Dodelike langnaweek op SA paaie

Een van die wrakke. (Foto: ER24)

Fikile Mbalula, die pas aangestelde minister van vervoer, sê hy is bedroef deur die talle dodelike ongelukke op paaie die afgelope langnaweek.

In Limpopo het ses mense verkool nadat twee voertuie Sondag naby Dingamazi reg van voor met mekaar gebots en in vlamme uitgebars het.

In dieselfde provinsie is twee mense eergister dood en nagenoeg 80 ander beseer in ʼn botsing tussen ʼn bus, ʼn bakkie en ʼn sportnutsvoertuig op die R71 tussen Letsitele en Gravelotte.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die oorledenes vroeër as MF Burger (36) en Jan Hendrick Louis (66) geïdentifiseer. Albei was van Phalaborwa.

Vrydag het ʼn ongeluk die lewe van ses mense in Mpumalanga geëis. Drie kinders tussen twee en 13 jaar oud is in die ongeluk naby Verena op die R544 dood.

Maroela Media het ook vroeër berig vyf mense is beseer, van wie een in ’n kritieke toestand is, toe twee motors Saterdagaand op die N1-suidwaarts naby die Kroonvaal-plaza naby Kroonstad in die Vrystaat gebots het.

“Wat veronderstel was om ʼn vreugdevolle langnaweek te wees, is bederf deur hartverskeurende ongelukke waarin te veel lewens verloor is. Sonder om aannames te maak – omdat die oorsake van die ongelukke nog ondersoek word – waarsku die departement van vervoer teen hoë spoed, motoriste wat drink en bestuur, die gevaarlike verbysteek van ander voertuie en bestuurders wat moeg is of wie se aandag afgelei word.

“ʼn Mens dink dit sal nooit met jou gebeur nie tot dit wél gebeur. Neem dit rustig, rus gereeld en gehoorsaam die padreëls. Kom eerder later by jou bestemming aan as glad nie,” sê Ayanda Allie Paine, Mbalula se woordvoerder.

Die departement sê verkeersowerhede sal steeds in groot getalle op paaie landswyd ontplooi word om te verseker die padreëls word nagekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johanna Botha ·

Ja bedroef maar die hele land se mense ry en doen wat hulle wil …dump rommel waar hulle wil …moor en verkrag ….so ja bedroef maar happy die nar !

John ·

Waar is ons verkeerspolisie? ‘n Dringende ondersoek is nodig na hul doen en late. Hulle skitter in hul afwesigheid. Hulle word seker nie net vir Desembermaand betaal nie.

chrisjan ·

Hopeloos te min verkeersmanne op ons paaie is deel van die oorsaak.Die hoof oorsake soos ek dit sien is:
no.1 spoedgrense wat geignoreer word
no.2 sperstrepe wat geheel en al verontagsaam word
no 3 onpadwaardige voertuie
no 4 onbevoegde bestuurders.
Die Minister van Vervoer het ‘n gulde geleendheid om op grootskaal werk te skep deur duisende verkeersmanne op te lei en op die land se paaie te ontplooi.Om vir 400 plus km te ry en NIE EEN spoedlokval te kry nie is pateties.Gevaarlike draaie kan deur verkeersmanne dopgehou word en paaie patrolleer word om sperstreep oortreders vas te vat.Verder kan hulle maak soos in ander lande wat ek van weet: as iemand ‘n restuarant of “pub” verlaat laat hom dadelik blaas in ‘n alkohol meter.Glo my dit werk!Mense drink nie eers ‘n wyntjie saam met sy ete nie!Maar nou ja . . . . . .

Elna ·

John jys 100% korrek. Hulle moet kom lesse vat by die law enforcement en die polisie diens hier op die Suid kus. Dan sal hulle sien hoe dit gedoen moet word!. Hulle is orals op hulle poste waar hulle moet wees. Hier duld hulle nie jou twak nie. Dit is hoe dit moet wees.

Hendrik van George ·

Pad veiligheid is maar een van die vele aspekte wat onder die cANCer regering tot niet gegaan het. Gekoopte lisensies, korrupsie in alle departemente, en die “eks dors meneer” wetstoepassing het gelei tot hierdie situasie. Gaan nooit verbeter nie – padveiligheid is in elk geval ‘n Westerse begrip

Kathleen ·

Hulle is Bedroef oor al die ongelukke maar nie bedroef oor al die plaasaanvalle nie

willem Botha ·

En nie te vergeet hoe bedroef sekere jongmense is oor die regering teen hulle diskrimineer oor hulle na 1994 gebore is en moet boet vir n apartheidstelsel waarvan hulle nie deel was nie.

