n omgewing waarin hulle verplig word om aan sekere wetgewing te voldoen ongeag of hulle daarmee saamstem). J&J, Pfizer, Roche en diesulkes is farmasutiese reuse.

Samuel ·

Litigasie kan baie lank duur. Mobiliseer liewer die wittes om Dis-Chem geheel en al te boikot.

Laksman ·

Moenie tyd en geld mors in die hof nie……ons “straf” hulle sommer self.

SjN ·

Die saak gaan telekens uitgestel word, staan saam en boikot die klomp.

Barney ·

Dit gaan niks help nie. Besighede moet aan regulasies voldoen wat deur die owerhede aan hulle opgelê word. Ons blankes is ‘n handjie vol in vergelyking met die ander rasse, so ons ou geldjies is peanuts in verhouding tot die besigheid van die massas. As jy nie by besighede wil koop wat nie meer blankes aanstel nie is ek bevrees moet jy maar jou lappie grond kry en self jou kos begin produseer en jou eie seep kook, want besighede wat nie aan hierdie voorskrifte toegee nie is so skaars soos hoendertande.

Laksman ·

Dis van “go with the flow” dat als gaan soos dit gaan in SA. Onthou, net dooie visse swem saam met die stroom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Stem met jou voete. Stig kleiner ondernemings in die Wes Kaap waar mense woon wat jou sal ondersteun. Die noordelike provinsies se einde is in sig.

Antie Sarie ·

Duidelik bly jy op n ander planeet. Want in ons omgewing is baie. En dit sal ook n mark skep sodat mense kan gaan koop waar hul gemaklik is.

Pieter ·

Presies dankie.
As jy nie by Dischem wil koop nie, gaan dan na jou eie area se Apteek. Hou op praat en doen dit stilletjies. Maar ons verstaan ook dat Dischem ‘n designated service provider is vir baie Medies Fondse, so dus sal jy meer betaal as jy local gaan. Maar daar is darem opsies…
Die probleem het egter nie onstaan in Dischem nie, so hoekom boikot ons hulle en die vyf wit mense wat daar nog werk? Hoekom doen ons nie eerder iets aan die core probleem nie…
BTW wanneer laas het julle enige wit mense iewers gesien werk wat ‘n franchise is? McDonalds… Hoekom praat niemand oor hulle nie? Ons eie prezziedent het al syne verkoop aan United Arab Emirate in 2016, maar daar sal jy slegs swart mense sien werk.

Magda G ·

Ek ondersteun Solidariteit met die besluit. Ons wittes se geld is goed genoeg maar nie om bevorder te word nie. Solidariteit gee Dis-chem gas

Owlie ·

Dis hoogtyd dat alle retail winkels asook alle ander besighede se ware beleid, hoeveelheid van watter ras, ware kwalifikasies asook ware ondervinding nagegaan en reg gestel te word.
Dis skrikwekkend om in winkels in te stap en geen tot bitter min indiërs, kleurlinge, blankes en selfs goed op geleide gestremdes daar te sien werk en dis nog meer skrikwekkend om by n kasregister te staan en n till pakker te moet leer hoe om sakke te pak asook om die kasiere aan te spreek oor swak kliente diens en gesprek voering in hul taal.
Solidariteit en Afriforum is voorwaar die enigstes wat werklik opstaan vir alle Suid Afrikaners

Johan ·

Wat van besighede soos Clicks en Woolworths wat jare reeds dieselfde beleid volg?

Hannelie ·

Ek het Clicks gelos om by Dischem te koop…….maar dankie jul het die besluit weereens vir my gemaak.

Perdeby ·

Solidariteit was nog altyd suksesvol gewees, so waarom nie hierdie keer nie?

Richard ·

Die landswette dwing maatskappye om regstelling aksie toe te pas. Die probleem is dat maatskappye nie saamwerk en as ‘n kollektief opstaan teen die regering nie. Alles gaan oor geld. Die boikot ding is ek maar skepties. Klomp het Spur ook ge-boikot, en nou sien ek weer die Afrikaanse “Spur people for life” is hul massas by Spur op naweke. Oor ‘n paar weke gaan almal weer lustig koop in Dischem.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Spur in Doornpoort, Pta, het wel toegemaak.

