Drie in hof ná moord op Smithfield-boervrou

Arthur en Poenkie Bissett (Foto: Facebook)

Die drie verdagtes wat in verband met die moord op Poenkie Bisset (73) van Smithfield in die Vrystaat in hegtenis geneem is, het Donderdag vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn.

Andries Matsoele (43), Motlatse Mahapane (38) en Msokoli Mnyameni (44) staan tereg op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede en diefstal.

Matsoele is ʼn voormalige plaaswerker van die gesin en die hoofverdagte. Mnyameni het ook tot en met die moord op die plaas gewerk en Mahapane is ʼn vriend van genoemde twee verdagtes.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot Maandag uitgestel sodat die drie regsverteenwoordiging kan bekom.

Soos vroeër berig is Arthur Bisset Maandagoggend omstreeks 07:30 uit die plaashuis na nabygeleë krale om sy daaglikse take te verrig. Poenkie het glo vir hom gesê dat sy eers die wasgoed gaan klaarmaak waarna sy dorp toe gaan.

Arthur het omstreeks 11:30 na die plaashuis teruggekeer en Poenkie langs haar motor op die grond aangetref. Die motor was langs die huis geparkeer. Sy was net op pad dorp toe.

Die huis was gesluit en die voertuig se sleutels, die huissleutels en haar selfoon is by haar gevind waar sy op haar maag op die grond gelê het.

Dit lyk asof Poenkie met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek is. ʼn Nadoodse ondersoek moet egter nog die presiese oorsaak van haar dood bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J ·

Werkers is ‘n GROOT RISIKO!

Probeer liewer meganiseer en kom klaar sonder werkers.

Vertrou niemand!

Bewapen en verdedig jou SELF!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.