Dubbelmoord in Marlothpark

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn bende aanvallers wat twee mense in Marlothpark, naby Komatipoort, Woensdagaand vermoor het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die gesin van vier was in hul huis toe twee mans hulle omstreeks 15:00 genader en werk geëis het. “Die familie het gesê daar is in dié stadium geen werk beskikbaar nie. Skielik het nog mans te voorskyn gekom. Een van hulle het ʼn vuurwapen gehad,” het hy gesê.

Die slagoffers is vasgebind en lappe is in hul monde gedruk. “Die mans het ʼn paar waardevolle items geneem en van die toneel gevlug. Twee slagoffers, die eienaar van die huis en ʼn vrouebesoeker, het versmoor. Die [huiseienaar se] vrou en dogter het oorleef.”

Hlathi het gesê die verdagtes is steeds soek.

Die slagoffers se name is nog nie bekend gemaak nie.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 44-jarige vrou ook Woensdag op ʼn plaas naby Komatipoort vermoor. Sy is glo met ʼn panga aangeval, het Hlathi gesê. Haar linkerarm is onder meer afgekap en sy het verskeie wonde aan haar liggaam gehad.

ʼn 35-jarige man, die vrou se gewese vriend, is reeds in hegtenis geneem.

“By die polisie se aankoms by die verdagte se huis, het hulle hom met ʼn panga aangetref. Dit was vermoedelik die moordwapen. Hy is in hegtenis geneem en verskyn môre [Vrydag] in die Komatipoort-landdroshof,” het Hlathi gesê.

  • Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigeen met inligting oor die aanval in Marlothpark om sers. Vusi Moses Thobela te bel by 082 449 0242.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

MCS ·

Hoe kan mense net vrye toegang tot Marloth Park hê as jy nie daar hoort. Is dit nie veronderstel om ‘n veiligheids estate te wees nie. Jare terug ook vir Pieter Pieterse daar vermoor.

Ekke ·

Daar is verskeie mense al daar vermoor oor die jare. Ek was laasjaar daar in sonder dat iemand my gestop het. Honderde mense voetgangers loop deur die gebied van buite af,daar is geen toegangs beheer.

L Crofton ·

Daar is ‘n publieke pad wat deur Marloth loop. Niemand kan keer dat mense in kom nie.

Griet ·

Marlothpark is geen veiligheids estate nie. Dis n plattelandse dorp met n Munisipaliteit soos ons almal n MUnisipaliteit ken. Ons betaal ons rates en taxes, water en ligte , vullisverwydering en so meer. Toegangsbeheer kan eintlik nie eers toegepas word in enige munisipaleteit nie. Ons vorm deel van di groter NKOMAZI Munisipaliteit, wat onder meer insluitMarloth, Komati en Malelane. Meeste van ons belasting word egter ingeploeg in die swart gebiede.

Mak Muil ·

Het so ‘n rukkie terug daar gekuier.

Die sekuriteit laat maar veel te wense oor! Baie “rondlopers” binne. Het nie juis vreeslik veilig gevoel nie.

Chris Ws ·

Mense besef nie hoe ruig die bosse daar is nie.Enige een kan maklik ongesiens daar ronbeweeg tussen die huise en om van buite af in die Park te kom is maklik.Jy het nie nodig om by die ingangshekke in te gaan as jy te voet is nie.
Ons innige simpatie met die naasbestaandes van die oorledenes.

Wielspore ·

Marlothpark is ‘n deurgansroete vir onwettige immigrante vanuit Mosambiek.

heidi ·

In die ondersoek verslag is dit duidelik dat die gevalle manslag is en nie moord nie.
Bly steeds n tragedie.

