Dlamini-Zuma moet redes vir Covid-19-inperking gee – hof

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma (Foto: Department van samewerkende regering en tradisionele sake)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, moet nou die gronde vir die instel van die staat van inperking, rampbestuursregulasies en die onderskeie inperkingsvlakke te midde van die Covid-19-pandemie bekendmaak.

Só het die hof beveel ná ’n hofoorwinning wat Sakeliga op 9 November teen die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, behaal het.

Sakeliga vra al sedert 2020 dat die minister die besluitnemingsrekords oor Covid-19-inperkings bekendmaak en het in September verlede jaar amptelik met die litigasiestryd begin om die minister te dwing om aan hul versoek te voldoen.

“Vir die eerste keer sedert die verklaring van ’n nasionale ramptoestand oor Covid-19 in Maart 2020, sal die sluier van geheimsinnigheid oor die regering se besluitnemingsprosesse oor Covid-19-rampbestuurregulasies, gelig word,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

Die rekords wat Dlamini-Zuma nou moet lewer, hou verband met die besluitnemingsprosesse wat in 2020 gevolg is om die land onder ’n grendelstaat en rollende verlengings daarvan te plaas.

(Argieffoto: Maroela Media)

“Die inperking- en ander maatreëls het ekonomiese en sosiale aktiwiteit geweldige skade berokken. Die publiek sal nou self kan bepaal of die oënskynlike redes billik was waarvolgens Dlamini-Zuma en haar departement polisiestaat-toestande aan die publiek opgedring het om seker te maak mense bly in hul huise terwyl sakeondernemings, skole, universiteite en kerke gesluit bly.

“Terwyl skade wat Covid-19-inperkings aangerig het mettertyd duideliker word, spreek Sakeliga nou die hoop uit dat ons hofoorwinning lede van die publiek in staat sal stel om die regering verantwoordbaar te hou vir skadelike besluite van die verlede en om soortgelyke besluite in die toekoms af te weer.”

Dlamini-Zuma moet kragtens die bevel teen 9 Desember ’n verskeidenheid rekords van besluitneming oor Covid-19-inperkingsbesluite aan Sakeliga lewer. Dit sluit in alle rekords, redes, verslae, bevindings, beraadslagings, kommunikasie, memoranda en verdere dokumente waarop die minister gesteun het met die instel van die inperkingsregulasies.

(Argieffoto: Unsplash)

Le Roux sê die moontlikheid bestaan dat Dlamini-Zuma sal beweer dat die rekords wat sy kragtens die hofbevel moet lewer grotendeels nie bestaan nie. “Dit sou vermoedens bevestig dat daar onbehoorlike en arbitrêre besluitnemingsprosesse gevolg is met die uitvaardiging van Covid-19-regulasies, en opnuut vereis dat die regering tot verantwoording geroep moet en kan word vir grof onverantwoordelike optrede.”

Sakeliga het gesukkel om Dlamini-Zuma se samewerking te kry en volgens Le Roux was die regstryd deurtrek met die regering se misbruik van hofreëls en vertragingstaktieke, soos om onreëlmatige kennisgewings van beswaar in te dien en dit later terug te trek.

“Ondanks die regering se pogings om die saak te ontspoor en uit die hof te hou, het Sakeliga die proses deurgevoer.”

Sakeliga oorweeg dit om voort te gaan met ’n aansoek om Dlamini-Zuma van minagting van die hof skuldig te bevind indien sy versuim om teen 9 Desember die tersaaklike rekords te lewer.

Die organisasie is ook besig met twee ander sake om toekomstige magsmisbruik in verband met oordraagbare siektes te verhoed:

  • ’n Hofaansoek in die hooggeregshof in Pretoria om te verhoed dat die Wet op Rampbestuur in die toekoms misbruik word om drakoniese maatreëls deur middel van regulasie-maak af te dwing. Lees meer hier.
  • ’n Hofsaak, wat reeds daarin kon slaag om verpligte masker-dra, verpligte inentings, en Covid-19-reisvereistes uit die weg te ruim, en steeds aan die gang is om toekomstige pogings tot indringende gesondheidsmonitering te verhoed. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Pietertjie ·

Hoe meer hulle bloedneus in die howe kry, hoe minder steur hulle hulleself daaraan.

