Dís wat SA hoof van leër in Rusland doen

Lt.genl. Lawrence Mbatha, nuwe hoof van die SANW. (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het bevestig dat die hoof van die Suid-Afrikaanse leër, lt.genl. Lawrence Mbatha, in Moskou in Rusland is vir “bilaterale vergaderings tussen twee militêre instellings”.

Die SANW voer verder aan dat dié vergaderings ’n staande ooreenkoms is en lank vooruit gereël word.

Maroela Media het vroeër berig Mbatha se besoek volg enkele dae nadat ʼn herrie losgebars het in reaksie op uitlatings van Reuben Brigety, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, dat wapens en ammunisie op ʼn Russiese vragskip by die Simonstad-vlootbasis gelaai is.

Mbatha se besoek aan Rusland is aanvanklik deur Russiese media bekend gemaak.

“Die hoof van die Suid-Afrikaanse leër het ’n uitnodiging van sy Russiese eweknie vir ’n welwillendheidsbesoek ontvang, wat ʼn besoek aan die hoër gekombineerde Weermagakademie en die Artillerie‑ Militêre Akademie insluit,” het die SANW Maandag gesê.

“Tydens hierdie besoek sal die hoof ook gesprekke oor personeel met militêre amptenare hê. Daar moet kennis geneem word dat Suid-Afrika militêre-tot-militêre bilaterale betrekkinge met verskeie lande het. Die SANW ontvang talle militêre afvaardigings en stuur sy eie afvaardiging na ander lande om sake van wedersydse belang te bespreek.”

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, sê die besoek aan Rusland “wys weereens die ANC-regering se gevoelloosheid en onsensitiwiteit vir ons [Suid-Afrika se] diplomatieke en handelsdilemma”.

Hy sê dit is ook maar net die jongste in ʼn rits voorvalle wat die ANC-regering se steun aan Rusland bevestig.

“Selfs ná die ineenstorting van die rand en die oproep van die VSA om verhoudings te eerbiedig, het hulle [die ANC] steeds voortgegaan om hierdie besoek af te lê. Dit is skandelik.

“Die DA doen ’n beroep op die minister van verdediging, Thandi Modise, om Suid-Afrikaners toe te spreek en aan die land te verduidelik wat presies die doel van hierdie besoek – betaal deur die belastingbetaler – is.”

Marais sê voorts dat die stelling wat pres. Cyril Ramaphosa Maandag in sy nuusbrief gemaak het dat Suid-Afrika “onverbonde” is, ʼn leuen is.

“Ek is redelik seker dat as die Russiese media nie oor hierdie besoek berig het nie, dit vir die Suid-Afrikaanse publiek versteek sou wees, net soos soveel ander gebeure en gevalle waar die ANC-regering probeer het om hul eie verleentheid en verfoeilike optrede te verdoesel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Vonkprop ·

Hierdie skielike besoeke tussen SA en Rusland maak my bietjie onrustig. Die ANC voer iets in die mou. Iewers word iemand van wapens voorsien en dit is nie ons aan hulle nie, maar liewers andersom. Ek kry die gevoel daar word voorberei vir iets en dit mag dalk te doen hê met Eskom se gemors wat uitgekom het en die 2024 verkiesing. Iets voel nie lekker nie. Hoop ek is verkeerd.

Amelia ·

Weet nie of dit mag se nie maar ek dink hier i oorlog oppad dalk 3de wereld oorlog Ek wat ek weet die mense speel met ander se lewens rand wat niks beteken russe en china se gereelde besoeke korupsie wat maak die mens met die geld is dit om as die paw paw van strike is hul weg en los als net so en burgers moet gemors self hanteer

TruthDealer ·

Amerika en die Weste kon mos nie rus tot SA n ANC regering het nie. Hulle het onverpoosd onderduims gewerk en gesanksie en gedreig tot ons wel n ANC regering gekry het. Nou byt julle inmenging van die verlede, julle enkels in die hede. Deal with it. En vir die mense wat my wil kruisig, ieder en elk van julle wat destyds ja gestem het vir iets so banaal soos internasionale rugby speel, gaan koop spykers en hout vir julself. Anders is julle niks anders as huigelaars nie.