Delia ·

So 2 weke terug amper in n ernstige ongeluk. Dubbelbed en matras agter op n bakkie en nie goed vasgemaak. Die dubbelbed het hard grond toe geval en die dubbelbed matras vas teen die kant van ons voertuig.
Mense dink net nie.

Deloris ·

Pfft .. Jaag duiwels en bestuurders wat nie die pad reels gehoorsaam nie… En W at vervalste lisensies het…

Nicoline De Beer ·

Daar is geen orde nie. Elkeen ry net soos hy wil want hul word toegelaat. Verkeersbeamptes sit by weegbrûe en doen geen wetstoepassing nie. Soms sit hulle en spoed vang op snelweë, daar is amper NOOIT wetstoepassing op die gewone paaie nie, geen wonder daar is so baie ongelukke nie….

Bedagsaam ·

MINAGTIG ! ! !
dit is …volgens my 1 van die bydraende faktore vir die slagting op die paaie,
die houding van…”gee pad voor, I own this road”

Mieliestronk ·

Die hoe botsings is die mense wat nou die land besit. Lang strepe op die pad is nie vir hulle nie gaan verby. In die platteland ry hulle soos hulle wil hy het n duur kar nou ry hy soos hy wil. Want sy land sy reels en die verkeerspolisie vang hom nie is sy pel Ek het al 120 km gery dan kom die groot lorries by my verby dit lyk of ek stil hou plek soek. So lank dit so aan gaan sal die dodetal in ons land so bly en dit kan styg .Die verkeerspolisie werk net as die TV kameras by hulle is.

Sandra ·

Kort en kragtig, spoed, oorlaaide voertuie, onpadwadwaardige voertuie. My hart gaan uit na diegene wat geliefdes verloor het.

Blommie ·

Ek stem saam met die ander bydraers, maar nog ñ faktor is dat SA een vd lande is met die meeste publieke vakansiedae! Verminder dit, dan sal die ongelukssyfers daal en die ekonomie styg!

Snoopie ·

Die Suid-Afrikaners wis mekaar uit sonder n oorlog!! 20 jaar van nou sal slegs n paar strandlopers in die Land oor wees.

Jan ·

Jy droom die mense wat verongeluk is onbenullig min…die bevolking groei onbeheers

S ·

Oortreders moet strenger vasgevat word en leer om ons mede passasiers op die paaie te respekteer. Meer verkeersbeamptes moet op paaie en veral oor langnaweke en nie net daar sit met n spoedkameratjie nie maar sy werk doen waarvoor hy sy salaris + voordele ontvang. WAAR is al die duur SNELWEG VERKEERSVOERTUIE WAT OP SNELWEE MOET PATROLLEER HEEN?? Of word hul net gebruik nou om huistoe te ry en winkels toe om kruideniers te gaan koop. Hul kinders word skool toe geneem op onkoste van die Staat in verkeers- en polisievoertuie. As jy hul nodig het, dan word daar gese daar is nie voertuie beskikbaar om uit te stuur nie. Hoeveel voertuie ry langnaweke OORLAAI en ek BEDOEL OORLAAI na Mosambiek en Zimbabwe of ander tuislande en is n gevaar op ons paaie, maar hulle word afgetrek, gesels bietjie en lag lekker saam met die verkeersbeampte en daar gaan hy weer verder, ander word nie eers afgetrek en ondersoek nie. Jaagduiwels en die wat sperstrepe oorskry of LINKS VAN DIE PAD VERBY JOU JAAG moet sunmier gearresteer word, geen boetes of waarskuwings vir hulle nie!! Mense moet leer om ander te respekteer op ons paaie en al ry jy die spoedgrens gaan jy jou bestemming bereik. Stem saam liewers bietjie later as NOOIT!!! Neem jou familie en ander passasiers in ag en veilig.

Albert ·

Dit gaan niks help om nog verkeersmense aantestel nie, al wat gaan gebeur daar sal net meer sit by die spoed lokvalle. Wat moet gebeur is hulle moet die kode 10 lisensie verkryging stop, spoed lokvalle wegneem en die verkeersmense moet die paaie patroleer sodat hulle die oortreders van die padreels kan vasvat. Die minimum spoed op die hoofpaaie van 60 na 90 toe skuif want ons mense ry of vrek vinnig of vrek stadig en die stadige een veroorsaak die meeste ongelukke, dit waar die mense kanseneem om verby te gaan.

SjN ·

Sommige kan nie afstand skat nie, drie demensiele siening en insig ontbreek.