Danie ·

Ek sal nie verbaas wees as hulle IK laer as hulle skoen grote is nie… (dit is die standaard: VSA, VK en selfs Europese, nie millimeters of sentimeters nie.)

Tanniepetoors ·

Sy, en sy alleen het miljoene mense in hierdie land verarm, laat honger ly en van hul menswaardigheid en vryheid beroof.

Stephen ·

Terwyl sy en haar rampokker vriende en familie, miljoene gemaak het met onwettige smous van sigarette.

Johan ·

DIe redes maak nie saak nie, siende dat nagevolge nie n rol speel nie en die hof teaterstuk net n speletjie is om die arme ou publiek mee besig te hou.

Heinrich ·

Nou hoe gaan hulle die dolosse kry om weer dieselfde te van vir die hof?

Mieke ·

Sy sal nooit die regte redes gee nie. Wat van die sigaret saga? Ook net selfverryking.

Esme ·

ANC was die enigste begunstigdes. Ons ander is almal in die proses verarm.

Gerhard ·

Ek is baie bly hiervoor en regtig, ek hoop sy sal tot verantwoording geroep word vir dit wat sy en eintlik die res van hulle gedoen het. Miljoene mense so swaar laat trek het en baie van die mense steeds swaar trek terwyl sy miljoene in haar sak gesteek het. Vergifnis gaan swaar wees vir dit wat sy en hulle aan ons gedoen het. Ek besef dat baie mense siek was in die tyd van C-19 en mense het gesterf, wat baie hartseer is en mens het meegevoel daarvoor, maar om die res almal soos skape na die kraal te lei en onregmatige absurde regulasies in te stel, onaanvaarbaar. Ek hoop netnie hierdie gaan weer net verdwyn nie, soos baie ander sake.

chris ·

Sy het net opdragte uitgevoer van die WGO en WEF waar ons deel is van die G20 lande .

Althes ·

Ja moet nie die verbanning van ooptoon skoene vergeet nie!

Milestone ·

Ongelukkig het die WGO se aanbeveling/opdragte die basis gegee vir magsbehebde vergrype en selfverryking. En dis die probleem. Ongelukkig nie beperk to SA nie. In ander lande het premiers/presidente ook die golf gery om seker te maak hulle trek maksimum voordeel.

Johan ·

Dis tragies, maar ek dink nogal jy is reg. Die WGO is maar net n mediese kartel.

De Villiers ·

Verbeel jou Dlamini Zuma moet ook tronk toe gaan omdat sy die hof minag.

LANA is ELANè ·

Dankie Sakeliga!
Hierdie inperkings het meer mense vernietig as wat die sg pandemie ooit kon regkry. Mense sukkel steeds om uit die as op te staan, party mense het so verarm agv verlies aan inkomste dat dit steeds ñ stryd is om liggaam en siel aanmekaar te kan hou.

En dan praat ek ook nie eens vd feit dat soveel mense ly aan geestesgesondheid toestande soos depressie, na die drakoniese onderdrukking van menseregte.

Als danksy ñ regering wat mags- en beheer behep is.

Wendy ·

Maar niemnd wou lystr na sg conspiracies nie ,almal ht die mainstream gvolg

Papsak ·

Tree bitter baie vinniger en harder op met hulle laat hulle sien ons nie bang vir hulle nie ek stem alles van daardie tyd af was alles onwettig

Kobus ·

Gaan sy handdoek ag ek bedoel Kopdoek ingooi? Die tempo waarteen sy praat gaan die saak ook jare neem. Mpofu gaan haar ook seker verdedig. Gaan dan seker Jacob se leêr “Copy & Paste”

Michael ·

Sy het ons 3 klein besighede totaal vernietig. Alles wat ons opgebou het oor 30 jaar is binne 4 maande totaal vernietig en bly ons nou by ons kinders nadat ons alles verloor het en nou met skuld sit wat ons eenvoudig nie kan betaal nie. Hulle gee absoluut niks om vir die besighede, werksgeleenthede en lewens wat hulle vernietig het nie.

Johan ·

Ons het ook baie verloor, sal jare neem om te herstel, en niemand word verantwoordelik gehou vir die onnodige vernietiging nie. Dis nou wat gebeur as arrogante politici en medici n kans kry om die ghitaar te slaan….dit mag nie weer gebeer nie, die ekonomie is ook belangrik en hou ook mense aan die lewe.