Treurwilger ·

Vir wat dit ookal werd is, ek stem 100% saam met jou oor hierdie saak.
Die VSA/NAVO dryf die oorlog in Oekraïne verwoed voort sonder enige sprake van vredesonderhandelinge.
Uiters verdag …

piet ·

Amerika was een van die grootste ondersteuners van die Apartheidsregering in ‘n stadium totdat die Apartheidsregering heeltemal uit beheer bein raak het met hul mense vergrype.

TruthDealer ·

Amerika is die allerlaaste land wat oor menseregte vergrype kon kla. First, the whites who settled America, genocided almost an entire continent of people, the Native Americans. En van toe af net oorlog op inval op oorlog op inval. Klu Klux Klan. 500 000 vermoorde kinders in Irak. Miljoene der miljoene vermoor deur Amerika, wêreldwyd. A country born in blood, and wallowing in the blood of innocents, ever after.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee pieta, die “apartheidsregering” het sy nut verloor. Amerika voel vere vir “mense vergrype.” Toe drop Amerika die land soos ‘n warm patat. Die ANC is besig om dieselfde met Amerika te doen, en nou is hul ongelukkig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Amerika het gereken dat met die ANC in beheer gaan Suid Afrika net nog ‘n sateliet staat word en pion van Washington. Ek glo dat indien die NEE stem destyds gewen het sou Suid Afrika nader aan Rusland beweeg het. Die ideale van die Russiese Federasie destyds was in lyn met NEE stemmers se ideale. In ons harte is ons baie na aan Russe.

TruthDealer ·

Even now, Afrikaners and especially Christians will find much more common ground within Russian society. They are down to earth, sensible, mostly decent, friendly people. America, on the other hand, has become a cesspit of perversity, and especially targeting young children with their filth. Ek glo regtig, die meeste Afrikaners hier sal fisiek naar word tot vomering, as hulle die omvang vd verderf kon aanskou. Afrikaner waardes pas ver beter by Russiese waardes.

TruthDealer ·

Dis jou goeie reg. Maar as dit kom by die harte en waardes van n bevolking, het Afrikaner waardes meer in gemeen met die van die gemiddelde Russiese mense.

Boatsie ·

En die ironie is daai twee gesigte is nou so stil soos die graf en sit en bespiegel en beplan hoe hul nog meer kan konkel en gatkruip ten spyte van ons land wat ten gronde gaan.

WhiskyJack ·

Sodra ons dink ons is op die bodem, gooi die anc ons ‘n graaf.

Roebs ·

Ja ja hy is daar vir ander redes dink ek. Laat mens wonder.

Andre ·

Die politici is ook maar pal aan die praat. Ek weet nie meer wie is mense en wie is media verdraaiers nie.

SwartBees ·

Ek is geen EFF ondersteuner nie, maar lately praat Malema nie (so baie) nonsens nie…..of is dit net ek? Hy vlek die regeerende party oop maar nie veel luister na hom nie.

TruthDealer ·

Blankes is maar versigtig vir hom want hy maak dit duidelik dat hy ons nie juis kan verdra nie. Maar ja, hy is ook soms reg. Net jammer hy is so haatdraend, dis wat mense afsit van wat hy ook al sê, selfs wanneer hy korrek is.

SwartBees ·

Ek weet ek kry baie kritiek oor die stelling en ja hy is haat draend en mens kan hom glad nie vertrou nie en hy maak baie geraas. Alhoewel hy n vreeslike pyn is, hy gooi die anc se hele wasgoed mandjie uit. Onthou eending, hy het lank skouers geskuur met baie van hulle en hy weet wat in die binnekringe gebeur/bespreek/gekonkel word/was.

Kyk, my kruisie sal hy in sy hele bestaan nooit kry nie, hy iste waan-en kranksinnig.

