Een vas wat glo Amerikaners naby wildtuin ontvoer

(Foto: Verskaf)

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was by die ontvoering van twee Amerikaanse toeriste onderweg na die Krugerwildtuin, is agter tralies.

Die 36-jarige man is Dinsdag by Kanyamazane buite Mbombela (Nelspruit) aangekeer.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die twee toeriste het Donderdag met die R536-pad in die omgewing van Calcutta gery toe hulle deur mense in ʼn Volkswagen Golf met ʼn blou lig voorgekeer is.

“Die slagoffers is glo deur twee gewapende verdagtes aangehou en ontvoer. Hulle is na ʼn afgeleë gebied geneem en van hul persoonlike items beroof.”

Goedgesinde inwoners van die gebied het die twee toeriste te hulp gesnel en na die Masoyi-polisiestasie geneem, waarna hulle die voorval aangemeld het.

“ʼn Ondersoek is dadelik van stapel gestuur in die hoop om diegene wat daarvoor verantwoordelik is in hegtenis te neem,” sê Mdhluli.

Die Amerikaanse FBI het tydens die ondersoek waardevolle inligting danksy gevorderde tegnologie aan die polisie in Suid-Afrika verskaf oor waar sommige van die gesteelde items moontlik gehou word.

Die inligting het die polisie na die huis in Kanyamazane gelei, waar die verdagte in hegtenis geneem is.

“Die polisie het op verskeie items wat vermoedelik tydens die rooftog gebuit is, beslag gelê. Dit sluit in twee skootrekenaars, twee iPad-toestelle, ʼn Apple-horlosie, twee verkykers, ʼn warsender (jamming device), asook ʼn blou lig. Die span het ook op die Polo – met ʼn vals nommerplaat – beslag gelê.”

(Foto: Verskaf)

Die verdagte het Dinsdag in die Kanyamazane-landdroshof op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde items verskyn. Die saak is tot volgende week vir verdere ondersoek uitgestel.

Die verdagte bly intussen egter agter tralies.

Lt.genl. Semakaleng Daphney, die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, het die inhegtenisneming verwelkom en die spanpogings van die polisie se provinsiale opsporingspan, die FBI, Kwa-Mhlanga-polisie, Kwaggafontein-polisie, Witrivier-honde-eenheid en Magma-ondersoek geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Die FBI moet die SAPD help om ‘n doodgewone roof-saak na te speur en beweerde oortreders aan te keer … Mooi!!! Ek hoop hierdie boodskap gaan na die res van die wêreld uit: “SA is ‘n misdaad-nes, moenie hierheen kom om te kom toer nie!”.

Henri ·

Toerisme is baie mense se lewensbrood in Suid Afrika. Hoe kan jy so ‘n stelling maak? Die cANCer regering moet sorg dat ons bekwame wetstoepassers het wat sorg dat alle mense se basiese reg op veiligheid toegepas word, of die cANCer moet in 2024 uitgestem word.

marius ·

Dink hulle die Amerikaners gaan terugkom na die hool vir ‘n verhoor?

007 ·

En hier dag ek die FBI is net op die kassie so goed. Seker die apple produkte gebruik om dit te doen.

Delia ·

Die positiewe wat ek hier lees…samewerking tussen SAPD en FBI, gevorderde tegnologie, goedgesinde inwoners het hulle gehelp.
Hool, drek, gemors en ander woorde wat dikwels geuiter word….sooo negatief.
Die wêreld is onderstebo nie net SA.
Maak jou area van invloed om jou meer vreedsaam en ons kinders sal verseker meer hoopvol wees en hopentlik dan kan ons ons onderdrukte aggressie ook beter hanteer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Feite is feite. Kinders word nie in ‘n fantasie wêreld grootgemaak nie. Dan is hulle in vir ‘n groot verrassing.

Delia ·

RvdW, ek praat nie van die Tandemuis nie. Maar elke dag se negatiwiteit..dan word ons oor die selfmoord en aggressie in ons kinders. Ons kinders word met sosiale media gebombardeer, maar dink net hoe kan ons kns minders help as ons hulle met hoop grootmaak. Ek dink ons moet meer dankbaarheidslysies maak in ons daaglikse lewe. Dan sal ons gemoed beter voel. Al die negatiwiteit maak jou siel dood en mens vergiftig jouself.

Henkb ·

Gevorderde tegnologie…hahaha! Weet on polisie nie van apple se opspoor funksionaliteit nie?

Niklaas ·

Moet nie daarop staatmaak nie. Dis SA , wil jy wed oor die kanse van die Polo eienaar?

miche ·

Die ironie is dat die FBI SA se speurwerk moet oplos terwyl SA Amerika openlik die koue skouer gee en hul skaar by Rusland. Hoekom het CR dan nie sy goeie vriend Putin se hulp ingeroep nie?
( tong in die kies).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.