Michael ·

Jy is reg Jacob, klimaatsverandering net ander voertuig om wereldbevolking totaal te probeer beheer. Die klimaatverandering vind plaas in siklusse reeds van die skepping af. Phizer hulle het reeds erken hulle het geen idee oor die newe-effekte van hul inspuitings gehad nie. Miljoene sterf nou agv dit en die HSM rapporteer net niks daaroor nie

Michael ·

Dit het nooit oor gesondheid gegaan nie, maar beheer. Vigs en TB laat meer mense sterf as C19 ooit gedoen het, en doen dit steeds, waarom pla dit jou nie?

Lurock ·

Ag, sy sal uitstel op uitstel vra sodat sy iets kan voorberei wat jy iedergeval ‘n klomp snert sal wees. Hier is nog ‘n geval van geen verantwoordelikheid vir haar dade nie, net soos haar man. Maar daar is een troos, daar kom ‘n dag wat ook sy en hy gaan moet antwoord aan die Groot Regter.

Jaco ·

Dis seker baie edel van Sakeliga om by dié saak betrokke te wees, maar 1 ding pla my wel:

Wat van sake van ons eie mense?Eendag wen Sakeliga dalk dié saak en kry al die verering en “limelight”, maar dan is hulle geld ook op en dan is Sakeliga magteloos om te help met sake waar regstellende aksie en BEE en ander vorms van diskriminasie en rassisme ons eie mense al hoe meer benadeel.

Vergeet nou eers die prestige en die “limelight” en konsentreer NET op dit wat ons eie mense regtig raak. Betrokkenheid by ‘n saak wat NIKS met Sakeliga se eintlike belangegroep te doen het nie, help ons eie mense wat reeds so swaarkry absoluut niks. Lawyers for Human Rights sou dié saak net so goed soosSakeliga hanteer het

Johan ·

So sleg as wat die diskriminasie is, dink ek dit benadeel swartmense meer. Ons is besig om ons ekonomies af te sny, en beskerm wat ons sn is met alles wat ons het, kyk maar hoe ons kleiner besighede het wat met mekaar besigheid doen. Die res val uitmekaar.

Strandloper ·

Ek kry die kinders jammer wat dit sien….eks scared for life

Johan ·

Ek wil ook nie daai ding sien nie, sy walg my. Eks seker ons blok die vernedering uit.

Kobus ·

Jax, die punt is dat sy die die hele land tot stilstand gebring het met ongegronde bevindings. Haar “zol” teorie was belaglik. Mense in nedersettings het hulle nie aan enige reels gesteur nie. Swartmark het floreer, o.a die sigaret bedryf waarvan haar seun deel was. Maskers sou voldoende gewees het.

Althes ·

Mooi so!! Ons gaan nie onderdruk word soos die burgers in Sjina nie!
Mag jul geldkraantjies opdroog!! Hofsake is duur – jul arrogansie sal een of ander tyd moet ingee met hofonkoste!

André ·

“Die minister van samewerkende” werk nooit saam nie. Daar is geen gevolge vir dié gene nie. Net ‘n mors van belasting geld. Nie een van die hoës in die ANC sal ooit in die tjoekie sit nie. Hulle kan op kamera iemand skiet en niks sal gebeur nie. Die ANC en die wet is ‘n klug en ‘n grap!

Mariana ·

Die vrou moes al lankal op pensioen gewees het. Tyd dat sy koers kry met haar miljoene. Tronk toe sou goeie oplossing wees, maar ons weet dit sal nooit gebeur nie. Sy probeer die septer swaai maar het nog altyd net aangejaag.

Daniel ·

Hulle mors geld, realisties gesproke wat kan die uitkoms wees? Daar gaan niks van kom

Owlie ·

Sederd 2020 word gevra, nou word gesê sy moet redes gee mmmm hoe lank gasn daar nou vir due reees gewag word? Hulle moenie tyd kry om aan redes te dink nie, hulle moet die oomblik wat die besluit geneem en bekend gemaak word onmiddellik die redes verskaf.

Lillian ·

Dit het geen impak op haar lewe gehad nie, want sy het steeds haar vet salaris gekry! Sy en haar kaders in die parlement, terwyl ander hul besighede, hul werk, verloor het!

