Dringende vervolging van polisiehoof in ‘nasionale belang’

Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris (Foto: ANA)

Die appèlhof het genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, se aansoek dat sy skorsing ter syde gestel word, van die hand gewys – ʼn stap wat die drukgroep Action Society verwelkom het.

Die hooggeregshof het in Januarie bevind Sitole en twee van sy luitenante, Francinah Vuma en Lebeona Tsumane, het hul plig versuim deur nie met die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) saam te werk nie. Die Opod-ondersoek het onder meer ondersoek ingestel na korrupte verkrygingsooreenkomste binne die misdaadintelligensie-omgewing.

Die drie het hulle na die appèlhof gewend waar bevind is daar is geen buitengewone omstandighede wat die hersiening van die weiering om verlof tot appèl oor die uitspraak aan te teken noodsaak nie.

Ian Cameron, woordvoerder van Action Society, sê Sitole is nie net geskors nie, maar ook strafregtelik aangekla.

“Action Society wil dringende vervolging sien en ʼn voorbeeld moet van Sitole gemaak word. Die regering moet die boodskap uitdra dat korrupsie nie geduld sal word nie en dat diegene wat aan korrupsie skuldig bevind word, aan die pen sal ry,” sê Cameron.

Die organisasie het opnuut gevra dat ʼn onafhanklike paneel kenners in die toekoms die polisiehoof, afdelingskommissarisse en provinsiale polisiehoofde aanstel. Action Society sê dit moet in belang van geregtigheid gedoen word.

“Polisiebeamptes moet behoorlik aangestel en toegerus word, van die topbestuur tot op grondvlak. Die ANC het keer op keer bewys dat hy nie in staat is om vaardige polisieleierskap aan te stel nie. Ons doen ʼn beroep op die regering om ʼn onafhanklike liggaam aan te stel om die aanstellings te hanteer,” sê Cameron.

Action Society glo ook dat die minister van sport, Fikile Mbalula, se moontlike betrokkenheid ook verder ondersoek moet word. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat ʼn vergadering glo in Desember verlede jaar by ʼn hotel in Pretoria gehou is. Sitola, Vuma was daar, asook Tsumane en verskeie ander mense. Tsumane was Mbalula, destyds nog minister van polisie, se raadgewer. Die groep het glo met ʼn sakeman vergader wat nou deur Opod ondersoek word.

Die vergadering het glo gegaan oor die aankoop van ʼn R45 miljoen-toestel wat vir misdaadbekamping gebruik sou word.

Die vergadering is na bewering op geslote kringtelevisie opgeneem.

Cameron sê die polisie se leierskap moet behoorlik ondersoek en aanspreeklik gehou word vir hul versuim om geregtigheid vir misdaadslagoffers te verseker.

“Die polisie het die afgelope 20 jaar nog nie ʼn enkele hoof gehad wat nog nie ondersoek is vir korrupsie of politieke inmenging nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Sarel ·

Fukule Mbalula…
Tans Minister van Vervoer…
Onddr hom het ons die verwoesting van Transnet Bates bekeef…

Pieter9 ·

SAP top-bestuur so korrup soos die ANC en moet in totaliteit vervang word.

Tanniepetoors ·

Hoekom is Mbalula nie ook aangekla nie? Hy was die grootbek en voorbok!

Magda ·

Maak van hom n voorbeeld, en geen poste mag gevul word as jy n kriminele rekord het in geen POLITIEKE party of Parliament ni. So sal ons van SKELMS ontslae raak in hoe poste en ook in staatsdiens.

Bosveldbul73 ·

Dit is nou al heeltemal te lank tyd dat “hulle” eerder die minister van polisie moet begin aanvat. ‘n Sak vol wind gaan meer kan uitrig as wat hy, met al sy windgat-kommentare, ooit kon regkry…

Bosveldbul73 ·

“Die organisasie het opnuut gevra dat ʼn onafhanklike paneel kenners in die toekoms die polisiehoof, afdelingskommissarisse en provinsiale polisiehoofde aanstel. Action Society sê dit moet in belang van geregtigheid gedoen word.” – Het Action Society ooit daaraan gedink dat, selfs in die ‘ou dae’, die Minister van Polisie nie naastenby soveel sê gehad het soos deesdae nie…

Adeline ·

Nou wil ek sommer ook weet watter nuus daar is oor die Hoed wat net so korrup verby is se petisie wat opgetrek is om hom uit sy stoel te lig of is hy net soos die cANCer zum-cupta besig om almal in die land – regstelsel ingesluit soos by die Rondom Talie paal met linte aan op hulle neuse te laat kyk- Korrupsie dra definitief in die cANCer kriminele paradys Suid-Afrika die kroon bo alles..Sulke nuus raak sommer dood stil soos die boere wat vermoor is se opvolg sake… DOOD stil.

Blikkantien ·

Dringende vervolging van Behki Cele in ‘nasionale belang’

Casper ·

So onder hoedman se neus en hy weet van niks.Fikile Mbalula moet gaan en useless Cele ook.

Martie Smartie ·

Die een so vrot soos die ander. Sedert die ANC regering oorgeneem het 27 jaar terug, het hule nog nie EEN ENKELE betroubare nasionale kommissaris of minister v polisie aangestel met integriteit nie. Nie EEN nie. Maar stem stem hulle ANC, ja, die vesel vd volkie weerspieël in hulle regering en sy besluite.

Strandloper ·

Wishful thinking…hul cover vir mekaar en kyk wie die meeste kan lieg en bedrieg. Geen trots of beginsels nie. Moenie iets verwag nie.

Ou bees ·

Goed maar dit maak mens nie juis opgewonde nie want die volgende Kader word maar net ingesit

Waarnemer ·

My voorstel…stel die doodstraf weer in en hang die hele korrupte spul op…..dit sal korrupsie in die kiem smoor.

Tanniepetoors ·

Ek kan aan ‘n paar mense dink wat uitstekende Nasionale Kommissarisse of Ministers van Polisie sal wees, maar hul velkleur is nie reg nie en hulle is reeds uitgewerk uit die SAPD waar ‘n paar darem besef hulle het hierdie mense se kundigheid verloor en tas nou in die donker rond met onbekwame mense in beheer.

Johan ·

Ek wil regtig die hoed verdedig….het julle gesien hoe lyk daai ou sonder sy hoed…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.