EFF se gedrag by begrotingsrede na subkomitee verwys

EFF-LP’s (Foto: Twitter via @EFFSouthAfrica)

Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het ʼn verslag oor EFF-LP’s se ontwrigtig en fisieke verwydering gedurende die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se toespraak by verlede week se begrotingsrede na ʼn spesiale subkomitee verwys.

Modise het Dinsdag in ʼn verklaring gesê sy het die verslag oor wat presies gedurende die sitting op 11 Julie gebeur het by Matlala Boroto, die voorsittende beampte tydens die debat, ontvang.

Adjunkspeaker Lechesa Tsenoli is die voorsitter van die subkomitee wat op haar beurt aan die parlementêre reëlskomitee verslag lewer.

Die subkomitee is daarvoor verantwoordelik om die omstandighede van die fisieke verwydering van LP’s te oorweeg en die gedrag van lede, die beslissing van die voorsittende beampte en hoe lede verwyder is, te ondersoek.

Dié komitee sal dan sy bevindings en aanbevelings binne 10 werksdae aan die reëlskomitee deurgee wat op grond van die verslag die toepaslike aksieplan sal bepaal.

Maroela Media het vroeër berig die EFF is met geweld uit die parlement verwyder nadat hulle probeer het om die begrotingsrede van Gordhan te ontwrig.

Die EFF-LP’s het uit hul sitplekke opgestaan en ʼn dreigende laer om Gordhan gevorm nadat hulle gesê het hy sal nie toegelaat word om sy begrotingsrede te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hanna ·

Not my circus, not my monkees… Sal daar tog ooit teen die rooies opgetree word? Om hulle te berispe help net mooi niks. Aksie. Nou!

Jacques ·

Die komitee sal seker ook net alles monitor ? Wat die res aangaan kan mense maak en breuk net soos hulle wil , want hulle het mos menseregte .

Belastingbetaler ·

Net soos in enige beroep of werk , is daar reels. Belastingbetalers betaal politici se salarisse, maar die politici vergeet dit baie gou. Vat hul salaris weg as hulle soos narre wil optree, dit sal hulle gou laat doen waarvoor hulle verkies is.

willie weetie ·

Die beste raat ooit. No work no pay. Ditsem.
Hulle moet n stywe boete betaal vir ontwrigtende optrede ses maande se salarisse verloor.

Chris Ws ·

AL die LP’s van die EFF wat deelgeneem het hoord SONDER betaling geskors te word uit die parlement vir 12 maande.

Andre ·

Dit weerspieel duidelik hul agtergrond, geen opvoeding. Hoort hulle daar ?

George ·

Kan jy dink hoe lag die mense wat oorsee woon en sulke dinge hoor of sien op TV?

Winnie ·

Ek dog kanaal 122 is die comedy channel maar 403 is baie beter. Dit sluit sirkus kykgenot in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.