Antie Sarie ·

Dink jy dit is net China wat dit gedoen het? Inperking was wereldwyd afgedwing

Manie ·

Terwyl ons ingeperk was, het die ministers 1.4 miljard rand op partytjies bestee. Wat is die kanse dat hulle soos Boris Johnson sal bedank vir dieselfde oortreding?

Nettie ·

Baie baie dankie, mnr le Roux en Sakeliga!! Julle is sterre. Mag God julle saak versterk en dat geregtigheid seevier.

Nettie ·

Jax, jy besef sekerlik dat gesondheid baie aspekte behels. Een daarvan is geestesgesondheid. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees en andersom. Jy kan nie na die liggaam omsien, en die gees benadeel nie. Dis wat hulle gedoen het. Hulle het die geestesgesondheid van miljoene en miljoene mense met hulle reels benadeel.

As dit ‘n balans was gebaseer op feitlike navorsing, dan kan ons verstaan. Maar soos dit nou staan, is die vermoede dat daar ergelike ongerymdhede plaasgevind het. En dan het die mense wat benadeel was, die reg om te weet. Dis wat geregtigheid beteken.

En dan moet die wat verantwoordelik was, pa staan vir hulle dade. En mense moet vergoed word op ‘n manier. Vir geestelike en emosionele trauma, asook vir fisiese verliese. Hoe dit gaan plaasvind weet ek nie, ons begin nou eers die proses.

Dieselfde is besig om in Amerika te gebeur, waar Dr Fauci sopas in die hof bekend gemaak het dat hy lockdowns aanbeveel het omdat China dit gedoen het.

annie ·

Ons moet maar bid (sorry John) dat dié dokter nie ons land se president word nie (hoewel die keuse skrapser as hoendertande is), want dan gaan kinky-reëls en regulasies ons voorland wees.

Allop ·

Hou aan om haar onder druk te plaas sodat die absurditeit van haar (en die regering) se besluitneming openbaar gemaak kan word.

JohanR ·

Kyk maar as dit soe kom dat Squirrel ‘n tweede teermyn wen sal Bheki Cele en NDZ weer in sy kabinet opgeneem word.

DapperWoef ·

Moes eerder vir ‘n Unicorn gevra het

Dit sal jy veel eerder gekry het

Swerwer ·

Dit was net nog ń sameswering met Zuma wat hier plaasgevind het. Duidelike bewyse van onkunde

Johan ·

Ek dink ek blok die vernedering van c19 uit. Toe ek alle geloof in die mensdom se vermoë om rationeel op n krisis te reageer verloor het. Ons sal nooit weer die massamedia, politici en veral medici kan vertrou met enigeiets nie…dalk hoort dit so.

Manie ·

Korrek, ons het te gerus geraak deur almal ter vertrou. C19 het mense se oë oopgemaak.

Esme ·

Reg Mev Kopdoek…. Gee vir ons die redes waarom ons ingeperk is. Gee vir ons die redes waarom soveel mense hulle werk verloor het. Gee vir my die rede waarom my Mediese Ongeskiktheidseis na byna 5 jaar nog nie verwerk is nie. Gee vir ons die rede waarom drank en sigarette verbied is. Ek glo persoonlik dat die ANC die enigste begunstigdes was tydens Covid. Dr Mev Covid Zuma, bewys my asseblief verkeerd.

Johan ·

Ons moet net altyd onthou wat die ANC aan ons gedoen het, hulle mag nooit in ons goeie boekies wees nie, maak nie saak hoeveel hulle uitreik na ons nie. Hul kan inelkgeval nie welvaart skep en voortbestaan sonder ons nie, hulle moet vernietig word. Niks minder as die ANC se vernietiging is aanvaarbaar nie.

Nico ·

Gaan kyk na die Internasionale geldmag, miesie kopdoek is net ‘n pion in hul hande, die Internasionale geldmag besit die wêreld.

donsie ·

Covid is verby, waarom nou duisende rande bestee aan hofsake? Ons sal nooit die waarheid weet nie en sy sal ook nie gestraf word daarvoor nie, so waarom geld mors. Ons het dit almal oorleef, baie het ophou rook, en ophou drink ander weer soos ek het begin rook, R200 vir pakkie siggies betaal, maar ons is almal daar deur, los dit nou…

Astrain ·

Daar behoort ‘n klagte van ekonomiese sabotasie teen haar gebring te word, wat sy aangevang het is niks anders as ekonomiese wanbestuur en sabotasie nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.