Regskundige ·

Jammer Heidi, met respek, jy het die kat aan die stert beet. NIKS in enige verslag hierbo dui op “manslag” nie, maar direk op moord. Die polisieondersoek moet voltooi word, waarna alle feite duidelik sal word. In die SA-reg bestaan nie ‘n misdryf soos “manslag” (soos die Engelse en Amerikaanse “manslaughter”) nie, maar wel STRAFBARE MANSLAG, waarvan NALATIGHEID die kern element is. Daarteenoor is OPSET (dolus), of bedoeling om dood te maak (dolus directus), of ‘n aksie wat jy voorsien dood kan veroorsaak, terwyl jy jou met daardie moontlikheid versoen (dolus eventualis), oa die elemente van MOORD. Volgens die feite in die berig is in beide gevalle moord gepleeg – geen sprake van nalatigheid nie. Innige meelewing aan die naasbestaandes…

jo ·

HUH? Hoe is dit manslag? Dis moord of is ek nou rerig blond. Maak nie saak hoe nie, as jy n lap in iemand se mond druk is die kanse groot dat hy kan verstik of versmoor en jy weet dit. Die ander geval se arm is af gekap! Hoe werk jy manslag uit met dit? Die geweld raak net al hoe meer en meer.

Bossie ·

Marlothpark is nie ‘n uitsondering op die reël net omdat daar moord gepleeg is nie. Hierdie gebeur in enige dorp/stad in Suid-Afrika. Jy loop elke dag die gevaar om vermoor te word maak nie saak waar jy is nie. Marloth is ‘n pragtige dorp langs die Kruger Wildtuin. Mense geniet dit vreeslik daar. Moet net nie dink dit is misdaadvry nie. Dit is ook deel van Suid-Afrika. Soos oral in die land moet jy daar ook versigtig wees. Feit is dat jy vanaand in jou eie huis, enige plek in die land, vermoor kan word. Moenie Marloth nou sleg sê nie.

Chris Ws ·

Bossie jy is heeltemal reg.Ons het twee keer vir familie wat OP die Krokodil rivier woonagtig is gaan kuier.Mens ry deur Marloth Park om by hulle te kom.My swaer boer op grond wat grens aan Marloth Park .Die foto wat die rivier wys in die berig se opskrif lyk of dit by hulle uitkyk afgeneem was.Ek het hope fotos daar geneem van alles behalwe leeus en luiperds.Troppe olifante en troppe kameelperde en troppe buffels en alle soordte bokke wat daar reg voor hul huis kom water drink.Dis pragtig daar maar sjoe!Dis WARM!

Se maar net ·

Dankie nie jou realisme Bossie.
Aan die mense wat Marloth slegse asof hierdie moord nie skokkend en erg genoeg was kom slaan julle die dorp met stokke en skop sy inwoners en werkers letterlik in die gesig. Julle het geen idee hoe lief inwoners die dorp het en hoeveel moeite daar gedoen word deur gewone mense met goeie bedoelings nie.
Marloth is nes Enige ander dorp in SA afhanklik van munisipale bestuur wat hulle meestal in die steek laat. Inwoners onderhou alles self en tel selfs vuilgoed en sigaretstompies op, op ‘n weeklikse basis. Die lyste wat gedoen word is te lank om hier te noem.
Daar word moorde regoor SA gepleeg in elke voorstad. Ek hoop julle bly dan uit elke voorstad uit waar daar moorde gepleeg word ook. Julle normale roetes gaan ietwat gekomiseerd raak, maar sterkte.

Frikkie Geld en huis ·

As ‘n leeu een van die betreders vang en opvreet, word die leeu doodgeskiet.

Lance ·

Ons inwoners moet hekgeld betaal vir wie ? Daar is ń plakkerskamp wat grens aan Marloth met geen beheer oor honde,verblyfregte.werkspermitte ens. nie en was ook in ń gewapende roof.Die teerpad is ń publieke pad wat deurloop van die eenkant na die anderkant en as jy dors raak stop jy by die shell garage ,koop vir jou bier daar en gaan sit ń bietjie en ontspan met baie geselskap om jou.Was ook al in ń gewapende roof daar,Dit bly nog steeds lekker daar weet net nie meer of dit ń park of dorp is nie.Jammer oor die afrikaans sukkel ń bietjie met hom.

