Drie verkeersbeamptes tronk toe vir korrupsie

Argieffoto

Drie verkeersbeamptes van die Oos-Kaap is verlede week tot altesaam 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat verskeie gevalle van omkopery aan die lig gekom het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Mzuvukile Nelson Nkontso (53) en Noluvuko Kondile Vuba (32) is Dinsdag op een aanklag van korrupsie skuldig bevind, waarvoor elkeen vyf jaar tronkstraf opgelê is. Phathekile Dinginto (47) is op twee aanklagte van korrupsie skuldig bevind, waarvoor hy ook vyf jaar tronkstraf opgelê is. Sy vonnis is verminder om gelyklopend met die ander uitgedien te word.

’n Ondersoek is in Desember 2016 van stapel gestuur na bewerings dat verkeersbeamptes van Peddie, sowat 70 km van Makhanda (voorheen Grahamstad), omkoopgeld van motoriste geëis het.

ʼn Ondersoek het aan die lig gebring dat Nkontso, Vuba en Dinginto destyds omkoopgeld van motoriste op die R72 tussen Oos-Londen en Port Alfred geëis het. Dié drie het ook omkoopgeld van motoriste op die N2 tussen King William’s Town en Makhanda geëis en in hul eie sakke gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gato ·

Goed so. Hou hulle vir 5 jaar in die tronk. Nie parool na 18 maande nie.

Wondermaarnet ·

Hopelik word hulle nie weer aangestel nie. Wonder of hulle tot nou toe volle salaris en bonus ontvang het soos wat die die norm is in die staatsdiens.

Strandloper ·

Mmmmmm….gaan seekerlik strike en die tronk nog afbrand ook

Rose ·

Hulle is so bevoorreg om n werk te he, maar gierigheid neem die oorhand, dink mos as hulle n ‘badge’ het dit gee hulle die mag om te maak en breek soos hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.