Duitse toeris vermoor: Verdagte hoor dán oor borgtog

Jörg Schnarr (Foto: Twitter)

Die 35-jarige Napoleon Joseph Nyalunga sal na verwagting weer op 7 November in die Kabokweni-landdroshof in Mpumalanga verskyn wanneer hy dan uitsluitsel oor sy borgtogaansoek sal kry.

Nyalunga se borgtogaansoek het Vrydag begin.

Hy staan tereg vir die moord op ʼn Duitse toeris naby die Numbi-hek van die Krugerwildtuin.

Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het die staat getuienis gelei wat Nyalunga se vrylating op borgtog teenstaan.

“Die saak is tot 7 November 2022 uitgestel vir die voortsetting van die borgtogverhoor,” sê Nyuswa.

“Die beskuldigde bly in aanhouding hangende die uitslag van sy borgtogverhoor.”

Die 67-jarige Duitser, Jörg Schnarr, was Maandag 3 Oktober as deel van ʼn toergroep van die Drakensbergreeks na die Mdluli Safari Lodge in die Krugerwildtuin op pad, toe gewapende aanvallers hulle in ʼn lokval voorgekeer het. Hy het die motor bestuur en is deur sy motorruit geskiet.

Drie mans is aanvanklik ingeneem vir ondervraging oor die moord, maar later weer vrygelaat.

Die departement van toerisme oorweeg intussen om dié hek te sluit, na aanleiding van ʼn reeks rooftogte wat sedert November hier plaasgevind het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Owlie ·

Borg – net nog geld wat inkom, nog onkostes uit die belasting betaler se sak Tuff met innocent untill proven guilty, meeste van die verdagtes is in elk geval ou kriminele Stop hierdie geldmaak speletjies

Leon ·

Die redelike persoon sou verwag dat die hek al lankal reeds gesluit behoort te wees?????? Inteendeel net een hek behoort toegang tot wildtuinte gee , hulle behoort te weet watter hek die veiligste is en net hom te gebruik.
Die wildtuin grens is n baie groot probleem vir SA se veiligheid , het lank daar diens gedoen

SomeOne ·

borgtog vir moord, seker weer net r500
haal hom uit die gemeenskap, skies dan betaal ons weer sy hotel onkostes

Casper ·

Die verdagte,,Nyalunga is ook nie ‘n SA burger nie.Hy kom van Mosambiek af.Laat Immigrasie sy burgerskao bepaal.Indien bevind word dat hy ‘n Mosambiekse burger is en hy kry borg kan hy inhegtenis geneem word omdat borg nie sy verblyf in SA wettig nie.Vra my ek het dit veral met motordiewe en huisbrekers gedoen,en niemand kan jou keer nie,nie eers sy prokureuer of landdros nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.