Roelf ·

ENIGE IDEE WIE DIE MENSE IS – KAN FAMILIE WEES EN DAAR WORD NIE GEMELD OF DIE OORLEDENES GROEN GEEL OF ROOI WAS NIE. IS DIE VERSLAGGEWER SKAAN OF TE MELD VAN WATTER RAS GROEP – SO WORD IEMAND TOG GEIDENTIFISEER.
NIKS RASSISTIES NIE NET MAKLIKER VIR IDENTIFIKASIE – HELP MAROELA MEDIA

Pandora ·

Roelf hou op skreeu. ‘n Bietjie empatie sal ook nie sleg wees nie, die mense se naasbestaandes moet dalk nog ingelig word. Terloops wat maak dit saak wat die mense se klassifikasie is of hulle ryk, arm of pienk of pers is? Aan die einde van die dag is dit mense.

Stopdielorrie ·

Het gedink dis veilig daar om as basis te gebruik vir Wildtuin. Ek het maar ons groep se verblyf daar gekanseleer

Maarten Boom ·

Soos ek verstaan was hierdie mense van Holland af. Miskien kry dit nou aandag in die buitelandse media

Gesiggie ·

Ek gaan gereeld Marloth Park toe, en ja ek stem saam… die ander loop rond in park net soos hul wil?? daar is nie streng optredes aangaande veiligheid?? jy kom in en uit by hek soos jy wil…mense maak gebruik van mense wat bou wat uit Mozambique uit kom?? My innige meegevoel aan die mense se Familie en vriende… as daar nie iets omtrent hierdie onwettige rondlopers gedoen gaan word?? gaan dit net erger raak. Marloth Park sal moet meer aandag gee aan elke persoon wat binne in die park in kom, en die mense wat binne werk moet n werks permit kry wat hul moet scan elke keer as hul by hek inkom?? kry vir jul n stelsel soos hul by Estates het, waar jou id ge scan word en ook jou kar se registrasie… ek hoop die MOORDENAARS ”’ word baie vinnig gevang….. laat hul wat so rondloop en werk soek?? uit die Park verwyder word. Dit is baie hartseer dat die mense se lewe op so n manier moes eindig….

Carlien ·

Ons verblyf was geboek vir n week daar in November maar ek het dit gister gekanselleer .. Sien nie kans om op my vakansie vermoor te word nie, maar dan weer waar is n mens nog veilig in Suid Afrika??!! Ek kan nie verstaan dat ons regering nie wil ingryp nie!! Hoekom is ons lewens nie meer belangrik in ons land nie?? Ons reg op veiligheid word daagliks misken deur n regering wat net hulself verryk! Ek is lief vir my land, ek is n Suid Afrikaner in murg en been, maar om so in vrees te leef elke dag en nie te weet of jy more die son gaan sien opkom nie is loutere hel!!!

Hanna ·

Carlien oral gaan dit so. Ons gaan baie Marloth Park toe. Gaan nie nou besluit om nooit weer soontoe te gaan nie. Sê my is die mense veiliger in die stad. My antwoord is nee!! Meer moet gedoen word om boosdoeners daar uit te hou ja, ek stem saam.

Willa ·

Ek en my vrou het twee aande daar geslaap.Baie onrustig en onveilig gevoel.Daar het al n paar moorde daar plaasgevind.Ek sal nie weer soontoe gaan.My simpatie met families wat hier deurgaan

Hanna ·

Carlien oral gaan dit so. Ons gaan baie Marloth Park toe. Gaan nie nou besluit om nooit weer soontoe te gaan nie. Sê my is die mense veiliger in die stad. My antwoord is nee!! Meer moet gedoen word om boosdoeners daar uit te hou ja, ek stem saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.