Dissipline, beserings, oudisies: laaste skof voor Wêreldbeker

(Foto: Rugby World Cup/Twitter)

Die laaste oefenwedstryde voor vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi word hierdie naweek gespeel, met die wêreldkampioen Suid-Afrika wat Nieu-Seeland vanaand om 20:30 (SA tyd) op Twickenham die stryd aansê, terwyl Australië die voorste aanspraakmaker – Frankryk – Sondag om 17:45 (SA tyd) sal aanpak.

Hier is drie kwessies wat op die veld (en waarskynlik langs die braaivleisvuur) gaan saak maak:

Dissiplinegevaar

Oor die afgelope twee weke het probleme met dissipline verskeie spanne se voorbereiding vir die Wêreldbeker – wat op 8 September afskop – geteister. Engeland se kaptein, Owen Farrell, is geskors en sal twee groepwedstryde misloop, terwyl Billy Vunipola nie beskikbaar gaan wees nie vir wat waarskynlik ʼn kritieke openingswedstryd teen Argentinië op 9 September gaan wees.

Albei is geskors vir soortgelyke gevaarlike spel, terwyl Wêreldrugby probeer om die spel veiliger te maak deur die aanvaarbare duikslag-hoogte te verminder.

George Maola, Tonga se voormalige Nieu-Seelandse senter, en die Roemenië-slot Adrian Motoc was voor die skouspel ook die onderwerp van dissiplinekwessies.

Met almal behalwe vier van die Wêreldbekerspanne hierdie naweek in aksie, is daar waarskynlik ʼn hele paar hoofafrigters wat diep bekommerd is voor die toernooi begin.

Kommer oor beserings

Die opbou tot die meeste groot toernooie gaan maar altyd gepaard met kommer oor fiksheid en die maande voor dié Wêreldbeker was geen uitsondering nie. Suid-Afrika sit sonder losskakel Handré Pollard, senter Lukhanyo Am en slot Lood de Jager, terwyl die All Blacks weer kommer het oor die slot Brodie Retallick en Shannon Frizell.

Oor na die Franse en Les Bleus is vir Romain Ntamack kwyt, Engeland moet sien kom klaar sonder Anthony Watson; Tommaso Menoncello kan nie uitdraf vir Italië nie en die Argentynse slot Nahuel Tatez Chaparro is op die krukkelys.

Skotland, Georgië, Frankryk en die Azzurri, asook die Bokke en All Blacks is onder dié lande wat sterk spanne vir die naweek se wedstryde gekies het – met afrigters (en ondersteuners) wat die uitslae met ʼn valkoog gaan dophou.

‘Oudisies’

Die finale spanne vir die Wêreldbeker moet teen Maandag aan die toernooi-organiseerders bevestig word, maar die meeste spanne het reeds hul 33 manne aangewys.

Die naweek laat ʼn laaste gaping vir spelers om die afrigters vir oulaas te beïndruk.

By die Bokke begin Canan Moodie in die ongewone posisie van senter teen die All Blacks; losskakel Jack Crowley het ʼn oudisie as plaasvervanger vir Johnny Sexton in Ierland se wedstryd Saterdag teen Samoa; Jonny May draf vir Engeland teen Fidji op met Watson wat nie beskikbaar is nie en die Franse stut Sebastien Taofifenua is Sondag op die plaasvervangerbank teen die Wallabies.

Afrigters mag nuwe spelers tydens die Wêreldbeker oproep, maar slegs weens beserings of dissiplinêre kwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Harley Davidson ·

Die sixty sixty span saamgestel op velkleur kwotas is ‘n “embarrassing ” aangeleentheid vir regte Suid-Afrika burgers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.