Duisende wag op operasies by Baragwanath

(Foto: Google)

Die aantal pasiënte wat op operasies by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto wag, het tot meer as 11 000 gestyg.

Verlede jaar het 7 288 pasiënte op operasies gewag en dit het tot 11 194 pasiënte vanjaar gestyg, het Nomathemba Mokgethi, Gautengse LUR vir gesondheid, bekend gemaak in antwoord op vrae van die DA in die provinsiale wetgewer.

Volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, is sommige pasiënte aangesê dat hulle tot Desember 2026 sal moet wag om geopereer te word.

“Daar is 3 394 katarakpasiënte wat vir ’n jaar sal moet wag om hul sig te herwin. Die ergste wagtyd is vir 1 777 mense wat heup- en knievervangings nodig het – hulle sal vier en ’n half jaar moet wag. Altesaam 1 304 kinders moet geopereer word en die waglys is ses maande lank.”

In die geval van prostaatkanker kan die vertraging lewensgevaarlik wees, meen Bloom, aangesien 243 pasiënte vir 24 tot 36 maande vir chirurgie sal moet wag.

Volgens Mokgethi is die lang waglyste onder meer die gevolg van die Covid-19-pandemie, onvoldoende teatertyd, die onbeskikbaarheid van beddens vir sorg na operasies, infrastruktuurkwessies soos kragonderbrekings en die langdurige sluiting van die Charlotte Maxeke-hospitaal se trauma-eenheid.

“Die departement blameer die Covid-19-pandemie vir die waglyste, maar beter bestuur sal probleme soos stukkende toerusting regstel,” het Bloom gesê.

“Vir talle pasiënte kan dit maande duur voordat hulle gediagnoseer en op die waglys geplaas word, hul lyding is dus geweldig. Sommige waglyste word net korter omdat pasiënte sterf terwyl hulle wag.”

Bloom meen operasies kan in die aande en oor naweke uitgevoer word om waglyste te verkort en dat private hospitale betaal kan word om van die operasies uit te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Friedrich ·

Dis nou n geroeflikke en onwaar verskoning. Hoeveel teaters is daar wat nie gebruik kan word as gevolg van geen instanthouding of genoeg personeel nie?

Baie Swak!

annie ·

Bloom werk seker deur die nag aan sy slim voorstelle… Net soveel dokters en soveel geld en soveel wil van die ANC om probleme op te los. Hoeveel van die liewe pasiënte is van elders? Die oplossing sal sekerlik nou wees om die nuwe mediese stelsel in te voer en private instellings te dwing om hul fondse beskikbaar te stel… Vir nog vergrype? Tekorte aan etiek kan nóg deur mediese ingyping, mnra-entstof of cannabis-olie verbeter word. Die regering stel nie daarin belang om hul gewetens te ooreis nie.

Henri ·

Die cANCer sukkel al van 1994 met die gesondheidstelsel en hulle karring nog steeds met die nasionale gesondheidsversekeringplan. Maar hulle het net GEEN trots en GEEN skaamte.

Hennie ·

Meeste van hulle het gestem vir sukkel, swaarkry en armoede toe hulle vir die klomp ANC klepto’s gestem het….

Nie Verbaas ·

Snaaks hoe hulle altyd alles blameer. Privaat hospitals het dan nie die probleem nie. Is al hulle teaters operasioneel? Ek twyfel. Altyd iets of iemand anders se skuld.

quartus ·

Dit is wat ons almal sal ervaar met die nasionale gesondheidsplan.

Suzette ·

Dieselfde situasie is in Bloemfontein by Universitas Hospitaal. Die pasiente op waglys wag jare, maak nie saak hoe ernstig die operasie is nie.

Pietertjie ·

Zuma weet dat hoe langer hy uit die hof kan bly, hoe minder is die kans dat hy tronk toe sal gaan. Dieselfde gebeur by die Staatshospitale: hoe langer hulle die pasiënte kan laat wag, hoe korter word die waglys en hoe kleiner word die probleem.

domheks ·

Sekerlik oom Jan van Riebeeck se skuld! As cANCer net leer van INSTANDHOUDING – sal die meerderheid probleme opgelos kan word. Maar hulle is te slim vir woorde.

Anel ·

Verskonings, verskonings, verskonings. En die anc wil ons in ‘n nasionale gesondheidssorg plan in dwing!!! Maar hulle self verlaat die land, op ons as belastingbetalers se geld, vir mediese sorg!! Die lot moet almal na staatsfasiliteite toe gaan. Ons ounmense en arm mense wat hul deel vir die land gedoen het, word nou weggegooi en buitelanders kry voorkeur. As een van die grootste hospitale so agteruit gegaan het, hoe lyk die ander dan nie. En ons het van die beste staatshospitale en dokters gehad. Nou word 30% ters gekeur en hoeveel maak ooit klaar? Maar ons top presteerders word nie goed genoeg geag nie! Niks in hierdie land is vir die anc ‘n roeping nie, slegs ‘n “job” waar hulle op hulle onderstelle kan sit en geld demand!!! Skande,skande,skande!!!!!

George ·

Maar ons wil die tipe deur die gesonheids stelse druk, forseer op die wat medies betaal.

Papsak ·

UITERS SWAK pateties hoe laat jy mense wag om te opereer ai waar gaan ons heen maar weereens kyk wie is in beheer van HOSPITALE dan kan jy verstaan hoekom dit so vrot gaan onder hulle gaan alles tot niet

marius ·

Totaal disfunksionele regering . Waar is diegene wat al hierdie voorspellings as doem professie afgemaak het skielik heen ?

Marelize ·

As die minister van gesondheid dalk op daardie lys was sou dit seker vuur onder hulle gemaak het.
Ja die koffers word leeg – nou begin die wiele oral van die wa af val.

Jakes ·

Ek is glad nie verbaas nie. Hierdie is die norm sedert 1994. Om enige hospitaal suksesvol te kan bestuur moet jy die nodige breinkrag tentoonstel en jou onvevoegdheid soos hier ter sprake nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.