Drie sterf in reusebrand in KZN

Drie mense is dood nadat ʼn reusebrand Sondagoggend in Jacobs, Durban uitgebreek het. (Foto: ALS Paramedics)

Drie mense is dood nadat ʼn reusebrand Sondagoggend in Jacobs, suid van Durban, uitgebreek het.

Die gebied wat in vlamme gehul was, is langs ʼn Transnet-brandstofpypleiding in Horseshoeweg geleë, waar verskeie sakegeboue en ʼn informele nedersetting gevestig is.

Hoewel die omvang van die skade nog nie bepaal is nie, blyk dit dat talle geboue en vermoedelik ook huise deur die brand vernietig is.

Luidens ʼn verklaring deur ALS-paramedici was die eThekwini-brandweerdienste by hul aankoms op die toneel reeds besig om die brand te bestry. Die nooddiens EMRS was ook daar om bystand te bied.

“Die brand het omstreeks 03:00 ontstaan en massiewe rookwolke kon van ver af gesien word.

Drie mense is dood nadat ʼn reusebrand Sondagoggend in Jacobs, Durban uitgebreek het. (Foto: ALS Paramedics)

“Ontploffings kon glo tot so ver as Glenwood (sowat 8 km van die toneel) gehoor word,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS, gesê.

Die brand is Sondagoggend in bedwang gebring en teen Sondagmiddag was die gebied steeds afgesper.

Volgens inligting is meeste inwoners uit die gebied verwyder.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoeveel mense beseer is of hoe die brand ontstaan het nie.

Volgens Jamieson was die plaaslike owerhede op die toneel en word die oorsaak van die brand tans ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buck ·

Ontstaan of gestig. In die ou dae was dit sabotasie. Strafbaar met die dood.

annie ·

Ja-a-a. Miskien moet mens tog soms die regte prosedures volg wanneer jy petrol wil tap en maar betaal vir jou vol kannetjie. Veral ook nie die Bic in die donker aanklick om te kyk of die kannetjie vol is nie.

Harley Davidson ·

Ek verbaas my altyd met die woorde wat die media gebruik
Informele nedersetting moet wees onwettige plakkerskamp,en ja met ‘n bietjie goeie ondersoek gaan die skuldiges daar gekry word.

Waarnemer ·

Die skuldiges het dood gebrand…hulle wou kyk of die kannetjie vol is en trek toe n vuurhoutjie.

Shakespeare ·

Branstigting dwarsoor RSA. Wat wil die idiote bereik ?? Diabolies !!!

Chris dupreez ·

As alle skelm streke en korupsie maar net so wil eindig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.