Onnie ·

Ons het op Vrydag, 14 Junie vanaf Volksrust via die N3 na Howick gereis. Dit was ‘n nagmerrie rit om die minste te sê. Die grootste sondaars is die vragmotors. Vir ‘n groot gedeelte van die pad is daar slegs 2 bane. Die vragmotors druk net voor die karre aan die regterkant in en probeer dan op ‘n slakkepas die slak voor hom verbygaan. Dit veroorsaak dat karre skielik moet rem of selfs heeltemal tot stilstand moet kom. As jy die korrekte volgafstand hou, kom taxis weer van die linkerkant en druk voor jou in. Nêrens op die pad was daar enige verkeerspolisie nie! Ons het nooit vinniger as 70km per uur gery nie. Verkeerspolisie moet in ongemerkte voertuie die paaie patrolleer, vragmotorbestuurders in hegtenis neem, vragmotors skut en taxis van die pad afhaal. Bestuurders wat so bestuur se lisensies moet sommer onmiddelik opgeskort word. Die enigste manier om padvarke op die pad te straf is met tronkstraf, Geen boete skrik hulle af nie. Sigbare polisiering gaan ook nie verskil maak nie, want almal gedra hulle soos engeltjies as hulle by hulle verbyry. Ons het later gehoor dat daar ‘n noodlottige ongeluk op die N3 naby die Tugela tolhek was 2 vragmotors en 2 karre was betrokke. Die vragmotorbestuurder gaan heel waarskynlik skotvry daarvan afkom en weer soos ‘n vark bestuur.

???? leser ·

mbalula sien net wat hy wil, wonder waars sy narre bril deesdae, hy kan glad nie sy werk doen nie

jaco ·

petrol is duur en daars n ekonomiese resessie en SA is op rommelstatus, MAAR wanneer dit langnaweek is, is die paaie besig. iets maak nie sin nie

Gert van Wierdapark ·

Ek het hoop vir die nuwe Mini-ster van Vervoer, maar dan moet hy ‘n Taakspan uit gewone mense soos ek en jy saamstel wat met “Common Sense” die skrikwekkend probleem kan pak! Ons sal ons dienste GRATIS aanbied! Die oplossing is nie “rocket science” nie, net bloot wetstoepassing op alle vlakke van areas waar oortredings gepleeg word – deur behoorlik opgeleide verkeersmanne/vroue ens. Dis n skande dat soveel onskuldig mense deel van die padslagting is. As 2 of 3 myn werkers by voorbeeld in n ongeluk omkom, wil die politici die myn sluit. HONDERDE passasiers sterf maandeliks op ons paaie – dis n flippen skande!!!

Lorette ·

Soos my seun gesê: met die terugkeer vanaf die Comrades, moes hy vir homself en vir ander bestuur om veilig by die huis te kom. Genadiglik het sy vrou saam met hom oë oopgehou sodat hul veilig kon terugkeer! Een van hul probleme was die baie vragmotors wat kanse neem! Ek moet oor 6 weke Kaapstad toe en stress al klaar!!!!

Wielspore ·

Ons was die lang naweek op die pad tussen Nelspruit en Roodepoort en die verkeersdepartement het geskitter in hul afwesigheid.

Veda ·

Dis hartseer om sulke nuus te hoor en dan lê die skoolvakansie nog uitgestrek. Dit gaan versesker nie die einde wees van slegte nuus oor sterftes nie. RIV engele en sterkte aan die familie en vriende wat geliefdes verloor het.

Issabelle ·

Dit is kommerwekkend & tragies dat soveel mense op die land se paaie sterf …. wonder hoeveel van die bestuurders het wettige bestuurders lisensies …. voertuie is in elk geval nie padvaardig nie …. spoed …. hoe vinnger hulle ry hoe beter …. drank …. om te drink & te bestuur maak mos nie saak nie …. dit is ‘n lafenis om die pad korter te kry … oorlading …. hoe meer mense in die taxi of voertuig , hoe meer geld …. dit is uiters skokkend dat die verkeers polisie sulke oortredings laat verby gaan …. die wette van die padverkeer is ook kommerwekkend & nie streng genoeg nie …. !!!! Duidelik is die minister & sy verkeers trawante nie ernstig oor hulle ” jobs ” nie ….. hulle is maar net daar om elke maand ‘n salaris te kry

Sam ·

Word wakker SA die groodste oorsaak van ongelukke is DAGGA gebruik dit veroorsaak dat mense alle perspektief verloor.Vragmotor bestuurders gebruik dit om wakker te bly om sodoende kilometres te jaag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.