Gaitsigubib ·

SwartBees ek werk nie vir “Likes” nie. Hierdie ou is slimmer as wat mense dink en boonop baie ambisieus. Die lyne vir die onvermydelike konflik wat kom word getrek en hy probeer hom posisioneer. Hy was eers teen Zuma maar die oomblik toe Zuma uitgeskop word het mr sy tune verander. Dit was een van sy groot foute waaroor hy homself skop. Nou lyn hy hom weer op met ander (bv in Eskom). Ek het ook sy toespraak geluister. Hou hom maar net fyn dop want hy het n joker of 2 in die pakkie.

Madz ·

Hy het seker gaan help “wegsteekplek” soek vir al die wapens van SA bodem…..

Grassie ·

Ek het verlede week ‘n nuusberig op Al Jazeera gesien dat Putin in ‘n verklaring gesê dat sy vriendskap met SA verdiep het en dat hy ‘n groot hoeveelheid graan aan SA gaan skenk. Rusland skenk nie graag goed nie, ek glo dit is betaling vir goedere, soos wapentuig, wat gelewer word. Ek het nie daardie berig in die S A media gesien nie, maar ek kon dit misgekyk het. Onse generaal is seker nou besig met daardie transaksies – “jy laai die graan af dan laai ons die goed op wat jy benodig.”

Sobymykoolkop ·

Grassie, in effek maak Rusland tans oorlog teen ń magdom lande. Dink jy regtig Suid afrika kan aan rusland wapens voorsien? Nie in ons leeftyd nie.

Grassie ·

Die Wagner groep wat deel is van Rusland se magte het opgehou veg omdat hulle ammunisie op is – hulle het nie patrone vir hul wapens nie. Dan is daar uit die vorige era hier by ons nog taamlik baie grofgeskut wat nie in gebruik is nie. Rusland is in die moeilikheid en alle bietjies sal vir hul welkom wees. Vir die ANC-regering se kaders is daar sekerlik ook die vooruitsig van ‘n paar roebels in hul gatsakke.

SwartBees ·

Jy sal nooit so iets in SA media sien nie, want onthou n diktator regering beheer alles….soos destyds in rusland.

Marthinus W ·

Die graan-ooreenkoms tussen Rusland en Oekraine word misbruik, volgens Poetin. Zelenski gebruik die skeepsroetes as dekking vir sy onbemande moordtuie se aanvalle in en om die Swart See. n Studie deur n Europese mpy het bevind dat van al Oekraine se graan, wat bedoel is om na arm lande te gaan, in die EU opeindig, die meeste in Spanje, wat dit dan vir hulle varke voer. Rusland het besluit om iets soos 500 000 ton graan aan Afrikalande te skenk.

SjN ·

Die klomp kaders het beloftes gemaak en dit is nou payback time.

Raadsman ·

Die russe weet nie hoe die assegaaie werk nie!!
Die ANC raak nou ernstig daaroor dat niemand in hul korupsie moet interveer nie, veral nie Amerika nie.

Wonder ·

ANC SAYS RUSSIAN PARTY WARNED THAT IF SA ARRESTS PUTIN, IT’S A WAR DECLARATION…

TruthDealer ·

Dit sou die beste wees vir SA EN vir Mnr. Putin self, om die beraad virtueel by te woon. Dan is daar geen kwessies van in hegtenisnemings neem en tallose ander probleme nie.

JohanR ·

Soos met David Mabuza hou onse lt.genl. Lawrence Mbatha en die 30 wat saam met hon gereis het lekker vakansie op die belastingbetaler.

Casper ·

Ag ek is nie eers bekommerd nie,want sien die Kol,-joor het net die SANW se kettues gaan terug vra want hulle sien nou ons het ‘n rekort.

quartus ·

wonder watse kwalifikasies en ondervinding die generaal het

Boatsie ·

Wie en wat in die wêreld kan iets by ons “geweldige patriotiese” weermag leer??????
Maar lekker vlieg en drink en kuier is mos deesdae deel van topamptenare se portefeulje.
Die vraag is, wat gaan ons baat daarby?????
Besluit maar self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.