Driko ·

Dischem se moratorium is selfs teenstrydig met hul eie BEE beleid. Dink nie Saltzman weet wat daarin staan nie.

Driko ·

Marius. Ons groep op Facebook is reeds meer as R11 500 sterk en ons peiling is dat ongeveer R20 miljoen per maand weerhou gaan word en by ander apteke spandeer word. Dischem stap die selfde paadjie as Spur. Hulle oogklappe sal met skok afkom. So ook hul aandeelprys.

Pieter ·

Wat van Spur? Hulle is nou meer besig as ooit…
En BTW Dischem draai R30 Miljard ‘n jaar, so hulle lag steeds, slefs sonder R240mil ‘n jaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Pieter, ek weet van ‘n Spur wat toegemaak het in Doornpoort, Pta. Ek waarborg jou, met ‘n goeie strategie sal ‘n paar Dischems wat klante verloor ook sluit. Niemand is te groot om te val nie.

Pieter ·

wat help dit hulle van Dischem aan, dit is ‘n besigheid en probeer maar net voldoen aan die “Keiser” (cANCer) se wette… Sort die “cANCer” uit en Dischem sal volg…
Ek wens ons kan eendag soveel aandag gee aan iets Goed ook…

Johan ·

Boikot is reg, maar wanneer laas het julle n wit mens by ENIGE kettingwinkel gesien.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie Spar franchises het wit eienaars.

Antie Sarie ·

By die spar naby ons is eienaars wit, asook die volle bestuur

Schalk ·

Kyk op sosiale media al die aksies en kyk dan in die agtergrond hoe baie van ons wit mense stap in en uit daar terwyl mense buite protesteer. Daar is ‘n duidelike groep mense wat hulle nie steur aan die aksies nie. Jammer daaroor want ons sal moet saam staan.

Conrad ·

Weet julle, ek was ‘n Dis-Chem ondersteuner maar sedert die uitval het ek na Van Heerden en Arrie Nel Apteke gegaan en dis in elke opsig beter as Dis-Chem. Selfs al waai dié oor, gaan ek nie terug nie dis net té lekker om ons eie mense te ondersteun. Dit gesê, gaan neek hulle op in die hof en los hulle tot hul eie genade. Daar is beter mense om te ondersteun, mense en maatskappye wat ons Afrikaner steun soek en verdien!

Lillian ·

Julle mors jul tyd, Dis-chem sal net voortgaan en agteraf hul planne uitvoer.

Antie Sarie ·

Hulle gaan sukkel as meer as die helfte van hul kliente wyk

Francois ·

BEE is ‘n teenstrydig met enige interpretasie van menseregte. Apartheid met ‘n bedrieglike ander naam.

Solank daar BEE (of enige vorm daarvan) bestaan, kan daar geen sprake wees van ‘n voorspoedige, nie-rassige Suid-Afrika nie!

goodCOP ·

Julle mors julle tyd geld om hof toe te gaan. Dit maak nie saak wat die hof beslis nie, dischem gaan doen wat cANCer hulle beveel of hulle gaan groot boetes betaal en daai geld sal nie daglig sien nie. Los hulle maar vir die wie hulle te nakom

Keelvol ·

Die probleem is Dis-Chem beroep hulle op die “Equity Act” in die hof. Wat n bestaande wetgeving is. Om die saak teen dis-chem te wen, moet Solidariteit die einste wetgeving as ongrondwettiglik in die grondwet hof laat verklaar. Anderste mors hulle, hulle tyd. Hoop solidariteit wen.

Antie Sarie ·

The Employment Equity Act is the law that promotes equity in the workplace, ensures that all employees receive equal opportunities and that employees are treated fairly by their employers. The law protects you from unfair treatment and any form of discrimination.. Mens sal willens blind moet wees om nie te sien die wet word deur dischem oortree nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.